Wat eet so

Post Reply
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Wat eet so

Post by boeta »

Naand Manne

Help,lammers se balsakke en ooi lammers se eiers word uit gevreet,lammers word lewendig in die veld gekry of vrek later van hul wonde,daar is ook nie verder bytmerke op die lammers nie en dit is al redelike groot lammers so 15 + kg.

Volgens die boer is daar omtrend 4 jakies.Was daar net voor die 108 trippie maar niks.Was die week een aand weer daar maar weer niks.Moet se die plaas is baie moeilik om te roep baie bos.

Kan dit nie dalk n ratel wees nie.Hoor graag wat julle se

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
User avatar
Rudie Combrinck(9mm)
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am

Re: Wat eet so

Post by Rudie Combrinck(9mm) »

Boeta
Watter omgewing is die plaas/
Het al soortgelyke probleem langs modder rivier gehad mer otters.
Rudie
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: Wat eet so

Post by katjak »

Boeta. Die ooie se uiers wat uit gevreet is, moet defenitief Jakkals wees. Het so n geval paar jaar terug gehad. Na n ou teef geskiet is, het probleem opgehou. Ek dink die lam sakke kan maar dieselfde probleem wees. Baie geduld en maar deurnag waar die skaap slaap. Geen roepe net lig. Sterkte en sukses. Japie
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Wat eet so

Post by Caller »

Boeta

My friend, dit is maar ons ou friend die rooijakkals. En vermoed dit is jonges (omdat die lammers nog lewe), maar dit kan grotes ook wees. Die feit dat dit nog lammers is, se vir my dat dit jong jakkies moet wees wat nog onervare met die vangery is. As dit groot jakkies is, sou hulle die lammers tien teen een doodgebyt gewees het.

Ons weet mos daar is nou sterk jonges wat op hul eie begin jag, hierdie tyd van die jaar.

Sterkte

Caller 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Wat eet so

Post by boeta »

Baie dankie aan almal.Ek gaan more weer na die plaas toe wil n dagroep inwerk en kyk wat gebeur.Die plaas le so 30kl uit Mariental nogal my buurplaas,so ek moet daar keer voor hulle by my uitkom.

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Wat eet so

Post by Raven »

Boeta,
Rooijak definitief.
Enigste iets anders wat ek al by my gekry het is bobejane wat jong lammers 2-3weke oud se melkpense uitskeur.

Kyk sommer of die plaasboer vir ons kan fotos neem asb en post dit.

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Wat eet so

Post by Francois Marais »

Boeta

Laat weet bietjie of jy al iets kon uitrig.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Wat eet so

Post by boeta »

Frans

Met die wat ek met die Ford deur die gat gery het het ek na die tyd die bonnet oop gemaak om te kyk of als nog reg is,trap ek op daai crome bumper en my voet gly toe val ek amper n duik in die  ford en maak toe my ribbes seer,so vat dit nou bietjie kalm.

Hoop om volgende week weer te gaan probeer

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Wat eet so

Post by DSBW »

Manne/Boeta

Ek is na vanoggend nogal angstig om 'n antwoord te kry op Boeta se post. HEt so pas op 'n lam afgekom, 3 maande + oud, was reeds dood, moes gister gevang gewees het. Die lam se derms, gedeelte van die boud is gevreet, linker agterbeen is gebreek in die gewrig (sal later foto gaan neem), en daar is ook gevreet waar die been gebreek is.

Die vel is weg gevreet rondom die areas waar daar gevreet is, wat mos dui op Rooikat, maar daar is geen ander merke aan die lam nie, nie keel nie, nie kop nie, niks nie?? Die lam is dus vrek van die wonde, en dit was 'n gestoei, ek dink dis hoekom die been gebreek is.

Help asseblief, wat se die kundiges, rooikat of jakkals?

Dankie

Dawie
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: Wat eet so

Post by katjak »

Foxdriver. Derms gevreet? Defenitief rooijak. Rooikat eet nie afval nie. Geen merke op keel. Rooijak. Rooikat byt eers dood en sal nooit op lewendige aas vreet nie. Sterkte en laat weet wat jy kry. Japie 
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Wat eet so

Post by DSBW »

Dankie Japie, jou verduideliking maak sin, gaan hom die week roei, en terugvoering gee.

