270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post Reply
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by Jamma »

More Manne,

Ek het n jag vasgemaak vir Junie om my eerste gemsbok in Upington se wereld te gaan skiet. Ek weet n Kudu word gemaklik met die 270 geskiet as die skootplasing reg is maar kan ek asb raad vra oor Gemsbok skiet met die 270.
Die manne daarbo praat van afstande van 200m van die bakkie af. Ek is nou nie n kopskoot man op 200m van n bakkie af nie so watter punte kan n man gebruik om n gemsbok op daai afstand agter die blad te skiet of is dit bietjie moeilik soek om n bladskoot op daai afstand met die 270 te waag.

Dankie vir die raad.

Jamma
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13649
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by Geno »

Barnes TSX 130gr.
Goed, beter, 6millimeter!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by Jean Marais »

Jamma

Nosler se 140gr Accubond sal die bokkie net daar laat val met 'n goeie skootplasing.

Hornady se 150gr Interbond is ook 'n baie goeie keuse.

En as jy monolities wil gaan, Barnes X in 130gr of Hornady GMX ook 130gr

Lekker skiet

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by Jamma »

Dankie vir al die raad!

Ek sal bietjie S&O toe moet gaan en gaan shop!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by Chevvy SS »

Gemsbok is van die taaiste manne as skootplasing nie 100% is nie.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by FHM »

Jamma,

die manne het reeds die feite neergele vir jou as raad. Wil net noem dat ek baie-baie Gemmies al laat bakkie ry het met die 270 met standaard 150 gr PMP Pro-Ams, Skootplasing hart/long area is kardinaal en n besliste vereiste. Nou moet ek ook noem die afstande was maar tot so 120 m maks. Vir jy wat verder gaan skiet - kry maar die pille wat veral Ludwig aanbeveel ;)

Lekker jag maat
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by Jamma »

Ek gaan kyk wat ek in die hande kan kry. Ek moet maar net self laai want magtig patrone raak darem nou vrek duur!

Groete
Jamma
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by Jamma »

Ek hoor daai perde is so taai soos ratels! Ek sal my bes probeer om hom reg te skiet maar soos jy se dis darem wragtig bad luck as n man dink dis op die nommer geplaas maar hy wil nie val nie! Maar dis maar wat jag ook lekker maak, dis maar onvoorspelbaar en daar is baie faktore om in ag te neem. As dit maklik was sou dit ook maar boring gewees het!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by Chevvy SS »

Ek so vir 150g minimum gaan. En kyk hier op die forum waar sit die vitals vir skootplasing.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by Jean Marais »

Jamma

Hier is vir jou 'n mooi video wat jou lekker gaan lusmaak. Ek weet netnie of die Kalahari tans so mooi lyk nie.


Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
bokkoors
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Fri Mar 08, 2013 9:18 am

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by bokkoors »

Dag manne ek wil nie hier kom slim klink nie want ek is maar nuwe lid hier. ek het egter al heelwat in daai rooiduine geskiet. my eerste gemsbok was met pmp winkel patrone en dit het die ding gedoen. my tweede een het ek sy enjinkamer en sy vitals met omtrent 5cm gemis.
die res van die dag se jag was verby want dit was laat, baie laat voor hy op die bakkie was.
as hulle die duin-straat oorsteek is hulle genyg om teen die volgende helling vas te steek en terug te kyk, maar jy het net so 3 sekondes dan gaan hulle weer en as hulle weer koue lug in hul neuse gekry het anderkant dan gaan jy n lang dag he.
oefen maar die lang skote en ken jou geweer.
mooi loop
.22 Hornet
.243 Sako
.270 Howa
.308 Sako
9X57 Oberndorf Mauser
.375 H&H Winchester Mod 70 Pre '64

b]"Never leave an enemy behind or it will rise again to fly at your throat... "[/b]
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by Roger »

Ek het begin van die jaar vir die eerste keer met n .270 met 130gr ProAmm rondtes geskiet. Fantastiese kaliber. As ek nie reeds n .308 gehad het nie, het ek hom oorweeg.

200m met n .270 is baie maklik. Hulle skiet lekker plat.

Roger!
Too many to mention ;-)
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by Piet Pille »

Premium koeels met die .270 penetreer baie mooi en gaan baiekeer dwarsdeur 'n gemsbok. Ek gebruik tans 150gr Rhino Solid Shanks, maar 130gr premium koeels sal ook mooi werk.

Maar ek het al gekwes ook! Met skootplasing wat na my mening 'n koedoe sou anker.... Hulle is taai donnors! Pasop veral vir kopskote. Ek het eenkeer 'n gemsbok net-net onder die oë deurgeskiet (m.a.w. dwars en effens laag) en hyt nie eers geval nie, net in die rondte gemaal en pad gevat. Ek moes daai dag ver stap voor ek hom kon kry! Nie lekker nie.

Skiet eerder laag en op die blad as te ver agter die blad. Die premium koeels mors nie so baie vleis nie. Self met lewer skote gaan 'n gemsbok partykeer 'n hele end. As jy die bladbeen/femur tref is sy handbriek op, alhoewel jy sal meer vleis verloor ongelukkig.

