Naand Manne,
Ek herlaai reeds lank vir verskeie wapens (223 Rem, 30-06, 375H&H, 38 Spl, 40 S&W) en het baie onlangs die trotse eienaar geword van twee pragtige klassieke kalibers, albei oorspronklike ou gewere in puik toestand! Dis 'n lewens ideaal wat bewaardheid is vir my.
Ek sou graag wou hoor of daar iemand is wat tans vir hierdie twee kalibers herlaai en asb inligting met my wil deel?
6.5 x 54 MANNICHER SCHOENAUER MODEL 1903
Die geweer het 'n 21 duim loop en ek beoog om die volgende te laai:
140 Grein Nosler Partition voor 41 grein S365 vir 'n trompsnelheid van ± 2622 vt/sek in nuwe Norma doppe met CCI large rifle slagdoppies. Norma doppe is reeds gevuurvorm in die geweer se kamer.
300 HOLLAND & HOLLAND MAGNUM WINCHESTER MODEL 70 PRE '64
Die geweer het 'n 26 duimloop met 'n groefdraai van 1:10 duim en ek beoog om die volgende te laai;
200 Grein Barnes TSX voor 57 grein S365 vir 'n trompsnelheid van ± 2574 vt/sek in nuwe Norma doppe met CCI large rifle magnum slagdoppies. Norma doppe is reeds gevuurvorm in die geweer se kamer.
Enige inligting sal baie welkom wees.
Groetnis,
Koenie
Ladings vir 'n 6.5 x 54MS en 'n 300H&H
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Ladings vir 'n 6.5 x 54MS en 'n 300H&H
Ek het jou data op Quick Load gaan toets vir die 6,5x54. Jou beplande lading kan net op of oor maksimum wees vir die' ou geweer en ek sal liefs op 'n laer perk begin. My aanbeveling sal wees vir 38gr en die akkurate node se spoed behoort by 2500vps te wees. Kyk eers of dit is wat jy kan kry en dan kan ons loer vir die hoër node.
Laai 3 patrone met 38gr en chrony hulle. Dit behoort ons 'n goeie beginpunt te gee. Kyk onder hofie "Riglyne vir QL" en verskaf al die data dan kan ons die ou meester mooi laat praat.
Laai 3 patrone met 38gr en chrony hulle. Dit behoort ons 'n goeie beginpunt te gee. Kyk onder hofie "Riglyne vir QL" en verskaf al die data dan kan ons die ou meester mooi laat praat.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Ladings vir 'n 6.5 x 54MS en 'n 300H&H
Koenie, ek laai self vir n 300hh, ek het baie lank kopsere gehad met die geweer, maar danksy hierdie manne op die forum uieindelik die probleem uitgesort. Dopvoorbereiding op enige kaliber is natuurlik belangrik, maar op die 300hh is dit van kardinale belang. Die kaliber se doppe is baie groot en afwykings op die doppe het vinnig n invloed op die groeppe. Moenien gewig verskil van meer as 1grn toelaat nie. Verder moet die doppe absoluut dieselfde lengte wees. Self skiet ek 180grn TSX teen net so n rapsie oor die 2900fs. Ek kry ook baie goeie groeppe met 150 tsx. Met konvensionele koeels is die spoed eenvoudig te hoog na my smaak. So groep Hornady 180grn interlock asook Nosler Interbond baie mooi met S365 64grn, die spoed is dan 3084fs. Verlaag ek ek die spoed boet ek weer in op groepering, om n laar spoed te kry met sub moa groeppe het ek oorgegaan na 180Tsx. Die beter doodmaak vermoe van die Barnes was bloot n bonus.
O ja agv van die uitermatige lang patroon is runout n "clear and present danger".
O ja agv van die uitermatige lang patroon is runout n "clear and present danger".
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Koenie
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Thu Mar 21, 2013 3:53 pm
Re: Ladings vir 'n 6.5 x 54MS en 'n 300H&H
Baie dankie vir die inligting Tripodmvr. Sodra ek al die doppe gevuurvorm het gaan ek begin met die lading ontwikkeling. Ek het sopas ook baie volledige inligting ontvang van Somchem, wat hulle weer by Johan Loubser gekry het.
Dankie James. Die 300 H&H is baie sensitief soos wat ek nou al met die baie beperkte vuurvorm rondtes gesien het. Ek moet bysê, dis darem 'n plesier om met nuwe Norma en Lapua doppe te werk - totale verspreiding oor 100 Norma doppe is maar 0,60 gr.
Groetnis,
Koenie.
Dankie James. Die 300 H&H is baie sensitief soos wat ek nou al met die baie beperkte vuurvorm rondtes gesien het. Ek moet bysê, dis darem 'n plesier om met nuwe Norma en Lapua doppe te werk - totale verspreiding oor 100 Norma doppe is maar 0,60 gr.
Groetnis,
Koenie.