Groete

Dawie
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Wat eet so

Post by Skolla »

Fox Driver
Ek dink die lam se been was reeds gebreek voordat jakkals se kind op die "gekweste" prooi afgekom het en kan dalk ook verklaar hoekom hy hom nie dood gebyt het voordat hy begin vreet het nie. Lyk of daar ook n kat was. Miskien het die gestoei met die lewendige lam die kat gelok. Dalk n jong jakkals en n groot kat? My 2c soos FM sal s?.
Skolla
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Wat eet so

Post by Caller »

Fox Driver

Jong dit is moeilik om op so min inligting te werk. Die gestoei dui op 'n onervare roofdier en klink alte veel na hond. Hond is ook lief om derms uit te trek en groot hond het die krag (geweld) om been te breek. Ek se nie noodwendig dat dit 'n hond is nie, die inligting is te skraps, en dit is die gevaar van hierdie soort vrae op 'n forum.

Ek stem heelhartig met Japie saam, dit klink nie na kat se werk nie. Maak altyd seker die derms is gevreet en het nie net met die vretery aan die karkas, uitgepeul nie. Honde is geneig om skaap aan enige deel van die lyf te byt. Jy ken seker darrem die tekens waar 'n hond gevang het (morsig) en sal ook weet of dit moontlik is dat daar 'n hond betrokke kan wees.

Wat sien jy in die onmiddelike omgewing van die karkas (indirekte getuienis), soos spore, mis ens. Hoe lyk die veld daar, oop vlakte of ruig bos? Hoeveel vleis is gevreet, is bene gevreet of stukkend gebyt, hoe dik is die bene en is dit netjies of slorderig gevreet, is die karkas gesleep, ens.? Daar is baie dingetjies wat jy voor moet kyk voordat jy moet besluit watter dier verantwoordelik is.

As jy fotos neem, moet nie net die wond afneem nie, staan bietjie terug sodat 'n mens die hele prentjie kan kry.

Hoop hierdie skrywe gee meer duidelikheid.

Caller 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Hunter xxx

Re: Wat eet so

Post by Hunter xxx »

Fox Driver

Nou wat het gebeur ?? Het jy hom gekry laat my weet as jy sukkel bel ;D ek sal kom help.
Groete
Hunter xxx
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Wat eet so

Post by Raven »

Eier uitvreet is definitief Rooijakkals, ons het dieselfde probleem laas week gehad met groot boerbok ooi, vroegoggend as bokke net veld toe trek, plaas werker saam gestuur die volgende oggend en hy kry 2 jong jakkalse wat sommer in hardloop tussen die bokke. Slagyster is gestel waar hulle deurkom en 1 is gevang, nou is dit weer stil.

Dog ek laat weet julle net gou.

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Wat eet so

Post by DSBW »

Manne

Baie dankie vir al die insette, ek leer elke slag ietsie by. In die spesifieke geval was dit toe 'n rooikat gewees, die volgende dag was die karkas wel gesleep uit die paadjie na 'n sagter gedeelte, kon toe die spoor sny. Ongelukkig het die kat die 4 ysters gemis wat gestel was, omdat die hokkie nie reg gepak was met die lam in nie.

Die been wat gebreek was kan ek net verklaar na gelang van Kobus Scholtz se verklaring, moes gebreek gewees het voor die kat die lam beet gekry het. Wat vreemd is is dat die ingewande definitief gevreet was, en nie net uitgepeul het nie.

Baie dankie vir al die insette.

Dawie
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Wat eet so

Post by Francois Marais »

Dawie

Die ingewande vreet storie: Wat is die moontlikheid dat n Jak die lam, met gebreekte been, gevang en gevreet het. Rooikat kom toe die volgende namiddag/aaand verby, skuif/sleep die lam tot waar hy gemaklik was om te vreet, en dis toe hier waar jy sy spoor kry.

Moontlik?? Weti, wat se die manne wat weet............

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Wat eet so

Post by frinam »

Francois, niks is onmoontlik in moeder natuur nie, maar my bietjie ondervinding is dat rooikatte geen aas eet wat 'n ander roofdier gelos het nie. Rooikatte en jagluiperds is meesters wat vars vang en vars eet, my 2c soos jy altyd noem. Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Wat eet so

Post by DSBW »

Francois/Frikkie

Dit was my eerste gedagte ook, toe ek oppie lam afgekom het, dat dit moet jakkie wees. Die area is hard en rotsagtig, dus is spoorsny 'n probleem, maar ons het nietemin die gebied gefynkam, geen aanduiding van Oom Jakkie nie. Die lammers loop ook in 'n jakkalsproef blok, en daar is geen jakkalse in  die blok nie.

Ek het egter juis die vraag gevra op die forum omdat daar al die vreemde aanduidings op die karkas was wat my laat dink het dit moes iets anders as rooikat wees, maar dit blyk nie die geval te wees nie.

