Begin lading vir .308
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Begin lading vir .308
Die 26 duim loop sal help maar jy kan dalk net 'n knap kamer he, kyk maar mooi na jou slagdoppies, die spoed in die boekkie is waarna jy moet mik
- Trevor
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm
Re: Begin lading vir .308
Geen snaakse primers of enige ander tekens van druk nie.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Begin lading vir .308
Jy moet darem so bietjie meer spoed kry as in die boekie met die langer loop en miskien het S335 nog beter geword. Ek het al 44.5 gelaai sonder druk tekens maar toe was die tpl langer. Laat weet as jy weer n misfire kry dis dalk nie die primer.
- Trevor
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm
Re: Begin lading vir .308
Luan, hoekom sê jy so van die misfire?
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Begin lading vir .308
More Trevor
Jy is 100% reg met die 43,5gr S335. Dit is so naby aan die node wat ek vir jou gegee het soos demmit aan n vloek woord. Jy het ook nou sommer reeds met die TPL gespeel, en gesien wat die effek daarvan op n groep lading kan he. Wat ek sou doen, is om die beste een van die TPL'e wat jy reeds getoets het, te bevestig, en dan kan jy in kleiner inkremente jou TPL aanpas, om n baie akurate lading wat altyd (hopelik) sal werk in jou geweer te kry.
Om jou ander vrae te antwoord soos ek weet. n 26duim loop maak volgens QL n 100ft/s verskil in spoed op jou lading. Dit is juis hoekom ek van die begin af gese het, dit sou nn skande wees as jy 2700ft/s uit n 26" loop skiet.
Ek het n ondervinding van 2/3 misfires gehad, toe maak ek my slot oop, en haal twee stukkies terug geblaaste primers daaruit, en einde van die probleem. Dus is Luan reg dat dit nie noodwendig die slagdoppie is nie.

Veiligheid eerste manne!
- Trevor
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm
Re: Begin lading vir .308
Dankie vir die verduideliking Pierre. Ek is nou oppad baan toe, terwyl dit koel is met 'n geweer vol locktite. As iets nou weer fout gaan dan weet ek nie meer nie.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Begin lading vir .308
Ek kan jou net sien vanmore. Geniet dit, en kom wys hoe skiet die roer.
Veiligheid eerste manne!
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Begin lading vir .308
Die geweer se slot word nie vas genoeg gedraai nie. Ek het ook elke 40 rondtes of so 1 of 2 misfires gehad. Gedink dit was die primers of dat ek hulle te hard seat totdat ek die slot opgemaak het en weer vasgeskroef het. Hy het net daai 1 of 2 ekstra draaie nodig gehad ek het nog nooit weer n misfire gehad.
- Trevor
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm
Re: Begin lading vir .308
Dankie Luan, sal dit onthou.
Dankie vr julle almal se hulp, tyd en raad, hierdie Marlin skiet nou soos hy moet! Sy daaglikse dieet sal nou uit 43.5gr S335, 150gr Hornady Interlock BTSP bestaan,met TPL 71 vir nagereg.
Dankie vr julle almal se hulp, tyd en raad, hierdie Marlin skiet nou soos hy moet! Sy daaglikse dieet sal nou uit 43.5gr S335, 150gr Hornady Interlock BTSP bestaan,met TPL 71 vir nagereg.
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Begin lading vir .308
Noutoe Trevor , Wys dan vir ons wat het hy gemaak!
Groetnis
Groetnis
- Trevor
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm
Re: Begin lading vir .308
Kry nie fotos gelaai van my foon af nie. Laptop by die huis. Hy skiet nou mooi, nou met ek net my kant bring en nie altyd die eerste skoot trek nie. Het ook vandag sonder enige fancy stands en rests soos altyd geskiet nie. Wou kyk wat maak die geweer en het bank sakke met rys gevat. Sal seker beter wees op 'n rest maar dis nie wat ek wou sien nie. Post vanaand fotos. Dis cool om te sien hoe jou groep groter raak net met tpl !
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Begin lading vir .308
Ja dis ongelooflik hoe fein instrument n geweer is. n 0.3 of selfs 0.2mm verstelling aan tpl kan n R5 groep in n 10c groep verander.
- Trevor
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm
Re: Begin lading vir .308
Sorry het al vergeet van die fotos!
