SIMMONS TELESKOPE

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Johann Marais
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm

SIMMONS TELESKOPE

Post by Johann Marais »

Goeie middag,

Het enige een van julle manne ondervinding met Simmons teleskope?

Groete

Johann
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: SIMMONS TELESKOPE

Post by mariusr »

Johann nie self een gehad maar al gesien glad nie in die klas van bv leupold nie dink hulle vergelyk goed met die ou tasco telelskope hulle het ook blykbaar die goedkoop en duur reekse maar was nog nooit baie gewild hier by ons ?Ek glo ook nie ek sal sommer een koop met baie beter produkte op die mark vandag!

Groete
Last edited by mariusr on Tue Feb 12, 2013 11:11 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Boogjagter
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Sat Jan 14, 2012 2:56 pm

Re: SIMMONS TELESKOPE

Post by Boogjagter »

Marius, ek het een wat ek present gekry het op my 243 gehad. Hy het so twee jaar gehou, toe begin die kruishaar rondskuif na elke skoot. Weet nie of dit die duur or goedkoop reeks was nie, maar as ek hom met die lynx, waarmee ek hom vervang het, vergelyk is dit verseker swakker kwaliteit as die lynx. Ek sal nie een koop nie, maar dalk 'n verniet een op my windbuks sit...
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: SIMMONS TELESKOPE

Post by Giepie »

Dalk bietjie laat. ;D
Ek het 'n Simmons op my .303 Lee Enfield, 3-9x40. Sover is ek baie tevrede met dit nog geen probleme gehad nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
JohannHorn
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Wed Aug 15, 2012 7:59 pm

Re: SIMMONS TELESKOPE

Post by JohannHorn »

Ek het een op my 375 gehad , hy het my n volle 45 skote gehou ,toe val sy kruishare om of skeef en kom dit eers agter toe ek 2 dae agter n 55" koedoe bul aan gewerk het en die geweer optel om te skiet! Dankie tog vir quick release ringe!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: SIMMONS TELESKOPE

Post by mariusr »

Jy het hom seker mooi saggies op die grond gesit en toe later weg gem@#r! Het jy die koedoe geskiet?
User avatar
JohannHorn
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Wed Aug 15, 2012 7:59 pm

Re: SIMMONS TELESKOPE

Post by JohannHorn »

Jy sal nie glo nie, ekt daai teleskoop nogsteeds, maar my seuntjie speel nou met hom. Die koedoe het natuurlik bakkie gery!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: SIMMONS TELESKOPE

Post by Beyers »

Ek het so 10 jaar terug een ingebring. Sal nie eers aanbeveel om ringe met hom te lap nie. Net net goed vir 2 skote 1 teen die muur en een teen die vloer.
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: SIMMONS TELESKOPE

Post by Jaco B »

JohannHorn

Geluk met daai koedoe, bly om te hoor dat selfs n stukkend teleskoop jou nie keer om n bok plat te trek nie.
Ek reken dit is seker maar jou jongdae met oop versier skiet wat jou daar uitgehelp het? Niks klop ervaring nie of hoe?


Jaco
Miroku: ML-22
Sako Vixen: .222
Sako: 25-06
Musgrave Mod 98: 30-06
Taurus PT92-AF : 9mm P
Sauer & Sohn: .44 Magnum Chief Marshall 6"
Rossi : .44 Magnum Lever Action
Martini Henry .450
Beretta S56E 12br
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: SIMMONS TELESKOPE

Post by LUAN »

Ek het n goedkoop een gekoop 6 jaar gelede vir die windbuks. Dit was my mees betroubaarste windbuks scope het altyd sy zero gehou kon nooit kla oor hom maar nou lyk dit of dinge verander het....
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: SIMMONS TELESKOPE

Post by Giepie »

Hier is dit dalk 'n geval jy is gelukkig ... of dalk nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Post Reply