Remmington 700 SPS Varmint 243

Post Reply
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2595
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by JohanvB »

Middag

Het bietjie raad nodig...kyk tans na die geweer...maar is daar van hulle met 24 duim en 26 duim lope...wat is die beter opsie en sal mens tot en met Kudu met die geweer kan skiet..

ek het heir gaan kyk..http://sportingarms.co.za/default.asp?id=14.

Julle raad sal waardeer word.
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by TOKELOS »

Noors, my opinie hieroor maak nie saak maar laat ek met jou deel wat ek ondervind het.

Ek het in die verlede baie in die Oos Kaap en Noord en op verskei plase kudu gaan jag. Op al daardie plase word kudus met 308 en 243 geskiet. Ek self gebruik my 270 en later my 25-06 vir kudu.

Wat die looplengte betref het ek wel n opinie.
Die langer loop sal jy n bietjie meer spoed gee as n kort loop en dus n effense beter trajek.
As jy agtergrond het van QL - met die laner loop mag jy dalk net gelukkig wees om n hoeer node te bereik sonder dat jy druk optel.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2595
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by JohanvB »

Dankie, as jy kon kies, sou jy jy gaan vir die 22-250 of die 243?
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by Sako75 »

Ek is ook nie 'n kenner nie maar plaas van my ervaring in die debat. 'n 243 kan 'n koedoe doodskiet maar ek is van mening dat dit nie betroubaar genoeg sal wees onder alle omstandighede om op die kaliber staat te maak nie. As jy die omstandighede kan kies kan dit werk maar as jy gedruk is en nie die omstandighede kan kies nie (of nie die tyd het nie) is dit riskant na my mening. Ek het ervaring hiervan en as ek die opsie het sal ek seker maak dat ek 'n genoegsame kaliber het waarop ek kan reken as omstandighede nie ideaal is nie.

Die keuse tussen die 22-250 en 243 sal bepaal word deur wat jy reeds het en wat jy beplan om te kry en wat jou beplande aanwending gaan wees.
User avatar
bokkoors
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Fri Mar 08, 2013 9:18 am

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by bokkoors »

hello noors,

ek het lank net met my 243 gejag, tot selfs elande, n paar keer. alles het (gelukkig) goed afgeloop en daar was nooit probleme nie. ek ken my geweer en ek glo ook in skootplasing, maar ek moet egter saam met Sako75 stem,,, en daarom sal my 243tjie nie weer op die "groot spore" loop nie.

n oom het ook eendag vir my gese^ soos Sako tereg wys : " n goeie jagter kies nie n geweer wat genoeg sal wees as alles goed gaan nie, hy kies een wat genoeg sal wees as alles verkeerd gaan .
wat jou keuse betref kan ek jou nie help nie ou maat, want ek sit met dieselfde vraag om die gap tussen die 243 en die 270 tevul..........en of dit nodig is.

sterkte daar
.22 Hornet
.243 Sako
.270 Howa
.308 Sako
9X57 Oberndorf Mauser
.375 H&H Winchester Mod 70 Pre '64

b]"Never leave an enemy behind or it will rise again to fly at your throat... "[/b]
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2595
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by JohanvB »

Soe julle manne maak dit ook nie maklik nie, maar is julle seker reg...julle het ten minste die ondervinding...dalk moet ek maar by die 270 bly en home "nurse"
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by tripodmvr »

Vir my was 'n aanbeveling vir ernstige jaggeweer nog altyd van 270 boontoe. Die 6,5 is wel 'n "oom" van 'n kaliber, maar skiet partymaal net effens tekort.

Ek het self al 2 kudus met my 243 geskiet, maar die' kaliber is effens lig. Vir bosjag sal ek altyd die swaarder kalibers verkies sodat daar groter bloedspoor is.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by mariusr »

Noors die manne gee goeie raad as jy die 243 wil koop om koedoes en miskien eland te jag sal ek die nie aan beveel nie! Die 243 is glads te lig vir die groot bokke en jy gaan een of ander tyd moeilikheid op tel as jy die kaliber gebruik op hulle!Ek beskou die 270 as die minimum en dan ook net met premium punt!

Groete
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2595
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by JohanvB »

Ok, wat word aanbeveel groter as 270?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by tripodmvr »

Ek het 7x64, 303 en 30-06 wat naby mekaar is. In hierdie klas begin die gewere hard praat en is baie effektief op medium tot groot wildsbokke. Gewere in 7x64 is skaars, maar dit is 'n wonderlike kaliber. Die 303 word nie meer vervaardig nie, maar is tog 'n baie lekker boskaliber. Die 308 en 30-06 is twee van die gewildste standaard kalibers en sal jou nie in die jagveld in die steek laat as dit by doodmaakvermoë kom nie.

Soek of 'n staatmaker of iets wat jou hart kielie. Maak dan jou keuse. (Google die verskillende kalibers om inligting te bekom)
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by Sako75 »

Dit hang baie af van wat jy het en waar jy meestal gaan jag.

270WSM en 300WSM is baie eksoties terwyl 7x64, 308, 30/06, 300H&H, 300WM meer tradisioneel is. As jy vas is op die Remingting SPS Varmint gaan dan vir die 308 as jy koedoes wil jag. Tot en met blesbok grootte wild sal 243 voldoende wees.

