Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Vir een of ander rede moet ek Saterdag alweer MC gooi - nou my vrinne ens het nou al my flou grappies paar keer gehoor..het iemand nie asb so skoon juweeltjie of twee nie?
Groete
Groete
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Daar is 'n website, ek dink weddingjokes.com, probeer hulle, hulle het 'n paar goeies!
Aim small, miss small
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Hulle se mos , om 'n seremonie meester te wees, is soos om saam met die Queen te slaap.
Dis 'n m0&rse eer, maar niemand wil dit doen nie!

- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
So skoon soos seep!
Jannie kom by die kamer in terwyl sy ma sy bababoetie borsvoed. Jannie vra: "Ma, wat doen ma nou?" "Ek gee jou boetie kos Jannie".
"Sjoe, sê Jannie- so baie vleis en nie eers 'n ou aartappeltjie nie!"

- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Dis verseker so Kopskoot, dit was die mees stresvolste dag van my lewe, ook die paar maande in aanloop! Maar dit is ongelukkig so dat 'n SM baie bydrae tot die sukses van die onthaal.
Die bruid mag bloos maar nie skaam kry nie. En onthou die klem is op die seremonie en nie op die SM nie, hou die gaste se aandag die heeltyd op die 2 duifies en jy is fine..
Die bruid mag bloos maar nie skaam kry nie. En onthou die klem is op die seremonie en nie op die SM nie, hou die gaste se aandag die heeltyd op die 2 duifies en jy is fine..
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Ek was al 'n paar keer SM en het gevind dat dit baie goed werk as jy 'n snaakse (nie vernederende!) storie oor die bruid en bruidegom kan vertel! 'n Troue is 'n baie "tough crowd" en selfs na die snaakse grappie kan die "gehoor" nie 'n oog trek nie! Hou die grappies kort en min en kry die amptelike aktiwiteite so gou as moontlik afgehandel!
Sterkte, dis nie 'n maklike job nie!
Sterkte, dis nie 'n maklike job nie!
Aim small, miss small
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Ek kan onthou van die volgende wat gebeur het - die waarheid: Dre pelle almal van Reitz Kamerwonings aan die UOVS het besluit om mekaar rondom hul huwelike 'n streep te trek en toe die 1ste een trou, maak die ander 2 hom tydens sy rumparty wat die aand voor die troue was, dronk en sit hom op 'n trein na Kaapstad op Colesberg word hy wakker en moet terugghike na Bloem, waar hy net betyds vir die troue opdaag en sonder om ander klere aan te trek na die Kerk moes haas - met die 2de een se troue, sit hulle hom sy onderlyf in gips en steek hom 'n donktersbrief in die hand wat bevestig sy bekken is gebreek en hy moet vir 6 weke so loop, na sy honeymoon gee hulle hom die goeie nuus, daar is niks met hom verkeerd nie - die 3de een trou sonder voorval en die 1ste oggend 0op wittebrood toe hy en mammabeer wakker word na die aan se gewoel, bel hy roomservice en bestel 2 koffies, waarop daar 2 stemme onder die bed vra vir nog twee koffies. Dit het regtig gebeur.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Kommunikasie in die huwelik is 'n baie belangrike ding liewe vriende en daarom vandag wil ek met julle praat oor 'n stukkie vleis ...! DAAI stukkie vleis!! Daardie stukkie vleis wat broers en susters van mekaar skei.....!
Daardie stukkie vleis wat MAN EN VROU van mekaar kan laat skei.....!!!
Daardie stukkie vleis wat families uitmekaar skeur sodat hulle vervreemd raak van mekaar ....
Daardie stukkie vleis wat vrouens met vrouens laat baklei, liewe vrinde...!
Daardie stukkie vleis wat party keer meer buite is as wat hy binne is....en dan ook meer binne is as buite .....!!!
Vrinde, dit is daardie stukkie vleis wat soveel pyn maar ook soveel plesier kan bring.....!!!
LIEWE VRINNE ek praat vandag met julle oor……
“DieTong”
Groetnis

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
-
Herman Venter
- Hero Member