Hier is foto van my nuwe groep op 100m en die ander twee fotos is om te wys hoe ek groeppeer het met die los scope mount wat ek nie gesien het nie en die een met die scope mount wat vas is. Altwee teikens het die selfde hoeveelheid koeel gate. Dis shocking wat 'n los skroefie kan maak.
Ek begin Saterdag om my geweer te bed en free float!
http://i1070.photobucket.com/albums/u498/trevor207/1_zps391f7f50.jpg
http://i1070.photobucket.com/albums/u498/trevor207/6_zps28fb21ef.jpg
http://i1070.photobucket.com/albums/u498/trevor207/5_zps19d8972f.jpg
Hier is foto van my nuwe groep op 100m en die ander twee fotos is om te wys hoe ek groeppeer het met die los scope mount wat ek nie gesien het nie en die een met die scope mount wat vas is. Altwee teikens het die selfde hoeveelheid koeel gate. Dis shocking wat 'n los skroefie kan maak.
Ek begin Saterdag om my geweer te bed en free float!
http://i1070.photobucket.com/albums/u498/trevor207/1_zps391f7f50.jpg
http://i1070.photobucket.com/albums/u498/trevor207/6_zps28fb21ef.jpg
http://i1070.photobucket.com/albums/u498/trevor207/5_zps19d8972f.jpg
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Begin lading vir .308
Ja Trevor, daai los skroefies kan n blikskottel wees. Sterkte met die gepakkery en free float van die loop!
Veiligheid eerste manne!
- Trevor
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm
Re: Begin lading vir .308
303/Luan, jy het nie dalk foto van hoe jou Marlin gebed is nie. Wil net sien en sekerheid hê oor hoe hulle hom gebed het voor ek myne self begin asb?
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Begin lading vir .308
Ou Trevor ek het sommer my eie bedding jobbie gedoen. Het eers die loop kanaal uitgeskuur om die loop behoorlik te freefloat. Jy kan skuurpapier om n besemstok draai dit werk. Dan vir die bedding het ek Eperdermix 372 gebruik en hom vanaf die recoil lug tot agter die magasynkas gebed. Gebruik politoer as release agent. Jy moet ook tape om die loop draai op n sekere plek om hom die regte hoogte te hou en freefloat.
- Trevor
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm
Re: Begin lading vir .308
Luan en waar is die regte plek op die loop? Het jy jou bestaande pillars ook geskuur om hulle laer te kry of het jy net so op hulle gebed?
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
- Trevor
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm
Re: Begin lading vir .308
Luan was dit moeilik en wat is die kans dat ek dit kan opneuk? Hoe diep is jou inletting gedoen? Het jy die vol bedding gedoen of het jy daar waar die magesyn in pas oop gelos en net voor by die recoil en by agterste skroef gebed?
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Begin lading vir .308
Ek was nie lus om die sneller uit te haal en myself probleme te gee nie. So ek het nie die hele aksie gebed nie, net tot agterkant van magasyn kas. Ek het ook nie inletting gedoen nie wou eintlik net om die recoil lug bedding sit om die speling weg te vat daar was n redelike groot spasie. As jy n dremel tool kan kry om die inletting te doen sal dit beter wees. My bedding is nie so dik orals maar ek glo hys hard en vas waar dit saakmaak. En dis net n plastiek kolf, ek sal as ek ooit eendag my boyds laminate kolf kry die pillars en die hele storie behoorlik doen. Maar vir nou is ek gelukkig. Gaan kyk op youtube vir bedding videos dan is word jy sommer n expert in die gebied
Maak net seker jy sit politoer orals en doen dit 2 keer, want as hy vasit wil ek nie daarvan weet. Kry ook vir jou speel kly/plumbers putty/prestik om al die gate en plekke toe te maak wat jy nie wil he bedding moet in loop nie.
- Trevor
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm
Re: Begin lading vir .308
Dankie, sal laat weet as ek die guts bymekaar gemaak het om te begin.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Begin lading vir .308
Trevor
My 7.62 is net so lief vir 42.5gr S335 en 150gr Nosler BT's. TPL is 72.7 en uit die 26' loop sny die gate op 100m.
Die geweer is op hierdie stadium beter as sy bewerige operator
Raak al hoe liewer vir die 308. Smaak my ek moet die 243 verkoop.
Mooiloop!
Hein M