Bioboost Feeding Solution

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Bioboost Feeding Solution

Post by Kalahari »

Dag almal

Hierdie lyk vir my na oplossing vir die duur voerprobleem.
Is daar iemand wat eerstehandse kennis en ondervinding van die sisteem het asb en my meer kan vertel?
Die kapitaal is groot "drawback" op die stadium, maar sal dit tog sterk oorweeg as dit wel kan werk.
Ek probeer teel bietjie dorperramme en daar is maar altyd iets op die werf wat wil groenvoer vreet. Die vervoerkoste jaag die pilvoere se pryse erg op.

http://www.biobooster.co.za/

Luister wat julle sê.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by wlm »

Kalahari
As jy belangstel kan ek vir jou manne wat die stelsel gebruik se nommer PM. Ek weet net as jou temperature hoog is het jy baie probleme so in die Kalahari sal jy nie met 'n goedkoop installasie soos 'n ou vraghouer wegkom nie.
Tweedens kan diere nie slegs op die voer gevoer word nie.
Laat loop jou ramme in die veld, ek gaan nie opgevoerde ramme by jou kom koop nie, ek soek hulle "lean and mean. ;D
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by Kalahari »

wlm

Dankie man, ek sal dit waardeer as ek meer info kan kry. Ek begin nou eers die bedryf ondersoek, so die slaggate moet eers mooi uitgekyk word.
Nee, ek het 'n groot broer dood aan drillende vetsak dorpers wat nie eers sy voorvoete van die grond af kan kry nie ><) , as hy by my kom sal ek bietjie help om aan te pas, maar dan moet hy begin werk vir die sy geld >:D

My grootste teling is witdorpers en die swartkoppe teel ons vir die boerdery self, want die rampryse is maar skerp as mens vir die hele kudde moet ramme koop.

Mooi dag
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by Jean Marais »

Kalahari

Neef van my vrou, Kowie de Wit boer daar in die Noenieput omgewing ook met Dorpers. Hy's ook familie van die Mosterts daar naby jou. Hoor gerus bietjie by hom wat hy doen. Ek PM sy selnr vir jou.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by wlm »

Kalahari wrote:wlm

Dankie man, ek sal dit waardeer as ek meer info kan kry. Ek begin nou eers die bedryf ondersoek, so die slaggate moet eers mooi uitgekyk word.
Nee, ek het 'n groot broer dood aan drillende vetsak dorpers wat nie eers sy voorvoete van die grond af kan kry nie ><) , as hy by my kom sal ek bietjie help om aan te pas, maar dan moet hy begin werk vir die sy geld >:D

My grootste teling is witdorpers en die swartkoppe teel ons vir die boerdery self, want die rampryse is maar skerp as mens vir die hele kudde moet ramme koop.

Mooi dag
Ek is maar sleg op die bouvorm. Jaag maar vrugbaarheid en groei-vermoe skaamteloos na.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by wlm »

Kalahari
My neef boer tussen Aranos en Gochas, mooi wereld.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by Kalahari »

Jean

Baie dankie vir die nommer van Kowie, hy sal vir my goeie raad kan gee aangesien die wêreld van my na hom nie vreeslik verskil nie, hitte gewys elkgeval niks nie.
Ek sal sodra ek bietjie tyd het hom kontak. Ek sal bietjie hoor by die Mosterts of hulle nie ook weet dat Kowie dit gebruik nie.
wlm wrote:My neef boer tussen Aranos en Gochas, mooi wereld.
wlm

Nou ja, wat sal ek sê: die goue woord deesdae onder ramtelers is mos BALANS ;D , dit is wat ek ook maar probeer, maar jou seleksie kriteria is niks meer verkeerd nie.
As ek mag vra, wie is jou neef wat hier om die draai van my boer? Die wêreld is maar uitgestrek hier, maar die mense ken omtrent almal mekaar. As jy nie hier wil sê nie stuur maar pm.

Groete
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by wlm »

Kalahari
Dis Koos Symington op Langbeen. Hy het nog 'n plek nader aan Gochas maar die naam het my ontgaan. Vriend van my teel Meatmasters met die Leuse op sy naambord, "Ons teel vir balans". Ander man se werker het dit verkeerd gelees en hy se toe, "Ons teel vir ballas".
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by Kalahari »

wlm wrote:Leuse op sy naambord, "Ons teel vir balans". Ander man se werker het dit verkeerd gelees en hy se toe, "Ons teel vir ballas".
>:D >:D ;D , Ja nee, die ou volkies se gedagtes is seker maar ook net by teel.
Ek ken vir Koos redelik goed, ek het laasjaar iewers in Windhoek by 'n veldskiet saam met hom "span" gemaak en die heel dag saam geskiet en tjol gepraat.
Hy het nou 'n maand gelede by Agra op Aranos as bestuurder begin en het hom gister weer gesien.
Die plaas by Gochas is Jakkalspan en hy het ook goed reen gehad op beide die plase.
Die wêreld is klein........................ baie klein.

