Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
-
Fanie
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Vuurwapen wetgewing is SLEG.
Ek sien steeds dieselfde ou ondeurdagte argumente oor dieselde goed.
Die probleem kom van die regerings af en die sg konstitusie se ondermyning van menseregte. Dit gaan oor kommunisme/demokrate (dieselfde ding) om mag en beheer oor mense te kry, maw 'n kwaadaardige opset. Jou regte word doelbewus ontneem sodat jy op geen aspek van lewe kan aanspraak maak nie want as jy kan dan verloor die politiek sy mag om jou te kan beheer in elke faset van jou lewe.
Die argument van - maar nou kan kriminele vrylik wapens koop - wat soek kriminele in die eerste plek in die publiek ?!!! Wie doen nie hulle werk nie ?
Kriminele het nog altyd wapens gehad, daar word vermoed dat daar sowat 4 miljoen + onwettige wapens in SA is. Dit was nog altyd so, die oomblik as daar wapen wetgewing ingestel word (dis wereld wyd so) dan bevorder dit die swart mark. Die ou (jan publiek) wat vir selfverdediging of vir ander redes 'n wapen wil koop word nou benadeel omdat daar nou 'n lang, duur en onregmatige proses ingestel is.
Hoe kan jou reg op lewe eerbiedig word as jy maande of jare moet wag vir 'n lisensie ? Dis ook weerhouding van eiendom wat 'n nadelige effek op jou reg op lewe het. Mens koop 'n selfverdediging wapen omdat jy jou lewe wil beskerm, nie omdat jy 'n bank wil gaan roof of jou buurman wil gaan skiet nie. Dit is nie in die deursnee persoon se geaardheid om krimineel te wil optree nie, vir die enkelinge is daar strawwe en rehabilitasie - wat doelbewus nie gedoen word nie.
Wie word doelbewus vervolg as hy huis en haard probeer beskerm ? Waarom kry kriminele die voordeel elke keer ?
Die reg op lewe is kastig 'n nie-onderhandelbare reg in die konstitusie, maw dit is onwettig as dit op enige manier bedreig word. Die weerhouding van jou wapen is dus 'n bedreiging, en verder is die weerhouding van 'n behoorlike wapen vir selfverdediging ook 'n bedreiging vir jou lewe. 'n 9mm pistool is beswaarlik opgewasse teen 'n AK47 wat vrylik gebruik word om mense mee aan te val, en kriminele aanvallers is nooit alleen nie (maar jy is).
Die lisensie proses is duur - dit maak reeds dat baie mense nie wapens kan he nie, Maw net die' wat geld het is geregtig op die reg op lewe ?
Jy het mos die vrye reg om enige eiendom te kan koop en soveel as jy wil, en dit het niks met enige iemand uit te waai wat jy het en hoeveel jy het nie.
Maar omdat 'n wapen 'n simbool van vryheid is - was nog altyd - is dit juis wat die regerings wil ontneem - jou vryheid. Dit is onbelangrik vir die regerings dat jou regte geskend word want mense wat gewapen is laat hulle nie maklik onregmatig aanval en rondstoot nie. Ongewapende mense is baie meer inskiklik en hulle is dan afhanklik van poelieste en sekuriteit maatskappye wat hulle moet "beskerm" - iets wat hulle in elk geval nie kan doen nie en hulle kan nie die verantwoordelikheid vir jou lewe aanvaar nie.
Die wapenwet is nie ingestel om "goeie" mense toe te laat om wapens te kan bekom nie, dit is ingestel om die publiek te ontwapen, soveel as moontlik, algeheel as dit kan. Hierdie was die oorspronklike doel van die wapenwet. Dat 'n gewapende publiek die grootste afskrikmiddel is (nie die poelieste nie) teen misdaad is nie ter sake nie, kommunisme stel net belang in beheer van mense.
