Middag Manne,
Ek soek asb raad.
My liksens is uiteindelik goedgekeur vir my Winchester Model 70 270 sporter (nou is ek darem so opgewonde ek wil vrek).
Ek sal graag n KD wil opsit MAAR ek het nou al die reviews gelees oor beide die terminator KD en ook die Silent Hunter KD en beide lyk vir my baie goed.
Ek het die naweek met n man se 25-06 geskiet wat n silencer by Henk laat maak het en ek moet se hy werk mooi. Ek het nog nie met n Terminator geskiet nie maar hulle lyk net so bakgat. Wat maak n man nou ?
Dit sal lekker wees as iemand dalk al een op DIE spesifieke geweer gesit het wat kan raad gee ??
Ek wil nie die 2 opweeg teen mekaar op die forum nie ek wil net raad he met my spesifieke kaliber as iemand dalk het.
Altwee lyk vir my baie smart!
Dankie
Jamma
Keuse van KD vir 270
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Keuse van KD vir 270
Ag nee Jamma man, daai 25-06 is net 'n 270 wat afgenek is. As hy werk op hom gaan hy loop op joune. ;-)
-
Jamma
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am
Re: Keuse van KD vir 270
Ai man ek is maar doen met die goed, ek soek maar raad waar ek kan !!
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Keuse van KD vir 270
Kyk na gewig en grootte van dempers.
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Keuse van KD vir 270
Jamma,
Ek neem aan jy het met Willie se Musgrave geskiet?
Hou net in gedagte dat daardie 'n Reflex kd is. Jou gewig en balans gaan heeltemal anders wees as jy die gewone kd op sit, hetsy myne of terminator. Reflex werk wel baie lekker op die groter kalibers weens die gewig, balans en lengte.
Kontak vir Sakkie Rust hier op die forum, hy het een van elke vervaardiger vir sy 270 en Fanie Nel ook, behalwe Fanie gebruik die Buddy in plaas van die langer gewone kd.
Groete,
Henk

CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
-
Jamma
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am
Re: Keuse van KD vir 270
Middag Henk,
Nee dit was nie Willie se Musgrave nie. CP vd Merwe wat hier in die Koue Bokkeveld bly het die Reflex KD by jou laat maak vir sy 25-06.
Ek moet se ek is baie beindruk met hom hy lyk mooi en dit lyk of hy baie goed werk ook. Sal jy die reflex tipe vir die 270 aanbeveel ?
Ons het hoeka gister n mooi bobjaan die ewigheid ingestuur met die nommer !
Dankie vir die raad.
Jamma
Nee dit was nie Willie se Musgrave nie. CP vd Merwe wat hier in die Koue Bokkeveld bly het die Reflex KD by jou laat maak vir sy 25-06.
Ek moet se ek is baie beindruk met hom hy lyk mooi en dit lyk of hy baie goed werk ook. Sal jy die reflex tipe vir die 270 aanbeveel ?
Ons het hoeka gister n mooi bobjaan die ewigheid ingestuur met die nommer !
Dankie vir die raad.
Jamma
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Keuse van KD vir 270
Jamma,
Het alweer vergeet CP is ook van daar af.
Die Reflex sal ek beslis aanbeveel vir die 270. Die gewone kd se lengte is 210mm en dit is dan ook basies hoeveel jou wapen verleng. Die Reflex se lengte is 230mm, waarvan 80mm terugskuif, soos jy wel weet. Dit maak jou wapen baie meer beweeglik met die kd en help dan ook heelwat vir die balans.
Die Reflex help dan ook heelwat vir die gewere met redelike dun lope.
Groete,
Henk
Het alweer vergeet CP is ook van daar af.
Die Reflex sal ek beslis aanbeveel vir die 270. Die gewone kd se lengte is 210mm en dit is dan ook basies hoeveel jou wapen verleng. Die Reflex se lengte is 230mm, waarvan 80mm terugskuif, soos jy wel weet. Dit maak jou wapen baie meer beweeglik met die kd en help dan ook heelwat vir die balans.
Die Reflex help dan ook heelwat vir die gewere met redelike dun lope.
Groete,
Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 827
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Re: Keuse van KD vir 270
More Silent hunting,
Ek het ook 'n 270 wat nog iewers 'n silencer moet kry. Die Reflex silencer wat jy maak, klink vir my na die ideale een wat ek soek. Wat is hulle prys en watse tipe draad moet ek my geweer laat sny?
Groete
Ockert
Ek het ook 'n 270 wat nog iewers 'n silencer moet kry. Die Reflex silencer wat jy maak, klink vir my na die ideale een wat ek soek. Wat is hulle prys en watse tipe draad moet ek my geweer laat sny?
Groete
Ockert
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Keuse van KD vir 270
Ockert,
Die Reflex se prys is R1400 + R68 posgeld.
Die loop dikte sal bepaal wat die skroefdraad spec gaan wees. Meet die loop dikte voor by die kroon en mail my sommer die mate dan maak ons plan.