Het egter toe paar nagte later die sondebok gekry, kietsie kat.

Dawie
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Wat eet so

Post by Skolla »

Fox Driver
Bly jy het die bokker gekry.
Kobus
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Wat eet so

Post by Caller »

Fox Driver

Ek maak gewoonlik die ouens op kursusse daarop attend dat hulle dit altyd in die agterkop moet hou dat meer as een roofdier aan 'n karkas kon gevreet het en dat jy dan moet bepaal watter een vir die aanval (vang/doodmaak) verantwoordelik was.

My vermoede in jou geval is dat die kat gevang en gevreet het en jakkie toe kom aas het. Toe jy die karkas ontdek was dit nie duidelik wie die sondebok is nie. Kat se kind het natuurlik teruggekom na sy prooi (wat baiemaal gebeur, veral in die droer Westelike dele van die land) en dit toe probeer wegsleep het na skuiling (duidelike teken van 'n kat).

Normaalweg gebeur dit nie dat kat kom aas op jakkie se oorskied nie. Maar daar is altyd uitsonderings in die natuur. So moet nie verbaas wees as 'n rooikat aas nie. Dit gebeur egter baie selde en die aas moet redelik vars wees. Het laasweek 'n mater gehelp om 'n slagyster te stel vir rooikat, met dooietarentaal (geskiet) as lokmiddel. 'n Kat is na drie dae gevang en die mater beweer die tarentaal is aan gevreet, vermoeddelik deur die rooikat.

Die idee was nie dat die kat die tarentaal sal kom eet nie, maar net om hom nuuskierig te maak en na die yster te lok. Rooikatte sal vrotaas besoek om daarop te rol om sy eie reuk te kamoufleer en nie om die aas te vreet nie. Maar of hy nou wil vreet of wil rol, dit maak nie saak nie, solank hy net naby genoeg kom om in jou yster te beland.

In my kinderdae was dit by ons die gebruik in Namakwaland, wanneer ons 'n rooikatspoor sien, om 'n dassie te skiet en aan 'n bos te hang. 'n Takkraaltjie is gepak en die yster in die bek van die kraaltjie gestel. Ons het menigte rooikat so gevang. Ek kan egter nie onthou dat die katte ooit aan die dassie gevreet het nie, en die dassie het baiemaal al 'n paar dae gehang voordat ons die kat gevang het. Die rooikat wat hierbo na verwys is, is met dieselfde metode gevang, net 'n tarentaal is gebruik.

Jammer ek is dalk al bietjie van die toppic af, maar wou graag meer verduidelik ter inligting.

Groete


Caller
 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Wat eet so

Post by Francois Marais »

Caller

Dankie vir die skrywe, ons is altyd baie geneig om wette vir die natuur te brobeer voorskryf, ma vergeet gereeld van die uitsonderings wat da altyd is.

mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Wat eet so

Post by DSBW »

Caller, baie dankie vir die insette, raad en ondervinding is altyd welkom, so leer ons!

Groete

Dawie
Conrad

Re: Wat eet so

Post by Conrad »

[quote="boeta"]
Naand Manne

Help,lammers se balsakke en ooi lammers se eiers word uit gevreet,lammers word lewendig in die veld gekry of vrek later van hul wonde,daar is ook nie verder bytmerke op die lammers nie en dit is al redelike groot lammers so 15 + kg.

Volgens die boer is daar omtrend 4 jakies.Was daar net voor die 108 trippie maar niks.Was die week een aand weer daar maar weer niks.Moet se die plaas is baie moeilik om te roep baie bos.

Kan dit nie dalk n ratel wees nie.Hoor graag wat julle se

Boeta

Hello Boeta.
Dit is defnetief jong rooijakkalse, soos sommige lede opgemerk het. Ek het so 'n geval op De Aar (Naby Renosterberg) gehad, die aand 4 jong rooijakkalse geskiet, met die probleem dadelik opgelos. Die jakkalse kon nog nie die lammers dood maak nie, hardloop agter hul aan en byt stukke vleis tussen hul agterpote uit.
Conrad
jakkie 735

Re: Wat eet so

Post by jakkie 735 »

Boeta,

Jammer ek het bietjie laat die onderwerp raakgelees.

Ons het 'n paar jaar gelede dieselfde probleem gehad.  Dit was 'n jong reun(wat al alleen loop) jakkals wat net die ramlammers se balsakke gevreet het.  Hy het niks aan die ooi lammers gedoen nie.  Na die reun jakkals doodgemaak was die probleem op 'n einde.


Jakkie 735
Post Reply