Oom Frikkie
Daai jakkals kleintjies wil ek sien, sit asb vi ons fotos op as jy hulle om het.
Mooi loop
Francois
Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
-
Danie Lombard .243
Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)
Hallo aan al die topic manne.
Yip, jul almal praat waar. EK wil ook 'n straal wieps oor ou maanhaar.
Ek het vrek baie maanhare op my grond. En nee, jy skiet hom nie sommer perongeluk raak en dink hy is 'n jakkals nie, sy ooge blink anders as jakkie sin. Ek jag nooit met rooi lig nie, dus kan ek vir jou gou-gou se water oog behoort aan wie. Maanhare vang nie lammers nie, maar vreet wel aan dooie diere/lammers en skaap. Hul loop gereeld tussen my lammer ooie. As jy jou veld ken sal jy gou sien en leer wie loop in watter omgewing. So weet ek waar sal jy 'n maanhaar raakloop en waar 'n draai jakkals. Ek het nog nooit gesien dat maanhare in troppe loop nie. Ek dink die trop ding is nie waar nie, my opinie. Het wel al hul so drie of vier bymekaar gesien, maar dan is dit twee of drie mannetjies en 'n teef wat op hitte is. Iets om te sien in so 'n geval. Die mannetjies loop krom rug rond met hul maanhare orent getrek, en dan hy lyk veel groter as wat hy werklik is. Mens is dan skoon bang vir die dierasie. Kom gereeld op hul drolle af. Niks dorper skaap en vlak haas hare in nie. Stink skoon bitter van al die miere en goggas wat hul vreet. Slegs een keer twee gesien wat agresief was teenoor mekaar. By die vee aanjaag gang se hek het een die ander verjaag. Ook met die regop rug maanhare. Ek en Yol en my buurman het lekker gelag vir die jaag show wat hul opgedis het. Hul het ons nie eers gewaar by die bakkie nie. Winter maande keer ek mierhope om met die trekker en ploeg. Die maanhare dink dit is 'n fees. Wens jul kan sien hoe baie in so 'n ou lande kamp loop en vreet by die stukkende miershope. Jakkals vreet graag aan dooie maanhaar. Wil amper se dat jakkals baie lief is vir maanhaar vleis. Die plaaswerker vrek ook oor sy vleis. Hul kook die vleis 3 keer, elke keer met skoon water, en dan is hy reg. Glo jy my nie? Gaan vra die plaas volk, hul sal jou vertel. Hul jag hom graag as hul die kans kry met honde. Ek het my 2 plaas werkers die dood voor die gesweer as ek hul betrap met 'n maanhaar wat hul vrek gemaak het. Sommer so vir kennis, en ek dink dat alle groneienaars dit moet doen. Draad strikke word verbied by my en by my bure. As as die plaas volk veld vleis wil he moet hul vra en dan word daar spring haas of wat ookal vir hul gejag. 'n Maanhaar kan baklei en hou 'n hond besig. As 'n hond klaar maak met 'n maanhaar se ek vir jou dan is dit 'n hond wat kan byt en baklei. En so 'n hond stink vreeslik na die gemiese stank wat deur die maanhaar se rektale kliere uit geskei word. Dit is so 'n dokker geel, lig oranje taai besigheid. Muishond kan maar gaan slaap as dit by stink kom. En 'n verdompte terrier dink dit is van die lekkerste parfuum wat beskikbaar is. Maarhaar neste/gat ruik 'n mens sommer gou. Sy gat/nes stink sommer woes. Het nog nooit bene by hul neste gekry nie.
Ou oom Koot, hy is oud en hy ken die veld, het my vertel met die groot droogte het hul al gekry dat maanhare van die lammers vang. Dit is nou te se, die lammers wat deur die ooie gevat word. As dit droog is en 'n mof ooi lam staan die ooi op en loop weg en los die lam net daar om te vrek. Of oom Koot se strorie oor die maanhaar waar is weet ek nie.
My opinie, maanhaar vang nie lam nie. As dit waar was sou ek nie een hammel gehad het om te slag nie.
Groete
Danie

- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1385
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)
Frikkie
Alan t het vertel daar waar hy in wildplaas so baie jakkalse geskiet het, het jakkalse aan die karkasse wat daar gelos is skoongevreet soos wat n lamkarkas lyk.
Freddie

yol bolsun
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)
Francois, Danie 243 en Freddie, dankie vir jul insette. FM, sal terugvoer gee as ek iets "tasbaars" van die teeltroppie gekry het. Mag die span wat die meeste punte het wanneer die eindfluitjie blaas, wen vandag!!!
Duitswes groete- Frinam
Duitswes groete- Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Klip innie bos oor Maanhaar jakkie(interessant)
Oom Frikkie
Mooi loop
Francois
Ek weet wie dit gaan wees, reken ek.Mag die span wat die meeste punte het wanneer die eindfluitjie blaas, wen vandag!!!
Mooi loop
Francois