Hier is waar mense die bal heel mis slaan. Ons dink in terme van wat goed is vir die individu, die gesin, die buurt en die omgewing. Die regerings gee geen snars om daarvoor nie. As ongewapende jy en jou gesin vermoor word trek hulle hulle skouers op, dit kom een maal in die koerant of nuus en dis dit, dis verby en jy word deel van die statistiek wat verdraai word om voor te gee "dit gaan goed in die reenboog land" - terwyl dit septies in SA gaan.
Daar word sowat 30 000 mense per jaar in vreedsame "demokratiese" (kommunistiese) SA vermoor waarvan meeste nooit eers in die media verskyn nie (en ons weet die statistiek word "aangepas" sodat dit baaaie beter moet lyk as wat dit is, interpol en onafhanklike opnames) so as jy dan die moorde alleen oor 19 jaar tel is dit al meer as 570 000, dis moorde alleen. Gaan kyk nou wat het kommunisme in die verlede gedoen, en SA is reg op pad om ook een van die' massamoord statistiek te word.
Die geldmag, wat alles oorheers, mammon, die geld god wat almal se lewens geheer gee nie om of al die mense in SA uitgemoor word nie. Om die waarheid te se hulle verkies dit want jy is in die pad oor jy allerhande eise het om te kan lewe. As hulle van meeste mense kan ontslae raak dan kan hulle rustig en sonder teenstand die land se bronne plunder wat miljarde is, en geen sent daarvan word terug in die land in bele nie, en vir hulle self meer rykdom en mag daaruit verkry. Hoe moeiliker hulle jou lewe kan maak hoe meer mense met eise gee pad elders heen, en dis die idee. Dis waarom misdaad toegelaat word, dis waarom geen een van jou regte geken of eerbiedig word nie, dis waarom die gereg en poelieste doen wat hulle doen, dis waarom hulle volle beheer oor jou moet kry, sodat hulle jou soos 'n ou lap kan weggooi as dit hulle pas.

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4599
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Eugene, hoe ver is jy van Frontier af? Ek weet hulle shop is by die ko op maar waar is die fabriek? Stilfontein?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Ja Stilfontein! Seker so 15km van my af! Hoekom?James Wilson wrote:Eugene, hoe ver is jy van Frontier af? Ek weet hulle shop is by die ko op maar waar is die fabriek? Stilfontein?
Aim small, miss small
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Ongelukkige bly ons in Suid Afrika waar misdaad van die grootste in die wereld is daarom moet die wet gehoorsame persoon daar onder lei en dit gaan net erger word want die krimineel doen net wat hy wil en kom weg daar mee!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Aim small, miss small
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4599
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Eugene wrote:Ja Stilfontein! Seker so 15km van my af! Hoekom?James Wilson wrote:Eugene, hoe ver is jy van Frontier af? Ek weet hulle shop is by die ko op maar waar is die fabriek? Stilfontein?
Lucky Bastard!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2341
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Dagse
Ek stem ook saam.Wat ek egter kan voorstel is dat SA nie so agtergeblewe moet wees met tegnologie nie.As jy 4 wapen aansoek voor doen 8xstelle finger afdrukke (n eenvoudig scan van die finger op die stelsel spaar die aansoeker alreeds n uur) ek kan so aangaan met elke stap.Voorbeeld van die manne hier moet weke wag net dat die aansoeke na cfr vervoer moet word(uiterse tjol volgens my).Staat spandeer geld aan n sisteem wat papiere en rondry uitskakel.Staat moet tog voorlopers wees in tegnologie is is die stelling maar "ONLY IN AFRICA"
Groetnis
Kobus

- LongWolf
- Hero Member

- Posts: 832
- Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
as julle die dinge wil verander he - stem die regeering van die dag uit.
maar dis waar die kruks inkom.
kan ons saam staan ja of nee.
maar dis waar die kruks inkom.
kan ons saam staan ja of nee.
knives@wolfjager.co.za
Francois
Francois
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Ongelukkig is dit die probleem.... Party ouens sal links trek, suiwer alleen net omdat ander ouens regs trek.... Dis seker maar waarom ons sit waar ons sit...Piet-Skiet wrote:Nee ons kanie want ons is afrikaaners.
