Het SA Suid-wes Vleis nodig?
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Manne, krap niemand se agterent of soek moeilikheid nie, maar johans het op die lusern topic gevra hoekom SA Nam vleis nodig het?
Wat dink julle? Ek wil nie hê ons moet mekaar aan die kele gryp nie, nie 'n sinvolle bespreking oor elke ou se opinie.
Sal interessant wees, want as dit nie so is nie dan kan ek maar ophou boer, want buiten SA is daar nie vir die hoeveelheid Nam vleis markte huidiglik beskikbaar nie.
Ek luister wat julle te sê het.
Beste

- Trevor
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Ek luister saam.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
interesant.
of ons dit nodig het, weet ek nie.
maar dit beinvloed wel ons pryse baie.
en, ek dink op die stadium, is ons vraag na vleis in sa ook baie af.

HOU HOM DAAI DIKTE
- Foxcreek
- Hero Member

- Posts: 577
- Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Cassie.
Die vraag na vleis moet af wees as ek in die slaghuis R109/kg vir loin tjoppies betaal en die boere kry rondom R40/kg. Die laer vleispryse vir die produsente word nie deurgegee na die eindverbruiker nie.
'n Ander ding wat jy nie moet vergeet nie, is dat die vleismark nou toegegooi word met vleis. Oral waar dit droog is maak die manne diere weg, want hulle sal nie die diere deur die winter kan dra nie. Ek het gehoor van manne in die Vryburg omgewing, wat uit desperaatheid, weens die droogte en swak vooruitsigte vir die winter, dragtige diere laat slag.

fox
dis 100% waar.
ons mark word toegegooi in sa. en ons kry nou nam vleis ook.
asb manne, ek se nie ons het nie nam vleis nodig nie, maar, op die oomblik weet ek nie so mooi nie?
maar ek weet te min van die goed af.

-
Flip Fouche
- Hero Member

- Posts: 584
- Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Ja, n baie goeie vraag oor Nam vleis.Ons is darem bure, so ons kan mekaar help.Foxcreek wrote:Cassie.
Die vraag na vleis moet af wees as ek in die slaghuis R109/kg vir loin tjoppies betaal en die boere kry rondom R40/kg. Die laer vleispryse vir die produsente word nie deurgegee na die eindverbruiker nie.
'n Ander ding wat jy nie moet vergeet nie, is dat die vleismark nou toegegooi word met vleis. Oral waar dit droog is maak die manne diere weg, want hulle sal nie die diere deur die winter kan dra nie. Ek het gehoor van manne in die Vryburg omgewing, wat uit desperaatheid, weens die droogte en swak vooruitsigte vir die winter, dragtige diere laat slag.
Ongelukkig het die ontsetende droogte in Nam en in die Noordweste (aangrensend) die vleismark beinvloed.Ons moet ook nie die stakings(myne) en die arbeids gaskille vergeet nie."No work NO pay".Dit blyk daar is nie geld om die duur vleis te koop nie.Iewers in die ketting van vleis,Vanaf die abbatoir,wat die vleis moet aflewer,tot waar dit verwerk en versend word is daar "iemand" wat baie geld maak.
Dit is waar dat baie aanteel diere in die Vryburg omgewing geslag word.
Gelukkig het ons hier so 35mm+ reen gehad vanaf woensdag.n Klompie boere het reeds van die slagtings begin kasseleer.
Daar was ongelukkig n oor aanbod van vleis.
Groete aan die manne van Nam.
Flip
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
die groot probleem in die landbou is die middelman wat baie geld vat. dit werk met asl so.
HOU HOM DAAI DIKTE
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
.
Last edited by grumpy on Fri Apr 12, 2013 9:40 am, edited 1 time in total.
-
leendert
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Sun Mar 17, 2013 12:15 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Het die self slag en verkoop al probeer. Jy moet gesondheids inspekteer, en gradeerder hê. Die verspreiding maak dit moeilik vir ons wat so vêr van die mark af is, jy benodig ñ koeltrok. Dit is ook baie arbeid want om ñ honderd lammers te slag en op te saag vat baie tyd en dan lei jou boerdery weer daaronder. wat is die doel van die RPO? Ons betaal op elke dier wat geslag word of op ñ veiling verkoop word ñ x persentasie aan hul. Moet hul nie dalk probeer invleod uitoefen aan die voorkant sodat meer mense vleis kan bekostig en dalk n groter deel van die wins na die boer toe kom nie, want teen die huidige insetkostes en lae inkomstes en hoë arbeid gaan baie boere nie die paal haal nie en dan sal sa lae kwaliteit goedkoop vles moet invoer wat sa en nam boere nog verder onderdruk. Dit is mar my opinie, ek luister graag. Leendert
"Responsible Hunting for Sustainable Live"
. PHASA
. PHASA
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
dit is waar wat jy se. maar, bv in calvinia, gaan 20 slagpale nie werk nie.
dalk in die plekke nader in die stede.
maar, selfproduserend sal idiaal wees.
dalk in die plekke nader in die stede.
maar, selfproduserend sal idiaal wees.
HOU HOM DAAI DIKTE
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Ek voel daar is bestaande infrastruktuur betreffende die onderwerp. Hoekom wil ons altyd die wiel van vooraf uitvind net omdat daar mense is wat die stelsel benadeel en tot hulle eie voordeel gebruik. Ek dink dit is ook weereens 'n geval waar mense in besluitnemings posisies bevoordeel is wat nie 'n idee het waarmee hulle besig is nie. Dan is daar monopoliee wat ook 'n rol speel. Sit diere op voerkrale en skep kunsmatige te korte of oorskotte soos dit hulle pas.
As die middelman dan die probleem is roep hom tot verantwoording. Dit help nie om hom te probeer omseil nie want dan ontstaan daar weer ander probleme.
Ek boer nie en is nie in die vleis bedryf nie. Maar ek wonder het die boere nie verteenwoordigers wat hulle saak kan stel en namens hulle optree om die klein jakkalsies uit die wingerd te jaag nie.
Ons weet dat die landbou sektor een van ons belangrikste is en daarom moet hulle stem gehoor word.
Volgende jaar is daar miskien weer 'n tekort en dan trek die boer weereens aan die korste ent omdat die middelman die prys beheer.
Groetnis.

Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
-
Zack Benade
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Op die vraag of SA nog vleis nodig het is 'n besliste NEE
In sekere gedeeltes van SA stel agente en slagpales nie meer belang om nog diere aan te koop vir slagdoeleindes van die diere nie. Kyk na Dordreght.
Van my vriende se cash flow is baie laag agv van dit. Daar is verseker 'n oorskot in sommige gedeeltes maar as ek die koerante en pryse so dophou is die supermark en slaghuise se pryse nog steeds mal.
Iemand het die boere en die gebruiker aan die korthare beet en ons almal weet wie dit is.
Dis die middelman---Al 20 van hulle wat tussen die boer en die gebruiker staan.
In sekere gedeeltes van SA stel agente en slagpales nie meer belang om nog diere aan te koop vir slagdoeleindes van die diere nie. Kyk na Dordreght.
Van my vriende se cash flow is baie laag agv van dit. Daar is verseker 'n oorskot in sommige gedeeltes maar as ek die koerante en pryse so dophou is die supermark en slaghuise se pryse nog steeds mal.
Iemand het die boere en die gebruiker aan die korthare beet en ons almal weet wie dit is.
Dis die middelman---Al 20 van hulle wat tussen die boer en die gebruiker staan.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
dis nie so maklik om die middelman uit te skakel nie, sa agri wou he sabc moet die vleispryse saam met die mielie pryse saans op die nus lees.
die groot ketting groepe het dood eenvoudig gese as hul dit doen, boikort hul sa vleis. en voer in.
die land, rigering, middelmanne het ons aan die eiers beet, en nie veel wat ons kan doen.

Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Die basiese situasie is dat SA nie genoeg vleis produseer om te voldoen aan die plaaslike vraag nie. Daar word voorsien dat dit minstens nog die volgende 5 jaar die geval gaan wees veral met toenemende bevolkingsgroei en besteebare inkomste. Om agter die kap van die byl te kom van die huidige marktoestande moet die komponente van vraag (verbuikerspandeervermoee, pryse van substitute, ens) en aanbod (wyd verspreide droogte, slag kapasiteit, voorraad, ens) uitgepak word.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Naand manne
Dankie dat julle so lekker saam gesels en nie stry nie. Ek dink nie daar is een van julle wat verkeerd is redeneer nie, want daar is soveel faktore wat 'n rol speel dat dit 'n baie moeilike vraag is om sommer een konkrete regte antwoord te kry.
My gevoel: voer SA nie reeds goedkoop Aussie vleis in nie? Ek weet nie, so ek vra maar of daar nie iemand is wat wel verseker weet nie.
Wat sou gebeur as daar nie 1 karkas van Suid-wes oor die grens gaan nie (in SA)? Met die aanbod en vraag soos dit nou is en die hoeveelheid vleis wat wel huidig in SA geproduseer word.
Miskien gaan dit maak dat die SA boere beter pryse gaan kry, maar gaan die tekort nie ook maar van AUS of NZ aangevul word teen baie goedkoop koste en dan TEN KOSTE van die SA verbruiker wat dan nog maar die hele tyd aan die kortste ent gaan trek nie?
Vandat ek kan onthou is Suid-wes vleis maar oor die grens en wat sou die impak wees op die mark as nie so sou wees nie?
Baie vrae en min antwoorde.
Kom ons gesels nog bietjie

wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Kalahari
(1) SA is 'n netto invoerder van vleis. Of dit van Nam of waar ook al gedoen word maak nie saak nie. SA het dit nodig. SA en Nam is albei lid van SADEC, so sekere reels geld t.o.v. in- en uitvoere. Een van die groot probleme met skaap- en lamsvleis is die lae vee-getalle in SA. Die veestapel se getalle bly daal. Diefstal en probleemdiere het skaapboerdery laat kwyn.
So. ja SA het Nam-vleis nodig. Die probleem is net dat die mark verwring word deur die regeringsbeleid rondom waar die verslagting moet plaasvind.
(2) Na die afskaffing van die beheerde markte het slagpale soos paddastoele op geskiet net om later weer te verdwyn. 'n Slagpale is soos 'n krokodil, as daar nie aanmekaar vleis deur hom beweeg nie vreet hy jou op. Kortom daar is nie geld te maak deur te slag nie. Dit is maar net die proses om 'n lewendige skaap te verwerk tot iets wat verkoop kan word.
(3) Om jou eie bemarking te doen direk aan die verbruiker is nie so maklik nie. Eerste probleem is volhoubaarheid van voorsiening. Lamseisoene veroorsaak dat jy sekere tye van die jaar met te veel lammer sit om self te verkoop en ander tye met te min wat jou sal dwing om slagdiere in te koop om aan jou mark te voorsien. Nuwe "ballgame".
Meeste veeboere hanteer hulle eie bestuur. Gee hy aandag aan die produksie (Skaapboerdery) ly die slagpale en die vleisverkope. Aandag aan die bemarkingskant dan ly die boerdery weer. Om slegs aan eindverbruikers te lewer skep geweldig baie probleme. Vleis is 'n produk met 'n kort raklewe.
(4) Almal in die vleisbedryf is nie skelms nie maar daar is baie skelms in die vleisbedryf. Slagpales moet soms groot verliese vat omdat middelmanne hulle nie betaal nie. Onthou kredietversekering is duur.
(5) Die ooraanbod van vleis tans is 'n korttermyn probleem. Dit is noodslagtings a.g.v. swak weidings-omstandighede. Dit tesame met ekonomiese druk wat die verbruiker ondervind is sikliese probleme wat sal oorgaan. Daar sal mense seerkry en sommiges sal onder gaan. Tragies maar ongelukkig normaal. Die probleem van die groot gaping tussen produsent en eindverbruiker is egter langtermyn en kan slegs op een manier aan gespreek word.
Boer sal moet maniere vind om GESAMENTLIK die bemarkingsketting korter te maak.

ons voer baie in. want dis goedkoper.
ek ken bemarkers, en hul sit met klomp skaap wat die slagpale net nie wil he nie.
ek ken bemarkers, en hul sit met klomp skaap wat die slagpale net nie wil he nie.
HOU HOM DAAI DIKTE
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
wlm
Goed opgesom, baie dankie.
Goed opgesom, baie dankie.
-
Jaktrap
- Sr. Member

