Rinkhals

Post Reply
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Rinkhals

Post by NicoSmit »

Ek en 'n paar vriende het vanoggend so ent met die mountain bikes in die veld gaan ry toe een wat voor my ry benoud begin gil ek was 4de van vooraf .Dis toe dat ta regop staan met sy bak kop en al Kyk hy was mooi die m@3r in vir ons hy het net daar gestaan en wou nie uit die pad gaan nie ek het hom so 1na 1,2 meter geskat ek was so gefasineer en het skoon vergeet om 'n foto te neem . Hy het na so rukkie besluit om maar die pad te vat . Ons was maar die res van die rit maar op die uit kyk vir sy boeties. Dis nou die derde keer in 'n bestek van 'n week dat iemand wat gaan fietsry in die veld te doen kry met 'n slang. Lyk my hulle is nou baie aktief so voor die begin van die winter.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Rinkhals

Post by Foxcreek »

Hierdie Rinkhals het gistermiddag by my huis ingekom terwyl ek middagete gevat het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Rinkhals

Post by tripodmvr »

Lyk vir my na die sebra fase van 'n slangspesie - weet nie of dit rinkhals of ander kobra is nie. Kry nie nou my slangboek om dit na te slaan nie.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Rinkhals

Post by Gerhard »

Rinkhals het baie keer daai swart en geel strepe.

Ander is weer pik swart met die wit streep oppi keel
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Rinkhals

Post by Foxcreek »

Volgens my slangboek kry mens die Rinkhalse met die geel en swart strepe hier in Natal(soos op die foto), en die swartes met die wit strepe op die keel in Gauteng se wereld.

Moet se dit is die grootste een wat ek nog hier rond raakgeloop het. Het amper aan my kos verstik toe die knaap by die deur ingekom het. Ek het wragtie waar my gat afgeskrik.
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: Rinkhals

Post by PaulM »

Ek het die laaste drie weke twee by my gekry. Een was omtrent 150mm lank, en tipies donkergrys met die
wit keel en swart strepe. Toe ek hom karring met 'n stok, het hy dadelik die 'skyndood' taktiek probeer. Het
hom later in die veld gaan los. Nommer twee was 'n meneer van omtrent 'n meter lank, valerig, ook met die
wit en swart keel. Hy was egter nie lus vir speletjies nie, en sommer lekker hardegat. Het hom toe maar
van kant gemaak :( , wou nie kanse vat nie, hy baklei mos oor 'n afstand.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Rinkhals

Post by Foxcreek »

In my slangboek se hulle die outjies spoeg ook as jy hom vaskeer. Ek het dit egter nog nie met die Rinkhalse in KZN beleef nie. Miskien sal daai swart atties daar in Gauteng oorgaan tot spoeg.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Rinkhals

Post by Gerhard »

Rinkals is nie familie van die kobra's nie.

Hulle spoeg nie soos die kobras nie.

Hulle doen meer n tipe van gooi met die kop.
Post Reply