Aim small, miss small
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Ek was verbaas toe ek aansoek gedoen het het hulle net my sneller vinger se afdruk geneem. Sy reken omdat jy reeds bevoedheid het is die res nie nodig nie. Hulle het ook net 2 stelle foto's gevat.JAGTERS REG MOTIVERING wrote:Dagse
Ek stem ook saam.Wat ek egter kan voorstel is dat SA nie so agtergeblewe moet wees met tegnologie nie.As jy 4 wapen aansoek voor doen 8xstelle finger afdrukke (n eenvoudig scan van die finger op die stelsel spaar die aansoeker alreeds n uur) ek kan so aangaan met elke stap.Voorbeeld van die manne hier moet weke wag net dat die aansoeke na cfr vervoer moet word(uiterse tjol volgens my).Staat spandeer geld aan n sisteem wat papiere en rondry uitskakel.Staat moet tog voorlopers wees in tegnologie is is die stelling maar "ONLY IN AFRICA"
Groetnis
Kobus
Weet ook nie meer wat is die norm nie.
Groetnis.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4599
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Nege 3, is jou nou ernstig? Hel dit is goeie nuus. Ek sien die wet verwater en verhaas al meer
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
James ek weet nie of hulle beoog om al die lisensies wat jy voor aansoek doen op een skyfie te druk nie dan hoef jy ook nie met 4 verskillende lisensies rond te loop nie. Of dit waar is weet ek nie, is maar 'n vermoede. Dit gaan in elk geval weer ander blikke wurms oop krap.
Groete.
Groete.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
-
Fanie
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Nee wat Piet, dis nonsens hierdie. Ons kan saamstaan, die probleem is daar is baie (te veel) wat ongelukkig een of ander voordeel uit die verdraaide situasie verdien, en wil dit so hou vir sy eie belang - ongelukkig word nie in ag gehou wat dit so baie ander "kos" nie, in lewensverlies sowel as ander skades. Hierdie ouens gaan op een of ander stadium moet pa staan vir hulle aandeel aan wat hulle doen.Piet-Skiet wrote:Nee ons kanie want ons is afrikaaners.
Die grootste bekommernis is dat ons op hierdie manier, en as gevolg daarvan, stelselmatig besig is om ons mense regte te moet prysgee. Niemand wil die gevolge daarvan sien nie en "hoop" daar gaan een of ander iets wonderbaarliks gebeur wat die situasie gaan regmaak. Die "regmaak" begin by elke persoon wat eers dit wat reg en gesond is moet ondersteun voor hy na net sy eie belang omsien, en dit is nie so maklik nie. Mens ruil mos nie jou siel vir 'n paar rand nie. In my beskeie opinie sal ek eerder arm wees as om eendag te moet verantwoord waarom ek soveel ander se skade help veroorsaak het.
Die probleem met "saamstaan" is dat "ons" in so 'n minderheid is dat ons stem nie eers tel nie. Dit is al waarom ons in geen opsig geken word nie. Maar ten spyte daarvan dat ons so klein minderheid is is dit opvallend dat ons steeds die grootste bedreiging vir die meerderheid is. Die rede is omdat Yahweh, wat Groot en Verskriklik is aan ons kant is en na ons belange omsien.
-
Fanie
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Ek wil iets bylas.
Sit nou net en dink vir 'n oomblik hoe sieklik dit is dat een persoon beheer oor 'n ander se lewe wil he. Se nou ek bly langs jou en ek hou jou heel tyd dop om te kyk wat en hoe jy enige iets doen en as jy 'n voet verkeerd sit dan is ek op jou op jou te straf.
Hierdie vuurwapen wetgewing is niks anders as dit nie. Ek haat dit om enige iets te verpolitiseer maar dis ongelukkig hoe alles in ons lewens gemaak word om ons daarmee te heheer en te intimmideer (tot iemand se voordeel). Hierdie ontneming van mense regte het reeds verreikende gevolge vir baie gehad. Kyk gerus maar hierna, en dit is 'n baie goeie vergelyking. http://www.suidlanders.co.za/?p=5757#more-5757