Onderstaande is geskryf deur Niel Viljoen.....
"Profesionele probleemdierjagters.
Wat verstaan ons onder die bogenoemde naam. Daar sal nou moet duidelik verstaan word, dat daar iets dergeliks aan hierdie
naam gekoppel moet word. Persone wat hul self uitgee vir hierdie diens is nie mense wat dit doen vir ?n tydverdryf nie, hierdie
wanpersepsie moet nou finaal die nekslag toegedien word, om elke nag agter op ?n bakkie in die koue te sit is nie ?n grap nie.
Hoekom doen die mense dit: As daar noukeurig ondersoek hierna ingestel word sal gevind word dat die grootste deel van
hierdie jagters boere is, (of persone wat nou betrokke is by die boerderygemeenskap) mense wat begin het om hul eie
probleem aan te spreek en met verloop van jare bure begin help het en toe later begin het om in sy distrik ?n rol te vervul ?n
diens te lewer. Dit is boere wat self aan sy sak die magteloose gevoel ondervind het en daadwerklik iets daaraan begin doen
het ook vir sy medeboere. Die oorsprong is boere wat gesien het op sy eie grond hoe daal sy speenpersentasies en dat hy al
minder van sy produk in die mark kan plaas. Die woord profesionele probleemdierjagter is presies wat ons daarvan verwag, ?n
persoon wat die vaardighede, ondervinding en kennis het, dat indien ?n boer hom kontak met ?n proleem, hierdie persoon die
nodige kennis en vaardighede aan die hand sal kan h? om die produsent se probleem so spoedig moontlik te kan oplos.
Die beeld wat daar bestaan omtrent nagjagters wat dit doen vir n tydverdryf is nou verby. Die beeld waarna ons moet kyk is die
van persone wat daadwerklik iets doen aan die ramp wat hierdie land getref het, persone wat ?n onbaatsigtelike werk doen,
met minimale vergoeding en erkenning vir die veebedryf van hierdie land. Volgens navorsing is hierdie nagjagters
verantwoordelik vir byna 40% van die beheer t.o.v. probleemdiere. Hoe kan daar so ?n aanhoudende stigma kleef aan iets wat
soveel beteken, wat so waardevol is vir die veebedryf van hierdie land. Waarom moet daar in sekere provinsies so ?n geweldige
streming d.m.v. wetgewing op hierdie persone geplaas word. Wat ?n wonderlike voorbeeld van kameraadskap is daar nie in die
Vrystaat waar boere en instansies saam ?n daadwerklike poging aanwend om hierdie probleem hok te slaan nie. Wat ?n
wonderlike gesindheid van samewerking en vrienskap en die verstandhouding van hierdie groot probleem is daar nie onder die
verskillende partye in hierdie provinsie nie. ? Waardige voorbeeld vir die res van die land!!!
Wat verwag ons van profesionele nagjagters:
Liefde, waardering, respek vir die natuur die skepping en vir God.
Profesionele en onbaatsigtelike diens aan die vee en wildbedryf van hierdie land.
Mense met genoegsame kennis van die betrokke SVD?s.
Mense wat ten minste 2 kursusse(by profesionele instrukteur) in die bestryding en beheer van SVD?s gedoen het.(Nagskiet)
Mense met die regte toerusting.
Mense met die nodige kennis en vaardighede van sy vuurwapen en toerusting.
Mense wie se kliente gebel kan word en ?n positiewe getuigskrif gelewer kan word.
Mense wat ?n volhoubare diens kan lewer.
Soos in talle bedrywe is daar maar altyd sekere elemente wat geweldige afbreek doen aan die beeld van so ?n bedryf of
organisasie. Dieselfde geld ook vir die profesionele nagjagters. Daar bly maar altyd ?n element wat van hierdie toerusting
bekom en dan self sonder die nodige kennis en ervaring die nag invaar en altyd net meer skade as goed doen. Hierdie persone
sal geidentifiseer en geelimineer moet word. Geen instansie sal daartoe instaat wees om so iets te polisieer nie. Dit sal hier
wees waar die boere van hierdie land nou sal moet aanspreeklikheid aanvaar en sal moet saamstaan om hierdie probleem te
beheer en te polisieer!!"
Profesionele probleemdierjagters....'n raak verduideliking
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
-
tafjak
Re: Profesionele probleemdierjagters....'n raak verduideliking
Dawie/Niel
Baie raak beskrywing sou ek s?.