- Posts: 645
- Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Ek hou hierdie draadjie mooi dop.. Ek moet die 20ste April ook SM speel op n vriend se troue!! Stres my dood!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Ek wil my nie graag slim hou nie, maar ek was al so 20 keer SM en het al lekker geleer uit my foute! Die belangrikste pligte van die SM is die volgende:
1. Vind uit by bruidspaar hoe hulle die verloop van die onthaal wil hê en wie die heildronke moet instel en die tafelgebed moet doen;
2. Kontak die aangewysde persone en maak seker hulle is bewus van die heildronke en tafelgebed en wys hulle vriendelik daarop dat die "speech" nie langer as 2 min moet wees nie en dat hulle die betrokke persoon se goeie punte moet uitlig en nie vir 10 min moet probeer spog oor hulle vriendskap met daai persoon nie;
3. Skakel met die spyseniers, spesifiek waar daar 'n warm voorgereg bedien moet word of die hoof ete bedien word, sodat jy nie die voorgereg of ete aankondig en die spyseniers is nie reg nie;
4. Skakel met die kroeg sodat jy weet wanneer dit oopmaak en toemaak en reel byvoorbeeld vooraf met die kroegman dat hy die kroeg moet sluit gedurende die toesprake, anders loop mense heeltyd heen en weer om drankies te kry;
5. Reel met die persoon/e wat die musiek maak of speel, dat daar sagte musiek gespeel word terwyl die gaste wag op die bruid en bruidegom en skakel met hom om die instap van die bruidspaar te koördineer;
6. Kyk hoe vloei die program vir die aand en sorg dat, as daar ‘n hiccup êrens is, dat jy kan help met die reëlings;
7. Grappies is maar net om die mense te laat lag en gemaklik te laat voel en is nie werklik die alfa en omega van ‘n SM se pligte nie. As jy nie lekker kan grappies vertel nie of effens skaam is, kry iemand om ‘n grappie of twee te vertel. Op een troue waar ek SM was, was een van die bruidegom se pelle ‘n regte plaatjie en kon hy uitstekende grappies en stories vertel. Ek het vooraf met hom gereël vir ten minste 3 grappies en hy het uiteindelik omtrent 20 vertel en die mense het geskater! Jy kan ook vir ‘n paar van die bruidspaar se vriende vooraf vra om snaakse stories of grappies te vertel, dan hoef jy dit glad nie te doen nie en delegeer jy lekker;
8. Onthou dat ‘n troue ‘n baie “tough crowd” is en dat daar mense van alle ouderdomme is. Vuil grappies is absolute SWAK smaak en moet ten sterkte vermy word. Die Chris en Penny grappie is ook al bietjie oud….
Sterkte!

Sarelss
- Full Member

- Posts: 223
- Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Iets wat ek op 'n trou video van kennisse gesien het, het ek baie geniet en dit kan baie goed werk in meeste gevalle.
Die SM het vertel dat die bruidegom nogal 'n sosiale man was en dat daar blykbaar verskeie persone is wat spaar sleutels van sy blyplek by hom gekry het so deur die jare en verhoudings. Maar in die gees van die huwelik en synde hy nou klaar is met die tipe lewe versoek hy asseblief dat almal wat sulke sleutels mag hê dit asb vorentoe bring. Wel die eerste 3 was jong mooi meisies, die 4e 'n stokou tannie en na bietjie motivering vir die 5e sleutel het 'n ordentlike duidelike moffie die sleutel vorentoe geneem
ss
Die SM het vertel dat die bruidegom nogal 'n sosiale man was en dat daar blykbaar verskeie persone is wat spaar sleutels van sy blyplek by hom gekry het so deur die jare en verhoudings. Maar in die gees van die huwelik en synde hy nou klaar is met die tipe lewe versoek hy asseblief dat almal wat sulke sleutels mag hê dit asb vorentoe bring. Wel die eerste 3 was jong mooi meisies, die 4e 'n stokou tannie en na bietjie motivering vir die 5e sleutel het 'n ordentlike duidelike moffie die sleutel vorentoe geneem
ss
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
sss ek sal my kraak vir daai een. Classic!
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Ek is in die dieselfde bootjie die 20ste April wanneer my kleinboet trou. Ek het nou die dag sit en optel- ek was op meer troues waar ek SM moes wees as troues waar ek nie SM was nie.....
Probleem met hierdie ene is dat die gaste-samestelling van stoere boer tot rou ingelsman wissel..... Hoop hulle kan "Namlish" verstaan.......

henti
- Full Member

- Posts: 105
- Joined: Mon May 10, 2010 9:59 pm
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Kyk hulle se wanneer n man trou raak hy n mens want kort na die troue hoor jy kan n mens nie die spieel daar hang nie kan n mens nie de gras sny nie ensv
Groete henti
Groete henti
-
JohanP
- Full Member

- Posts: 121
- Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Ek was by troue met Holandse ouers (van die bruid) gewees
Ek het my doodgleag.
Hulle het speletjies wat almal betrek, tussen die gebeurtenisse of terwyl daar gewag word die vir bruidspaar om iets te doen ef af te handel.
Byvoorbeeld:
1) Wol draad
kompetisie tussen mans en vrouens, sy familie en haar familie ens
1 x bol wol. neem die punt en die 1e persoon druk die punt by sy linker broekspyp op, en by sy regter mou uit, en gee dan vir die persoon langs hom, as dit vrou is, is dit onder in en bo uit.. die bol wol wor dan afgerol en deur geryg tot anderkant die ry deelnemers, en dan terug om opgerol te word.
Baie pret gewees.
Aartappel dra
Weer eens spanne
twee emmers (doelpale) en twee stoelle (afskop) so 5 meter uit mekaar geplaas
Knyp aartappel tussen bene van en aartappel loop na die emmer toe om die aartappel in die emmer te laat val.
As die aartappel kort val, moet die deelnemer oor begin
Dit het in ñ vreeslikke gelag ontaard
Saam met ñ jongklomp is dit heerlikke ysbreker, en dir grappies gaan dan ook maklikker af..

