Vreemde kuiergas

User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Vreemde kuiergas

Post by Piet Pille »

FHM wrote:
matewis wrote:Lekker draad hierdie, ek volg met afwagting wat met die ouman gebeur. Manne daar bo hou ons op hoogte.

Daar is eintlik te veel mense en ons almal weet dit.

Pieter Vorster moet net sy pille drink en ons weekliks op hoogte hou ;)
Tipies!!!! nou wil Francois he ek moet EPO vat en met my selfoon agter die ou grote aanhardloop...!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Vreemde kuiergas

Post by FHM »

Pieter Vorster wrote:

Nee man wie het gepraat van hardloop - jy kan maar ry ook ;)
Vind tog by jou pel uit wat hoor hy van die ou grote - is hy nog daar rond of is hy oppad kus toe?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Vreemde kuiergas

Post by Piet Pille »

Pieter Vorster moet net sy pille drink en ons weekliks op hoogte hou ;)

Tipies!!!! nou wil Francois he ek moet EPO vat en met my selfoon agter die ou grote aanhardloop...!

Nee man wie het gepraat van hardloop - jy kan maar ry ook ;)
Vind tog by jou pel uit wat hoor hy van die ou grote - is hy nog daar rond of is hy oppad kus toe?
Ek maak so- sal terugvoer gee as ek weer iets hoor.

Rumours sê dat hy wel oppad is daar na jou kant toe..... het glo gehoor van eskapades daar by jou werk en kan sy nuuskierigheid nie hou nie.. ;D
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Vreemde kuiergas

Post by Piet Pille »

Update- die Olifant beweeg tans in 'n Oostlike rigting parallel met die Eisen-berg (Ysterberg) in die rigting van Kombat. Die boere is dat almal eens dat hierdie Olifant geen bedreiging sover ingehou het en amper geen skade aanrig nie. Amper geen drade breek nie. Hy sal tot teen 'n hoe draad stap en dan die draad volg. Indien hy nie 'n oorkomplek kan kry nie, druk hy die draad vorentoe en trap bo-oor. Jaco se dat by hom en beide sy bure hoogstens 2 drade af was van hulle hoë drade, en slegs indien die ou nie ander deurkomplek kon kry nie. By 4ft draad trap hy bo-oor.

Ek het vanoggend met 'n Duitse boer gesels en hy se die spesifike Oliifant het 2 jaar terug al op sy plaas ook gaan draai (naby Abenab). Wei reg langs sy mielieland maar het nog nie 'n mielie afgepluk nie. hy vertel dat die ou Duitse boere hom vertel dat daar 'n "olifantbegrafplaas" naby die Otavi berg ontdek is wat die olifante gebruik het voor die land toegespan was. Hulle redeneer dat die boesmanland olifante se voorvaders van die selfde gene afkomstig is, en dis die rede waarom die olifante instinktief na Otavi trek uit boesmanland. So 4 jaar terug was daar 'n groepie van 3-4 wat dieselfde roete gevolg het en gereeld een-een, waarvan hierdie spesifieke bul bekend is daarvoor.

Baie interressant
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Vreemde kuiergas

Post by mariusr »

Dankie Pieter ! goeie nuus vir die ou grote!
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Vreemde kuiergas

Post by matewis »

Dit regtig interessant. Wens ek kon die ou bietjie sit en dophou...

Danie vir die update.

Wie besluit wanneer 'n dier PAC word, die boere/gemeenskap in die omgewing of die owerhede? Is die grote veilig solank niemand oor hom kla nie of is dit maar net 'n kwessie van tyd?
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Vreemde kuiergas

Post by Piet Pille »

matewis wrote:Dit regtig interessant. Wens ek kon die ou bietjie sit en dophou...

Danie vir die update.

Wie besluit wanneer 'n dier PAC word, die boere/gemeenskap in die omgewing of die owerhede? Is die grote veilig solank niemand oor hom kla nie of is dit maar net 'n kwessie van tyd?
Soos ek verstaan raporteer jy 'n potensiële probleemdier aan Natuurbewaring, waarna hulle die klag ondersoek en dan besluit of dit PAC status is of nie. Daarna word of 'n permit aan die boer uitgereik, of beskikbaar gestel op tender aan 'n PH, of deur natuurbewaring self van kant gemaak, gelang van die situasie en spesie.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Vreemde kuiergas

Post by FHM »

Dankie Pieter man - sommer goeie nuus - hoop die ou grote kom uitendelik uit waar hy wil wees - en dis ver weg van mense af! :)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: Vreemde kuiergas

Post by PaulM »

Dankie vir die 'updates'. Mooi loop, ou Grootvoet!
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Vreemde kuiergas

Post by mariusr »

Sien my post het net verdwyn? Dankie Pieter vir die update mag ou grote mooi loop!DAAR IS DIT WEER TERUG?
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Vreemde kuiergas

Post by Piet Pille »

mariusr wrote:Sien my post het net verdwyn? Dankie Pieter vir die update mag ou grote mooi loop!DAAR IS DIT WEER TERUG?
Ek ken die gevoel Marius- sien dit gereeld in my bankrekening ook- geld word inbetaal en die volgende oomblik het dit net verdwyn....? Behalwe myne kom nie weer terug voor volgende maand einde nie... :)
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Vreemde kuiergas

Post by mariusr »

Ja dis wonderbarlik hoe geldjies kan verdwyn en as jy staat trek dan sien ooo gats dit was vir die en dat en nou wag jy maar weer vir die selfde ou storie!!
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Vreemde kuiergas

Post by ROBBIE1 »

Lees ook saam die afgelope paar dae. Ek wonder nou maar net, as die bejaarde wat deur die oli getrap is, dalk bietjie meer respek vir sy teenstaander gehad het, sou hy nie dalk nog geleef het nie?

Ek dink as ons as mens, die natuur meer met respek benader, as jy die ou grote sien dalk maar bietjie retereer of wegkruip, sal ons minder sulke berigte sien, dit is tog immers die natuur en die dier wat eerste hier was, ons is die indringers!!

Dis werklik pragtag om die ou bul so rustig te sien in die OOP veld, is daar nie n nuwe foto of 2 nie??
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Vreemde kuiergas

Post by Cor Jacobs »

ROBBIE1 wrote:Lees ook saam die afgelope paar dae. Ek wonder nou maar net, as die bejaarde wat deur die oli getrap is, dalk bietjie meer respek vir sy teenstaander gehad het, sou hy nie dalk nog geleef het nie?

Ek dink as ons as mens, die natuur meer met respek benader, as jy die ou grote sien dalk maar bietjie retereer of wegkruip, sal ons minder sulke berigte sien, dit is tog immers die natuur en die dier wat eerste hier was, ons is die indringers!!

Dis werklik pragtag om die ou bul so rustig te sien in die OOP veld, is daar nie n nuwe foto of 2 nie??
Daarsy Pieter,

Pak maar die bakkie en ry so bietjie vroeer daar na Jaco se kant toe, jy het mos nou die verskoning dat almal graag n update wil he.. ;)
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Vreemde kuiergas

Post by mariusr »

My natuurbewaring vriend het altyd gese toe ons in Timbivati gekuier het van die groot vyf is hy die meeste bang en meeste respek vir 'n olifant want jou kanse om te oorleef is basis nil!!
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Vreemde kuiergas

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Sien daar word verwys na 'n "olifantbegraafplaas" in een van die posts. Hopelik weet die meeste van ons lede dat daardie slegs 'n mite is. Dis 'n Hollywoodstorie wat deur twee Afrika-veldwagters (blankes) uitgedink is toe hulle moes help met die maak van 'n film. Ek kan nou nie meer die presiese detail van die storie onthou nie maar dit het 'n tyd gelede in Magnum verskyn - geskryf deur die persoon wat betrokke was by die filmmakery.
Mooi loop
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Vreemde kuiergas

Post by mariusr »

Ag nee Koos nou bederf jy alles so daar is dan ook nie 'n pot goud onder die reenboog?So gehoop ek kom eendag op die olifant begrafplaas af!!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Vreemde kuiergas

Post by FHM »

Sies Koos, dit was oneties - sommige waarhede hou mens vir jouself man ;D
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Vreemde kuiergas

Post by Piet Pille »

Koos Barnard wrote:Dagsê
Sien daar word verwys na 'n "olifantbegraafplaas" in een van die posts. Hopelik weet die meeste van ons lede dat daardie slegs 'n mite is. Dis 'n Hollywoodstorie wat deur twee Afrika-veldwagters (blankes) uitgedink is toe hulle moes help met die maak van 'n film. Ek kan nou nie meer die presiese detail van die storie onthou nie maar dit het 'n tyd gelede in Magnum verskyn - geskryf deur die persoon wat betrokke was by die filmmakery.
Mooi loop
Ek vertel maar net wat die ou Duitser vir Friedel vertel het. Het ook nog nooit 'n olifantbegrafplaas gesien nie, en het geen idee waar in die Otavi-berg hierdie ene kwansuis is/was nie ;)

Punt is, hierdie "trekolifante" (as daar so iets is ;) ) bleik om almal 'n soortgelyk "oerroete" te volg. Boesmanland, suid, dan wes tot by waterberg/ Otjiwango distrik, dan noord Otavi se kant toe, dan weer stelselmatig noord-oos terug boesmanland toe. Dit lyk nie of hulle net blindelings rondwaal nie. So of dit nou toevallig, instinktief of agter hulle voorvadergeeste aan is sal mens seker nie weet nie.

Tog dink ek dat die oumense se stories 'n lekker nostalgie en geur aan hierdie ou bosreus se wandelinge gee. Ek kan my altyd verluister aan die dae toe Suider Afrika nog "woes en leeg" was en al die wedervaringe van daardie tyd. Al is dit dan ook soms bietjie ingekleur met mites, legendes en spookstories :)
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: Vreemde kuiergas

Post by PaulM »

Koos Barnard wrote:Dagsê
Sien daar word verwys na 'n "olifantbegraafplaas" in een van die posts. Hopelik weet die meeste van ons lede dat daardie slegs 'n mite is. Dis 'n Hollywoodstorie wat deur twee Afrika-veldwagters (blankes) uitgedink is toe hulle moes help met die maak van 'n film. Ek kan nou nie meer die presiese detail van die storie onthou nie maar dit het 'n tyd gelede in Magnum verskyn - geskryf deur die persoon wat betrokke was by die filmmakery.
Mooi loop
Sies, oom Koos, mens bederf nie 'n goeie storie met onnodige feite nie! ;-)
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3999
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Vreemde kuiergas

Post by tau »

Mense hierdie olifant het gees. Ek hoop hy kan dit weer terug maak
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: Vreemde kuiergas

Post by PaulM »

Enige nuus oor ou Grootvoet?
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Vreemde kuiergas

Post by Piet Pille »

Nope, ek sal bietjie rondvra..
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Vreemde kuiergas

Post by Jakkalsgat »

Olifant is nerens meer te sien nie maar volgens my informante het Pick n Pay 'n "special" op bulliebeef >:+
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Vreemde kuiergas

Post by Marc »

Enige nuwe nuus oor die Ou man se bedrywighede ???
Post Reply