Maar net soos Ambessa tapetjies en skaaltjies vir die navorsing sy soek, gaan die kli?nte ook "tapetjies en skaaltjies" soek vir hul gemoedsrus!
Hoe nou?!!!!
Baie raak beskrywing sou ek s?.
Maar net soos Ambessa tapetjies en skaaltjies vir die navorsing sy soek, gaan die kli?nte ook "tapetjies en skaaltjies" soek vir hul gemoedsrus!
Hoe nou?!!!!
Last edited by tafjak on Tue Jun 01, 2010 10:05 am, edited 1 time in total.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Profesionele probleemdierjagters....'n raak verduideliking
Taffie/Almal
Mooi loop
Francois
Baie waar, maar BAIE maklikker gese as gedaan, daar sal altyd daai boer (ek is ook n boer) wees wat eers die goedkoper opsie wil oorweeg.................profesionele nagjagters. Daar bly maar altyd ?n element wat van hierdie toerusting
bekom en dan self sonder die nodige kennis en ervaring die nag invaar en altyd net meer skade as goed doen. Hierdie persone sal geidentifiseer en geelimineer moet word.
Mooi loop
Francois
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: Profesionele probleemdierjagters....'n raak verduideliking
Ja dis daai manne met die koelboks en sy inhoud meer as di jagter se toerusting kos. Dis van hulle wat ons moet ontslae raak. My gevoel is hulle moet nie eers wapens he nie.
Hein
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
-
tafjak
Re: Profesionele probleemdierjagters....'n raak verduideliking
Francois
AHA! net die vraag wat ek na soek. Hier is mos manne van statuur op die site. Manne van Natuurbewaring, Wolkwekers, Bokhaarkwekers, RPO en nog so paar.
As hulle wil sien dan daar 'n produk volhoubaar na hulle kant toe kom, moet hulle ook hulle kant bring en net miskien die boer ondersteun wat gekwalifiseerde jagter gebruik! Op watter mate en manier is hulle opsie.
Wat van Woolworths en darie klomp knuckles, soek hulle gesonde vleis, van die veld/natuur of van voerkrale en vrot van die stimulante?

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Profesionele probleemdierjagters....'n raak verduideliking
Niel
Ek hou baie van jou manier van dink. Baie interessant hoe naby jou beskrywing is aan dit wat in ons "Gedragskode" voorgehou word. As die oplossing v/d "jakkalsjag vir sports"-probleem by die eliminasie van die sulke jagters l?, hoe gaan dit bereik word?
Om slegs voor te hou dat produsente moet saamstaan, mag in my beskeie opinie nie goed genoeg wees nie. Professionele Jakkalsjagters wat ernstig is oor hul bron van inkomste en erns het oor die die goeie naam van die professie, het seer sekerlik 'n opleidingstaak om die produsent in te lig? Is "onkunde" by die produsent nie die vernaamste rede waarom daar steeds soveel "koelboks jakkalsjagters" in besigheid is nie? En as "onkunde" van die produsent dan die wortel van die kwaad is, wat doen ons as ernstige jagters om hulle beter in te lig? En wat kan ons nog meer doen?
Ek weet nie. Sal graag van julle wil hoor.
Louis

Goeie dade oortref goeie woorde.
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: Profesionele probleemdierjagters....'n raak verduideliking
Amen!!
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
-
tafjak
Re: Profesionele probleemdierjagters....'n raak verduideliking
Louis
Nee wat, ek dink self jy het 'n paar spykers raak geslaan op darie een.
...te goed om waar te wees.Baie interessant hoe naby jou beskrywing is aan dit wat in ons "Gedragskode" voorgehou word.
Nee wat, ek dink self jy het 'n paar spykers raak geslaan op darie een.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Profesionele probleemdierjagters....'n raak verduideliking
Het nou senuweeagtig die Gedragskode gaan optjek net om seker te daar's nie "plagiaat" of "copy en paste" gepleeg nietafjak wrote: ...te goed om waar te wees.
Darem toe nie
Kojak
-
Ambessa
Re: Profesionele probleemdierjagters....'n raak verduideliking
Hallo Dawie
Elders (Strategie en Taktieke) word meer hieromtrent gekryf.
Ambessa
Moet nie te veel daaroor worrie nie. Bly aanhou voor vat en help die wa deur die drif trek. Alle hande is nou bitter nodig.Dawie wrote:...senuweeagtig die Gedragskode gaan optjek net om seker te daar's nie "plagiaat" of "copy en paste" gepleeg nie
Elders (Strategie en Taktieke) word meer hieromtrent gekryf.
Ambessa