- Posts: 294
- Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Ek is ook nie in vleis bedryf nie maar my gevoel is dat die eienaars (groep) wat in beheer is van die slagpale
in Namibia die skuldigste is hier en boere aan albei kante van die grens uitbyt. Daar moes geld onder die tafel deur
aangebied gewees het vir die Namibiese regering om grens TOE te maak vir lewende diere na Suid Afrika.
Aangesien boere daar meer vleis het as aanvraag kan hulle boere minder betaal en dan daardie goedkoper
vleis gebruik om Suid Afrika se mark af te trek. Ek het nie name of bewyse nie maar vermoed dit sal onder SA
burgers wees. Weet nie waarom ons nog niks van die kompetisie kommissie gehoor het nie.
Die manne wat in vleis bedryf is moet maar se as ek die pot mis sit. Ek hou net nie van die manne met minste risiko
loop die meeste geld maak nie.
in Namibia die skuldigste is hier en boere aan albei kante van die grens uitbyt. Daar moes geld onder die tafel deur
aangebied gewees het vir die Namibiese regering om grens TOE te maak vir lewende diere na Suid Afrika.
Aangesien boere daar meer vleis het as aanvraag kan hulle boere minder betaal en dan daardie goedkoper
vleis gebruik om Suid Afrika se mark af te trek. Ek het nie name of bewyse nie maar vermoed dit sal onder SA
burgers wees. Weet nie waarom ons nog niks van die kompetisie kommissie gehoor het nie.
Die manne wat in vleis bedryf is moet maar se as ek die pot mis sit. Ek hou net nie van die manne met minste risiko
loop die meeste geld maak nie.
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Jaktrap
Moet my nie aanhaal nie, maar kyk maar of daar dalk familie van Sam Njoma onder die slagpale-eienaars is.

Vasvat
- Jr. Member

- Posts: 66
- Joined: Sat Jul 31, 2010 9:59 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
wlm jy het een van die beste sienings wat ek sover raakgesien het. Wat ek as bemarker, boer en verspreider beleef is die volgende:
- Die Rpo help ons met die beheer van buitelandse karkasse, ek se dankie!
- Droogte noop almal om kritieke besluite te neem, wat van as dit ons land was?
- Nou kom ek by my eintlike punt: Die geld wat vanaf die boer tot die laaste persoon in die ketting gemaak word, let wel ek praat van tjops, nie heel karkasse nie is selfs meer as wat die boer kry vir sy produk in sommige gevalle!
Nou vra ek by myself, wie is op die stadium die grootste verbruiker van ons vleis? Nie die gewone wit verbruiker nie maar die opkomende swart middelgroep! (Navorsing bewys dit) Hiedie groep behoort gewoonlik aan een of ander unie (Cosatu/Mynunies ens wat miljoene mense bedien) Ons moet gaan en die eindverbruiker nader met die volgende:
1. Weet jy wat die boer vir die produk kry wat jy ten duurste koop
2. Jy betaal tot meer as 100% meer as wat ons kry!
3. Hoekom kan julle (Lees Cosatu ens Nie vra vra nie) nie vra waar gaan die geld heen nie?
4. Ons is bereid om vleis te lewer teen se R50+Btw aan julle kliente, julle se waar en hoe
5. Gaan na groot groepe Woolies ens en se, dit is wat ons bereid is om te betaal, nie sent meer nie!
My gevolgtrekking is dat die eindverbruiker geen idee het wat ons as verskaffers kry nie, ons moet die bal terug gee na die eindverbruiker en dan gaan julle perde sien!
Hiedie is my beskeie siening
Wiliie Bruwer