'n Mooi lae long/hartskoot maak sy battery egter gou-gou pap!

Geniet dit!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by FHM »

Om aan te sluit by Pieter / Bokkoors en Ludwig, kom ek gee jou n voorbeeld van n Gemsbok se 'magiese taaiheid'

Skiet een laasjaar in Dordabis se wereld so op 130 meter met my 30-06 en 180 gr A-frames, presies op die hotspot, laag agter die blad so hand en n half op. Daar steir daai bul soos n hings op sy agterpote (iets wat ek baie min by Gemsbok al gesien het) en daar trek hy, ek dog my liewwe donnr dis onmoontlik!!! ek WEET ek het hom n doodskoot gegee - SEKER daarvan! Ek sit en wag - hy moet val-hy moet net val, en toe hoor ek hom ploeg. Wag nog so paar minute en vat spoor - baie-bloed, rooi - nie pienk - so ek weet ek het hom. Kry hom morsdood, ek het afgemeet met triee vanwaar hy die skoot ontvang en weggespring het tot waar hy loop neerslaan het - 138 tree. By die plaas toe ons afslag is daai Gemsbok se hart onherkenbaar aan flarde - eerlikwaar jy konnie dit uitmaak as n hart nie - flenters! Daai bok het ongeveer nog 130 meter gehardloop sonder n hart! Dis Gemsbok daai - verwag die onverwagte! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by Chevvy SS »

Demmit, stunning video!
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by Piet Pille »

Chevvy SS wrote:Demmit, stunning video!
Stem saam. hoedervleis en hartklop clip daardie!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by Jean Marais »

Ai kêrels, hoekom is brandstof so duur en Namibië so ver :'( :'( :'( :'(
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by Carl »

Nou praat jy Jean dis n komplot van die regering om ons weg te hou.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3973
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by tau »

Pieter Vorster wrote:Premium koeels met die .270 penetreer baie mooi en gaan baiekeer dwarsdeur 'n gemsbok. Ek gebruik tans 150gr Rhino Solid Shanks, maar 130gr premium koeels sal ook mooi werk.

Maar ek het al gekwes ook! Met skootplasing wat na my mening 'n koedoe sou anker.... Hulle is taai donnors! Pasop veral vir kopskote. Ek het eenkeer 'n gemsbok net-net onder die oë deurgeskiet (m.a.w. dwars en effens laag) en hyt nie eers geval nie, net in die rondte gemaal en pad gevat. Ek moes daai dag ver stap voor ek hom kon kry! Nie lekker nie.

Skiet eerder laag en op die blad as te ver agter die blad. Die premium koeels mors nie so baie vleis nie. Self met lewer skote gaan 'n gemsbok partykeer 'n hele end. As jy die bladbeen/femur tref is sy handbriek op, alhoewel jy sal meer vleis verloor ongelukkig.

'n Mooi lae long/hartskoot maak sy battery egter gou-gou pap!

Geniet dit!
My ouers is van SWA en ek het al my eerste jagte daar gedoen. My pa het altyd gese jy skiet hom nie in sy kop nie, want sy radiator is daar jy skiet dan net meer luggate vir hom wat hom beter afkoel as hy hol. So het ons altyd net engine kamer skiet lekker laag net agter die voorbeen. Baie bokke sien ek hoe hol hulle en dan flatout besef sy organe hy is eintlik dood en colaps.

So gaan jag ons Elande in die Noorde van Namibie en my sister se verloofde gaan saam ons dink nie hy kan rerig jag of sulke dinge nie en op dag 3 laat ons hom agter by die huis saam met die vroumense. Laat aand by die huis aankom sonder ons Elande lekker gatvol hang daar 'n bok aan die slagkamer se haak!!!! Ek besef ons en die boer is weg met al die gewere wat saak maak. ..... Hy en die boer se dogter besluit toe hulle gaan 'n bok skiet Gemsbok was die eerste en hy besluit tussen die oe soos in die movies sal moet doen. Hy skiet daai bok tussen die oe met Berger 88gr bok val net daar en hy is moers trots. Hoe is daai vir jou eerste bok oooit.

Ek sou se kyk na daai kiekies van die bokke wat jy sy hart kan sien. Ek het self met 'n .375 H&H en 260gr Nosler Partitions 'n gemsbok te hoog en terug geskiet en die hart gemis , maar albei longe verpletter. Daai bok het ver genoeg gehardloop dat ek 3 ure later met honde eers die bok kon opspoor. Nie baie ver weg nie, maar net genoeg woema om jou te laat soek. in die duine op die bakkie is dit darem nie te gevaarlik nie.

Geniet dit en oefen daai 200m skote. Skiet gonge dit raak later makliker.
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: 270 Winchester vs Upington Gemsbok

Post by Jamma »

Ek gaan verseker oefen! My liksens is verlede week goedgekeur so ek wag net vir die kaartjie dan gan daar lood gegooi word.

Dankie vir die raad !
Post Reply