More almal
Kan julle my asb adviseer t.o.v ladings om te probeer in my 7x57 Mauser. Ek weet dat een man se lading dalk nie gaan werk vir die volgende een sn nie maar as ek net n' idee kan kry van waar om te begin sal dit waardeer word. Ek wil tipies my geweer gebruik om medium grootte wild.
Ander vraag wag ek het. Hoe "geskik" is n' 7x57 op groter wild soos blouwildebeeste en koedoes?
Dankie byvoorbaat.
Groete
Johan
Help asb met 7x57 Mauser
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Help asb met 7x57 Mauser
Johank
Daardie enjin wat jy het maak 'n BWB en 'n koedoe plat, my maat.
Om vir jou 'n lading te gee, is nie so maklik nie want spesifikasies van gewere verskil so baie. As ek jou nou goeie raad kan gee, "search" QL (Quick Load) hier op die forum. Kry die gegewens i.v.m. met jou geweer wat hulle vereis, en hier is gawe manne wat ir jou 'n lading gaan uitwerk vir jou spesifieke geweer. Driepoot het myne gedoen, waarvoor ek nou nog dankbaar is.
Ek het goeie resultate gekry met die volgende:
Koeel: 162 gr Hornady Interlock BTSP
Lading: 45 gr S365
Spoed: 2364 vps
TPL: 81.2 mm
Maar dit is vir my 7x57 gewees. Jy mag ander koeels gebruik, jou looplengte mag verskil, jou TPL mag verskil, jou loop se "twist" mag verskil, ens.
Groetnis
P.W.V.

Hardekool
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Sat Jun 30, 2012 11:07 am
Re: Help asb met 7x57 Mauser
Hi Johan. Ek kry goeie groeperings met die volgende:
Hornady interbonds 154 gr
CCI 250 primers
42.5gr S355
Ek gebruik dan die goedkoper Hornady SST in 154 gr op die baan.
Groete
Hornady interbonds 154 gr
CCI 250 primers
42.5gr S355
Ek gebruik dan die goedkoper Hornady SST in 154 gr op die baan.
Groete