recoil
-
GIDO
- Jr. Member

- Posts: 63
- Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am
Re: recoil
middag roger
die knaldemper werk glo,hoor ek by almal.hy skop lekker ne!
groetenis

- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: recoil
Ek het so gehoor, wil probeer om nie een op te sit nie. So ek hoop die kwik buis sal werk.
Wat van n Pachmyer Decelleration pad? (spelling :-/)

Too many to mention ;-)
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: recoil
Verander die kaiber 
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: recoil
NEEEEE !!! Nooit nie.G-force wrote:Verander die kaiber
Die skop pla nie fisies nie, maar ek sukkel met my groepe en teen R815 / 20 rondtes wil n ou nie te veel sukkel nie..
Too many to mention ;-)
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: recoil
Kwik staaf en decellerator werk, gaan jou omtrent R1500.00 terugsit, maar moet nie wonderwerke verwag nie....
Mooi loop
Francois
Mooi loop
Francois
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: recoil
Ek wil net my groepe verbeter.
Geweersmid vra my R850 vir kwik staaf. Weetie wat prys die pad nie.
Dankie almal.
Geweersmid vra my R850 vir kwik staaf. Weetie wat prys die pad nie.
Dankie almal.
Too many to mention ;-)
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: recoil
Roger
Ek aanvaar jy het die Hogue sintetiese kolf.
Skroef die skopkussing (recoil pad) agter af - maak ster skroewedraaier nat met bietjie olie en steek dit in die twee gaatjies in en draai skroewe uit.
Die kolf is hol.
Vul die kolf met skoon sand (swembadfilter of speelsand), gelykvol sodat die skopkussing alle speling van die sand opneem.
Skroef die skopkussig terug.
Gaan skiet nou weer en voel of die skop beter is en of die balans nog reg is. As die effek nie genoeg of na smaak is nie, sit 'n paar lood koeëls eerste in en gooi dan die sand in.
Hierdie is 'n eenvoudige goedkoop metode om 'n toets te doen, en dit gaan na alle waarskynlikheid klaar beter werk as die kwikbuis. Weeg die sand dan kry jy 'n idee hoeveel gewig nodig is om die geweer te kalmeer.
Jy kan dan later 'n meer permanente verandering doen soos om loodkoeëls en silikoon in die kolf te plaas.
Die toevoeging van 500 gram massa gaan klaar die geweer baie kalmeer.

Pad afgehaal. Kon nie my oe glo nie. Gaan verseker iets doen daar.
Too many to mention ;-)
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: recoil
Kry vir jou n 450Rigby. Hy laat n man sommer vinnig besef n 375Ruger is n rooibok-geweer hahahaha
Ek ruil my 375Ruger vir niks in die wereld nie, en ek moet met alle eerlikheid se, die Alaskan soos wat ek het se recoil kan nie eers vergelyk word met die HOWA nie, dai HOWA skop baie meer. Dit moet met die Ruger se gewig te doen he (aksie en loop is BAIE frisser) so Hercules se plan klink na n wenner.
Groete en geniet die geweer, hy is n YSTER
Ek ruil my 375Ruger vir niks in die wereld nie, en ek moet met alle eerlikheid se, die Alaskan soos wat ek het se recoil kan nie eers vergelyk word met die HOWA nie, dai HOWA skop baie meer. Dit moet met die Ruger se gewig te doen he (aksie en loop is BAIE frisser) so Hercules se plan klink na n wenner.
Groete en geniet die geweer, hy is n YSTER
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: recoil
Dankie Stefan.
Hoe beskikbaar is die Hogue stock? As ek met die een peuter en ek dnner hom op, gaan ek sukkel om weer een te kry?
Hoe beskikbaar is die Hogue stock? As ek met die een peuter en ek dnner hom op, gaan ek sukkel om weer een te kry?
Too many to mention ;-)
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: recoil
Ek het n hout kolf op myne maar Piet Breedt stel belang in hom want ek gaan hom af haal. Ander kolf klaar gekoop vir hom.
AS Piet nie meer belang stel gaan hy op die " for sale " items gaan.
AS Piet nie meer belang stel gaan hy op die " for sale " items gaan.
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: recoil
Sista foam (expanding foam) of silicone met 500gram lood gewiggies in?
Roger!
Roger!
Too many to mention ;-)
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: recoil
Wat dink julle?Roger wrote:Sista foam (expanding foam) of silicone met 500gram lood gewiggies in?
Roger!
Too many to mention ;-)
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: recoil
Roger, as dit jy is wat my n pm gestuur het, jammer ek kan nie oop maak nie. dit gee my error message.
Sal jou laat weet as Piet nie belang stel. ek gaan hom op sit oop vir offers?
Sal jou laat weet as Piet nie belang stel. ek gaan hom op sit oop vir offers?
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: recoil
Nee ekt nie gePM nie.grumpy wrote:Roger, as dit jy is wat my n pm gestuur het, jammer ek kan nie oop maak nie. dit gee my error message.
Sal jou laat weet as Piet nie belang stel. ek gaan hom op sit oop vir offers?
Laat weet maar, ek stel belang.
Too many to mention ;-)
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: recoil
Het al op vorige plasings genoem dat jy moet keer dat 'n geweer jou eers seermaak voor jy begin om voorsorgmaatreëls te tref om die skop te verminder. Ek vat 'n lap of handdoek en sit dit tussen die kolf en my skouer. Nou kry ek nie seer nie en ek flinch nie wanneer ek van die bank skiet nie.
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: recoil
Tripod,
Ek het my 30-06 n Thumbstock op al vir die laaste 12 jaar + en die kolf was pasmaak vir my gedoen. Dit het my daai tyd R3500 gekos en nou vra hy tussen 7en 9k vir n kolf. Ek is so gewoond aan die kolf en het nou n Thumbstock vir die 375 ook. Dis die rede dat ek van die gewone kolf ontslae gaan raak.
Die 375 het nog nie een skoot deur hom nie en die kolf is splinternuut. As ek die geweer kry kom die kolf dadelik af. die geweer sal gefreefloat wees met net die aksie wat gebed sal wees. Ek het gedink ipv n kwikstaaf om n mooi gat agter in te laat boor en net lood te gooi om dit bietjie swaarder te maak. Dis tog die idee van n kwikstaaf om die agterkant swaarder te maak wat die skop sal breek.
Help my reg as ek verkeerd is asb. Dit is maar net hoe ek dink dit sou werk.
Dankie.

Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: recoil
Hey Grumpy
Hoe gaan dit daar. Hoop jy gaan daai .375R baie geniet. Ek geniet my HH baie,ek het net 'n beter recoil pad op gesit. Die limb saver,ek dink nie daar is beter as die limb saver nie. Die kwikstaaf is 'n groot positief werk baie lekker ,dit is nie net die staaf se gewig nie maar ook sy binne werking. Die spoel van die kwik binne in die staaf Ek het een in my .300 WM en hy maak 'n groot verskil Hy werk amper soos 'n kinetic bullet puller as jy hom slaan en hy stop dan wil die binnekant nog voorentoe beweeg. As die geweer agtertoe skop dan beweeg die kwik binne in die buis voorentoe,en op die manier werk hy die terugskop tee,en nie net met sy gewig nie
Google bietjie MERCURY RECOIL SUPPRESSOR
The MERCURY RECOIL SUPPRESSOR is your best buy in recoil reduction.
All recoil reduction systems use the inertia principle of moving a mass of weight within the gun to slow down and offset part of the apparent recoil. Most devices sold contain two springs and a lead or steel weight. Some claim to have hydraulic action, but are really just spring-weight units filled with oil.
The MERCURY RECOIL SUPPRESSOR works on a different principle . . . the moveable weight is liquid mercury, free to react instantly when the gun is fired.
Here's why it's your BEST BUY in recoil reduction . . .
IT WORKS: Practical size limits spring-weight systems to using small moveable weights. The use of mercury allows us to increase the weight within the MERCURY RECOIL SUPPRESSOR while keeping overall size and weight within reasonable limits. For example, our shotgun stock model contains six ounces of liquid mercury . . . up to TWO TIMES the moveable weight in spring-weight units!
Groete Gerhardt
Geniet hom

My redenasie gaan rondom bankskiet wanneer jy ladings ontwikkel en instel. Hier maak die groter manne jou seer. Los die macho en gebruik ander hulpmiddels om die seerkry weg te vat.grumpy wrote:Tripod,
Ek het my 30-06 n Thumbstock op al vir die laaste 12 jaar + en die kolf was pasmaak vir my gedoen. Dit het my daai tyd R3500 gekos en nou vra hy tussen 7en 9k vir n kolf. Ek is so gewoond aan die kolf en het nou n Thumbstock vir die 375 ook. Dis die rede dat ek van die gewone kolf ontslae gaan raak.
Die 375 het nog nie een skoot deur hom nie en die kolf is splinternuut. As ek die geweer kry kom die kolf dadelik af. die geweer sal gefreefloat wees met net die aksie wat gebed sal wees. Ek het gedink ipv n kwikstaaf om n mooi gat agter in te laat boor en net lood te gooi om dit bietjie swaarder te maak. Dis tog die idee van n kwikstaaf om die agterkant swaarder te maak wat die skop sal breek.
Help my reg as ek verkeerd is asb. Dit is maar net hoe ek dink dit sou werk.
Dankie.
'n Swaar kaliber geweer is bedoel vir vinnig skiet en moet dus nie so swaar word dat dit sy hantering negatief beinvloed nie. Ek het Pachmayr Decellerator aangesit en dit vat 'n groot deel van die byt weg as mens uit veldposisies skiet.
Weet "limb saver" is ander goeie maak en daar is ook moffie skouerbeskermers wat amper soos 'n bra aantrek. Keer vir die seer op di bank en verhoed die "flinch". In die jagveld kom ek selde agter dat die 375 harder as die ander gewere stamp. Die Ruger 30-06 is baie lig en kan nogal 'n parmantige kêrel wees. Vir hom sit ek maar ook iets teen my skouer wanneer ek bankskiet.
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: recoil
Vlakvark!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Bly om te sien jy is terug maat. Jis ons het jou gemis!! Hoop ons sien jou nou gereel en ons kan lekker chat. " My partner in crime"
Dis is nou een moerse verrassing wat ek baie bly is oor.
Ek het n Pachmyr decelerator recoil pad om op te sit maar gaan die limbsaver beter wees? Watter een van die 2 is die beste?
ek kan n kwikstaaf kry vir R 600 en een vir R400 op n ander plek. Waar gaan ek die beste kry? Ek wil die beste koop want ek wil dit nie weer laat doen en sonder geweer sit nie.
So lat weet my asb wat is die beste:
Limbsaver of pachmyr decelerator
Waar om beste kwikstaaf te koop
Watse ringe het julle op vir die scope, laag, med of hoog?
Asb ek wil reg he vir die eerste keer.
Dankie

Sorry Grumpy dit moes 'n PM gewees het wat ek toe ge_post het
Hoop nou nie die spel
spring op my blaas nie
Hoop nou nie die spel