VasvatVasvat wrote:My gevolgtrekking is dat die eindverbruiker geen idee het wat ons as verskaffers kry nie, ons moet die bal terug gee na die eindverbruiker en dan gaan julle perde sien!
Jy is 100% reg, maar ek weet nie hoekom dit so moeilik is om dit reg te kry nie! Miskien moet die landbou organisasies die publiek beter inlig of veldtog of so iets?
wlmwlm wrote:Jaktrap
Moet my nie aanhaal nie, maar kyk maar of daar dalk familie van Sam Njoma onder die slagpale-eienaars is.
Daar is van die families in die plekke betrokke, jy weet daar moet mos altyd SEB vennoot wees
MAAR...................
JaktrapJaktrap wrote:Ek is ook nie in vleis bedryf nie maar my gevoel is dat die eienaars (groep) wat in beheer is van die slagpale
in Namibia die skuldigste is hier en boere aan albei kante van die grens uitbyt.
Jy is ook reg met jou stelling, maar daar is alreeds ten minste 2 tot 3 SA burgers wat uit Suid-wes vleis kan gaan aftree as hulle wil, en een van hulle het so Franserige van
Agter die skerms is daar een helse gekonkel
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Willie
Die oorsese markte doen reeds wat jy voorstel. Daar is in Aus. deursigtigheid in die bemarkingsketting. Elke rolspeler se boeke is oop en die verbruiker kan presies sien waar die winste is. Die stelsels maak dat eindverbruikers kan sien waar en watter kostes by gevoeg word van die produsent tot op die tafel. Sal dit nie wonderlik wees as ons dit met alle landbou-produkte kon doen nie?
Ons moet egter nie so baie hoop op die politici vestig nie. In SA reken ek ons grootste vakbond-federasie (Cosatu) ook as politici aangesien hulle deel is van die regerings-alliansie. Moenie die denkfout maak dat regering altyd die "regte ding" wil doen nie. Die eerste vereiste is om sonder te veel storms weer tydens die volgende verkiesing aan bewind te kom.
Publisiteit is ook 'n spel met sy eie reels. Nuusmedia het geen sosiale verpligting om markte of stelsels te help hervorm nie. Aandeelhouers in media-groepe is ingestel op wins. Stories soos die verkeerde etikettering van vleisprodukte is meer sensasioneel (beter sirkulasie-syfers) as die feit dat vleis se prys op die winkelrak steeds styg terwyl die produsent reeds 35% minder kry as 'n jaar terug.
Die bal bly in ons hande. Ons sal beheer oor ons produk moet neem tot nader as aan die verbruiker. Boere (ek sluit my hierby in) doen so baie moeite met hulle diere en gewasse en neem dan by die plaashek so maklik afskeid daarvan. Ons is soos ouers wat 'n kind grootmaak tot 6 jaar en dan nooit weer na hom verneem as hy skool toe gaan nie. Die groot verskil tussen produsent en eindverbruiker skep verseker vir ons 'n geleentheid om meer geld te maak en ook meer mense meer vleis te laat koop.
Swart verbruikers moet die grootse koopgroep wees as ons net na getalle kyk. Ek wens ons het meer van hulle voorkeure en kooppatrone geweet. Ek het so baie vrae daaroor. Hoeveel het vrieskaste? Braai hulle of is dit eerder kookvleis of bredies? Wat verkies hulle, vet of maer, oud of jonk? Koop hulle daagliks kos a.g.v. diewe wat alles steel solank jy by die werk is, of koop die mense ook halwe of heel karkasse. So kan ek aangaan. Die antwoorde op die vrae kan ons met nuwe oe na ons produk laat kyk wat nuwe geleenthede kan skep vir winsneming.
Die probleem by al ons strukture soos AgriSA en die RPO is 'n gebrek aan fondse. Enige reklame of inligtingsveldtog sal miljoene kos wat doodeenvoudig nie beskikbaar is nie. Die heffings wat ons betaal is nouliks genoegsaam om dienste soos die beheer oor die invoer by hawes en grensposte, inspeksies om seker te maak dat graderings korrek gedoen word ens. behoorlik gedoen kan word.
Ek sien egter uit na die dag wat ons meer geld in die boer se sakke plaas deur beter bemarkingstelsels eerder as om 'n groter deel van ongesonde winste te vat.
Willem
Ns. terwyl ek sit en skryf reen dit saggies buite. Ek hoop dat dit oral reen waar dit so nodig is.
Dankie Here dat U die paasnaweek ons weereens versorg. Amen

Reen lekker sag sedert gister. het reeds 30 mm geneet om o8hoo. By julle?