Rysmier
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Fri Feb 10, 2012 1:16 pm
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Ek stem oor die snaakse staaltjies, ek was op 'n troue waar daar deur die aand 3 snaakse/pittige verhale oor die bruidspaar vertel is (bv waar hulle 'n aand voor die kaggel op die matras romanties verkeer, 'n kooltjie uit die kaggel op die matras spat, en die matras begin brand, maar betyds geblus word. Dan word genoem dat hulle vriende sê hul vry dat die vonke spat). Dit is iets snaaks, maar tog nie platvloers. Edit: die staaltjies kan maklik van die "best men" en strooimeisies gekry word, of dalk ander nabye vriende.
Ek stem dat die SM nie te veel grappe hoef te vertel, hy moet net die aand laat vloei - die "gom" wat die ander rituele saamvoeg.
As ek kan byvoeg, moet nie te veel suggestief oor die "honeymoon" wees, moet nie oor ekse praat (bruid of bruidegom s'n) en moet nie stories vertel wat 1 vd twee in verleentheid stel. Gehoor v troue waar persoon in sy heildronk vertel hoe die bruidegom tydens 'n dronk-eskepade homself natgepis het - ek dink nie dit is goeie smaak, sulke stories hoor op die bachelors.
O ja, vat maar ietsie vir die senuwees (as jy dit nodig ag), maar sorg dat jy nie sleeptong praat of strooi begin praat nie. Ek moes heildronk instel so twee naweke terug, en persoonlik het ek 1 "coctail" na die seremonie gedrink en toe na die verrigtinge (heildronk) weer gedrink. Die oomblik as mens te veel alkohol in het, werk die strooi-filter ook nie meer so goed.
Sal bylas as ek aan nog iets dink.
Mooi dag,
CCC

Christiaan
22 lr Stirling arms
223 Rem Howa 1500 Varminter
243 Win Musgrave Mod 90
6.5x55 Howa 1500
303 British Lee Enfield No1 Mk3
303 Epps P14 ERA
338 Win Mag Remington XCRii
22 lr Stirling arms
223 Rem Howa 1500 Varminter
243 Win Musgrave Mod 90
6.5x55 Howa 1500
303 British Lee Enfield No1 Mk3
303 Epps P14 ERA
338 Win Mag Remington XCRii
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Dankie manne vir die raad.
Dink alles het darem baie goed verloop en die onthaal het mooi geloop.
Ek dink die beste raad is maar so bietjie common sense en paar Jagermeisters!

- Mars67
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Ek begin altyd deur te sê ek vertel nie grappe oor skoonmas nie. Enige iemand wat al my skoonma ontmoet het sal weet sy is gin grap nie!
-
MONTIE
- Full Member

- Posts: 129
- Joined: Thu Dec 20, 2012 7:07 am
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Die huwelik is gegrond op 3 boeke. " the GOOD BOOK, the COOK BOOK, the CHEQUE BOOK!
-
Worsie
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Tue Oct 03, 2017 5:14 am
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
16 December moet ek seremonie meester wees by n troue, maar dis n troue met n verskil. My broer (45) trou en sy aanstaande vrou se seun trou ook. Dis n dubbele troue met een kerk een onthaal... Dit sal regtig al my bietjie talent wat ek het tot die uiterste toets.
ek is seker julle sal vir my n paar idees en grappe kan gee om met die skare te deel.

ZKK
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Hierdie vat my so paar jaar terug toe ek MC was op my vriend se troue.
So staan ons voor die kansel, en in die middel van die preek fluister die bruidegom vir my.
"Pst, het jy die ringe onthou.............................."
Om by die after party almal se weergawe van die daaropvolgende gebeure te hoor was vrek snaaks.
So onthou tog asb net die ringe.

OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Paar grappies vir 'n troue seremoniemeester asb.???
Julle manne moet weet waar kom die word huwelik vandaan:
Hie wil ek die nuwe blomtuin hê..........
Hie wil ek die hondehok hê.........
Hie wil ek wil ek gaan vakansie hou........
'n Man dink as hy trou, kry hy warm boud en koue tong om te eet.
Hy eindig op met koue boud en warm tong!