Ek het 'n 7x64 wat 'n droom is. Rondom hom het ek 25-06, 260 en 300WM.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by mariusr »

As jy baie bosveld gaan jag en groot bokke nou dan 9,3x62 ! Vir vlakte wild wat ook groot bokke insluit 300 WSM of die 7mm rem mag!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by tripodmvr »

mariusr wrote:As jy baie bosveld gaan jag en groot bokke nou dan 9,3x62 ! Vir vlakte wild wat ook groot bokke insluit 300 WSM of die 7mm rem mag!
Moet nie die 7x64 weggooi nie. Met ons kruite hap hy aan die 7mm RM se gat - dit vir baie minder kruit en ook terugslag.
User avatar
bokkoors
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Fri Mar 08, 2013 9:18 am

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by bokkoors »

:) :) ja nee, dis nie maklik nie maar dis lekker ne, om so in jou gedagte en op die forum te vat vat en te voel voel aan al die verskilende bok-spanners. op die einde gaan dit daai een wees wat jou hart kiellie, soos tripod gese het.
ek sien jy het jou 270, as jy nou net nog EEN geweer bokant wil he, dan moet ek my lojaliteit teenoor die .375 uitspreek. die manne gee goeie raad en jy kan verseker wees hulle praat met kennis en ondervinding en daarom glo ek dat baie van hulle sal saamstem.
in my beskeie opinie dink ek dat met n 243, 270 en n 375 in jou kluis, jy baie goed gedek is oor n baie wye veld, indien nie die hele een van klein tot grootwild. dit geld seker net vir die mees koserwatiewe en praktiese prentjie........ maar wat het dit met geweerkoop uit te waai ?? want binnekort gaan ons hierdie selfde gesprek he nadat jy jou 22-250 en jou 375 aangeskaf het, om te hoor of jy vir die 25-06 of die 30-06 moet gaan :laugh: :laugh:

geniet dit
.22 Hornet
.243 Sako
.270 Howa
.308 Sako
9X57 Oberndorf Mauser
.375 H&H Winchester Mod 70 Pre '64

b]"Never leave an enemy behind or it will rise again to fly at your throat... "[/b]
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by mariusr »

Bokkoors slaan nou die spyker op die kop! Daar is nie 'n slegte kaliber elkeen het 'n doel party is net meer gewild as ander!
243 ,2506,270,7x57,7x64,7mm rem,308, 30 06 spr300win,300h@h,9,3x62 en die 375H@H net om paar van die gewildes te noem!Jy sal nie verkeerd gaan met hulle as jy twee moet kies!
Genemar
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Mon Feb 11, 2013 8:13 am

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by Genemar »

Daar moet 3 jaggewere in jou kluis wees, ligte kaliber bv( 243, 22-250 ) all rounder bv( 308, 270, 30-06 ) brag kaliber wat jy bang is om skoot te trek omdat patrone duur is ( 300, 375, 458 ).

My keuse sal soos volg wees, .22-250 , .270 en dan 300.
.22-250 met knaldemper is gevaarlik maar nie gemaak vir wind nie,
.270 met knaldemper is minder gevaarlik maar kan in tornado jag.
Gevaarlik bedoel ek jy kan 'n trop bokke uitskiet sonder dat hulle te erg verjaag word.
User avatar
Hercules Breitenbach
Full Member
Full Member
Posts: 112
Joined: Sat Apr 21, 2012 11:57 am

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by Hercules Breitenbach »

Ek oorweeg self 'n .243 My keuse is tussen 'n Remington 700 VLS en 'n Savage 12 VLP. Hoe kies ek tussen die twee? Ek wil die wapen gebruik vir daai ver kop skootjies :)
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by mariusr »

Jy koop die een wat met jou praat as jy die vas hou nes 'n vrou!
User avatar
Hercules Breitenbach
Full Member
Full Member
Posts: 112
Joined: Sat Apr 21, 2012 11:57 am

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by Hercules Breitenbach »

:) :) :)
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by Danie01 »

Ek sal ook 7x64 of 270 voorstel. Ek het 7x64 en skiet koedoes gemsbokke asook springbokke in die vlaktes soos n droom. Recoil is minder as jou magnums en jy het nie meer oemf nodig as wat jy uitmdaai 7mil gaan kry nie. Jy kan met gemak koedoes tot op 300 m jag en ek glo dam so ent verder ook, ma wie jag nou regtig op verder afstande, behalwe as jy doelgerig so wil jag. Saam met hom sal ek ook 22-250 of 243 vat, dan kan jy als skiet tot eland, met die regte koele natuurlik. My broer asook aanstaande skoonpa, skiet ook als tot koedoe met hul 270 kalibers.

7x64 groete
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Remmington 700 SPS Varmint 243

Post by dehacked »

Probeer gerus 'n paar van die voorgestelde gewere skiet en besluit met hoeveel "recoil" jy gemaklik is. Mens is geneig om groot te koop oor almal so sê en op die einde van die dag skiet jy soos jou alie oor jy "flinch". As jy 'n .243 wil kry hou maar by kopskote vir 'n kudu.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
Post Reply