Groete
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by wlm »

Kalahari
Stuur groete, hy is nogal's 'n yster.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by Kalahari »

wlm

Ek sal so maak as ek hom weer sien.
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by Skolla »

Johan

Ek het jou PM geantwoord, maar ek weet nie of jy hom gekry het nie.
Laat weet as jy nie gekry het nie.

Skolla
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by Kalahari »

Skolla

Baie dankie, ek het jou pm gekry.
Ek sal maar by Pieter moet uitkom en alles mooi bekyk.

Groete
Johan
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by johnny »

Kalahari

net n vragie waar is die sout kalahari, nog nooit daarvan gehoor nie.

groetnis

Johnny
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by Kalahari »

johnny

Die Sout Kalahari is 'n strook waar daar nie vars water is nie of watergehalte baie swak is en meestal nie geskik vir menslike gebruik nie, TDS van die water is meeste gevalle meer as 7000 dele per miljoen.
Diepte van boorgate wissel ook tussen 200m en 300m, maar nie sommer minder as 200m nie.
Die naam is maar in volksmond so genoem oor die soutwater boorgate. As ek nie verkeerd is nie dan is die eerste boorgat waarmee my pa begin boer het hier se totale vastestowwe 11000 dele per miljoen gewees.

Die strook is so 100km suid-oos van Gochas en dit loop in 'n suid-oostelike rigting skuins af na die Gemsbokpark se kant toe. Daar is mos die soutwater boorgate in die Auob rivier in die park ook as jy by Mata-Mata inkom van Suid-wes kant af.
Ek weet nou nie hoe om vir jou koordinate op google earth te gooi nie, maar hier is my huis se koordinate as jy bietjie wil gaan kyk vir interessantheid.

S 25 grde 07 min 53.0 sek
E 19 grde 36 min 08.3 sek

Sorry vir die lang storie, maar ek wou darem vir jou so iets sê van die wêreld.

Groete
Johan
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3961
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by tau »

Kalahari hier by ons staan paar van daai Fodder makers jy kan klaar houer koop wat jy net water en krag inplug vir so R230000. Hier is een wat gebou is hy doen so 6 houers se volume en is maar koelkamer sonder koeler. Die man voer vir afronding 300 bees!!!!!!!

5000 l water per dag , maar jy kan dit mos weer recycle en die krag is nie o rof nie. Ek het gekyk vir mobile eenhede juis vir die Nam droogte, maar na paasnaweek se reen sal meeste manne darem bietjie beter af wees.

Oja en daai sout boorgate ek was in die park by een wat die swael en strigniet deurslaan die diere le soms dood om hom as dit droog raak en hulle drink te veel van hom.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by Kalahari »

Hallo Tau

Lees ek reg? Is dit R230 000 of R 23 000 :confused: . As dit R230 duisend is, dan is ek heeltemal uit die mark.
Ek glo nie my behoefte sal seker ooit so groot raak nie, want die dorper stoet is maar klein en die ander vreters op die werf se getalle is ook hanteerbaar.

Die syfers wat ek het is seker omtrent R103 000 vir 8 meter by 2.5 of 3 meter, dan is alles ingesluit, dan kan man blykbaar 200 skaap per dag kos gee. Die waterverbruik is dan so 500l tot 800l per dag. Die mense van bioboost kom middel Mei hier naby my by die Nam jongboer van die jaar se boeredag uitstalling hou, so ek gaan definitief daar draai maak en gesels met hulle.

Daardie boorgate in die park wou ek graag by stop 3 jaar gelede toe ek en my vrou daar rondgery het, maar mag mos nie uitklim nie. :police: , ek wou die water gaan proe het >:D , maar na wat jy nou gesê het is ek bly ek het nie, anders het ek dalk daar gelê :-X

Groete
Johan
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3961
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by tau »

Fodder maker kos R230000 volgens die manne wat het, miskien jok hulle. Al wat ek weet is ek sou eerder groter een bou soos koelkamer.

http://www.foddertech.com/

Daai boorgate is rof ek het self op een van daardie gate elke 2 maande pype vervang waat geroes was. Ek dink nie die diere vrek so seer van die water nie, maar eerder van die dors. Daai water het soms so geel swael kors op hom.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Bioboost Feeding Solution

Post by johnny »

Kalahari

Baie dankie man ek kom uitlik daar van tussen van zyls rus en olifantshoek af , daarom vra ek, pragtige wereld in altwee gevalle.

groetnis

Johnny
Post Reply