Nou is ek happy

Post Reply
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Nou is ek happy

Post by Trevor »

Nou bly die ladings en geweer net soos hy is. Het lank pad gestap om hier te kom soos in my topic http://www.jaracal.co/viewtopic.php?f=105&t=19264 gesien kan word. Nou skiet hy waar ek hom wou hê, groepeer op 100m en 1duim hoog op 100m. Geen ladings en tpl verstellings weer gemaak nie, het net die "recoil lug" se speeling minder gemaak.
http://i1070.photobucket.com/albums/u498/trevor207/2013-03-21133226_zps896eac7d.jpg
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 995
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Nou is ek happy

Post by Kallie Fernhout »

lyk mooi geluk
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Nou is ek happy

Post by Piet Pille »

Lekker Trevor!
En dit nog in die wind ook!
Bly vir jou
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Nou is ek happy

Post by LUAN »

Daarsy nou Trevor. Jy weet natuurlik daai groepie kan nog kleiner. Wat het jy gedoen om die recoil lug? Ek het lekker met myne geskiet by verlede naweek se klub kompetisie. Het op 200m vanaf die houtblok 3 van my 5 skote in n gaatjie bietjie groter as een koeel gat gesit ek kon dit nie glo nie.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Nou is ek happy

Post by Nickvn »

I be over the moon met so n groepie. Baie mooi.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Nou is ek happy

Post by BRNO (Pierre) »

Dit lyk bakgat Trevor. Hoe lyk die ladings in vergelyking met die wat ek vir jou uit QL gegee het?
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Nou is ek happy

Post by Marc »

Mooi gegooi ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: Nou is ek happy

Post by Trevor »

@Pieter, ja die wind was daar en het sonder vlaggies geskiet vandag, het maar op gevoe geskiet as die wind stil voel.
@Luan, moet nou nie weer begin met jou een gat storie nie, jy gaan maak dat ek weer van voor af begin..hehe
@Pierre, ja ek het die lading van 43.5gr weer gebruik waar jy gesê het my node spoed is. Dankie

Ek het wel 3dinge verander
1-Ek het die recoil lug gebed, eintlik net sy speling verminder en is nou tight fit
2-Ek het my N$180 Hawke ringe ag gehaal en met nuwe Thor ringe vervang.
3- ek het my kolf agter gelig vir beter cheeck weld, waar ek altyd onder die scope gekyk het , kyk ek nou direk in hom.

Wat ek Sondag gou op die baan wil kyk is....Ek wil vandag se doppe net neck size in plaas van full size.

MAAAR ek het 'n probleem wat vir my wag...My S335 kruit waarmee ek die groepe gekry het is gister aand klaar en maak more nuwe blik oop met ander lot no. Hoe gaan ek weet wat die verskil gaan wees? ou blik lot693 nuwe blik lot698
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Nou is ek happy

Post by BRNO (Pierre) »

Trevor wrote:Hoe gaan ek weet wat die verskil gaan wees? ou blik lot693 nuwe blik lot698
Meet die spoed.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Nou is ek happy

Post by LUAN »

Ek het van lot 696 na 698 nou en niks het verander. Jy het mos n chrony so jy kan kyk hoe lyk die spoed en jou Es. Ek necksize net maar het eenkeer n paar doppe gefull size en dieselfde lading gegooi en toe druk tekens gekry.
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: Nou is ek happy

Post by Trevor »

Sal spoed kyk sondag, en laat weet. As spoed minder is met selfde lading dan moet ek by gooi om weer daai spoed te kry?
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: Nou is ek happy

Post by Trevor »

Het gisteraand ge-neck size met my fl die. Hoop dit werk!
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: Nou is ek happy

Post by Trevor »

Jy sien die soeke na nog kleiner groeppe is 'n never ending story! Heel bo skryf ek dat ek nou niks gaan verander nie, en gisteraand neck size ek om te kyk of dit kan kleiner....
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Nou is ek happy

Post by LUAN »

Dis net hoe dit is Trevor hoe kan jy gelukkig wees as jy weet dit kan nog beter :D
As jy daai groepie hier bo op 200m kan skiet dan kan jy rustiger word ;)
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: Nou is ek happy

Post by Trevor »

Luan, met my 9x vergroting scope gaan dit maar lol op 200m, maar kan dit altyd probeer en kyk.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Nou is ek happy

Post by LUAN »

Daardie teiken wat jy gebruik is reg vir 200m met 9x vergroting. Ek het net 7x vergroting op my .303 en het mooi geskiet op 200m met hom twee skote was 0.75" uitmekaar.
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: Nou is ek happy

Post by Trevor »

Luan jy wil nou hê ek moet weer sukkel om kleiner te skiet.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Nou is ek happy

Post by LUAN »

Ek gebruik die een vir die laar vergroting scopes werk heel lekker
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Clinton3006
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Wed Jan 16, 2013 9:59 am

Re: Nou is ek happy

Post by Clinton3006 »

Lyk mooi! Maar niks daarmee fout om vir jouself te wil verbeter.
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: Nou is ek happy

Post by Trevor »

Nou net klaar gelaai, ek en Pieter Vorster gaan more oggend 8uur by die baan wees. Wil gou met die chrony kyk of my spoed met die nuwe lot no verskil en wil kyk of my groep kleiner word met die wat ek nou net ge-neck size het. Sal laat weet hoe dit gegaan het!
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: Nou is ek happy

Post by Trevor »

So nee, my groep raak nie kleiner met neck size nie. Die wind was ook niE regtig aan ons kant gewees nie. Keanu(9) het wel met my ladings sonder die neck size gou vir my en Pieter gewys dat my .308 reg is vir jag. Hy het weer op 300m 'n 2lt en 500ml bottels met eerste skoot geskiet en dis goed genoeg vir my!

Pieter, dankie dit was regtig 'n baie lekker oggend en danksy jou staan Sheldon se kop nou sterk na .375 toe! Daai roer van jou skiet bitter lekker!
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Nou is ek happy

Post by Piet Pille »

Trevor wrote:So nee, my groep raak nie kleiner met neck size nie. Die wind was ook niE regtig aan ons kant gewees nie. Keanu(9) het wel met my ladings sonder die neck size gou vir my en Pieter gewys dat my .308 reg is vir jag. Hy het weer op 300m 'n 2lt en 500ml bottels met eerste skoot geskiet en dis goed genoeg vir my!

Pieter, dankie dit was regtig 'n baie lekker oggend en danksy jou staan Sheldon se kop nou sterk na .375 toe! Daai roer van jou skiet bitter lekker!
Dis 'n groot plesier Trevor.

Ek het dit netso geniet! Tyd (koeels) vlieg darem as mens dit geniet. Ek was beindruk met Sheldon se wapen vernuf. Hy't daai geweer van my hanteer soos 'n gesoute jagter en die veldskietposisies het hom gladnie geintimideer nie. En Keanu het weer die ou manne op hulle neuse laat kyk- hy skiet 'n barshou vir 'n 9jarige laaitie!

Laat weet dan maak ons weer so!

Groete
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Nou is ek happy

Post by Smiley »

Mooi gedoen, bly maar lekker as jou wapen gesels waar jy tevrede is. Daar is darem min terapie soos om te gaan skiet, mens vergeet van alles, kop is mooi skoon as jy daar wegry.
Post Reply