Begin lading vir 40gr vmax in 22-250

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Begin lading vir 40gr vmax in 22-250

Post by Kalahari »

Hallo almal

Ek is besig om my gewere se ladings bietjie na te gaan en op te skerp en wil dan info gebruik en QL die nodespoed vir my laat voorspel.
Ek skiet huidiglik 50gr nosler bt in 22-250 en is heel tevrede, maar sit met paar 40gr vmaxe wat ek nie in 223 kan laat werk nie en wil die nou in die 22-250 toets en lekker speel/varmint lading probeer kry.

Kan iemand dalk help met 'n beginlading vir die 40gr vmax asb? Ek laai 33.5gr S335 vir +- 3700fps op die 50gr noslers. Kan ek op daardie lading begin of wat sal julle voorstel?
Ek wil die spoedlesings dan vir QL gebruik.

Baie dankie
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Begin lading vir 40gr vmax in 22-250

Post by Francois Marais »

Johan

Jy kan so werk ja, gebruik jou 50gr lading am spoed te skiet op die 40gr, dink jy gaan ook sommer baie naby daar een kry wat werk, dalk so n .5-.8gr meer....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Begin lading vir 40gr vmax in 22-250

Post by Kalahari »

Dankie Francois

Ek gaan so maak. As ek nie met hulle regkom in die 22.250 nie gaan ek nog eenkeer in die 223 probeer, want ek het die eerste keer op hoorsê gegaan met 'n lengte van 24" loop op die 223, maar die lengte toe self gemeet en die is toe 25.5". So ek glo die 40gr MOET kan werk. As ek dan nog niks regkry nie gesels ek met jou oor die 40gr koelle.
Ek sal iewers vorentoe jou valley weer besoek.

Groete
Johan
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Begin lading vir 40gr vmax in 22-250

Post by Francois Marais »

Johan

Hulle moet iewers werk, jong as jy eers daai ligte koeeltjies verstaan, wil jy nie sommer weer die ander goete skiet nie.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply