Hallo julle,
Ek het vandag my eerste jag vir 2013 bevestig! Jag is in Namibie naby aan Aroab, het daar my hele lewe lank gejag in die winter en nadat my pa oorlede is het dit doodgeloop! Het die jaar besluit om dit weer an die gang te kry. Gaan dan sommer laat mamma ook haar eerste bokkie skiet!
Op die lysie is 'n Kudu bul en dan so 2 of 3 springbokkies.
My vraag aan julle is, watter koeëls om te laai? Ek vat die 3006 saam vir die Kudu en die 243 sal die springbokke roer.. Ek het gedink om Barnes TSX 165gr te laai in die 3006 en balistic tip in die 243?
Wat sal julle manne sê is die beste opsies? Ek wil maar nou al begin speel met die koeels om lekker gemaklik met hulle te raak..
Groete
Herman
koeël keuse
-
martinf
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am
Re: koeël keuse
Vir die kudu klink als reg maar daai balistic tips op 'n springbokblad gaan jou met net met die agterblaaie oorlos. Hulle maak redelik baie skade. . Kyk eerder vir accubond of interbonds. As julle kop gaan skiet is balistic tips 100%.
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: koeël keuse
Die koeël keuses soos Martin hierbo beskryf is "cool keuses"!martinf wrote:Vir die kudu klink als reg maar daai balistic tips op 'n springbokblad gaan jou met net met die agterblaaie oorlos. Hulle maak redelik baie skade. . Kyk eerder vir accubond of interbonds. As julle kop gaan skiet is balistic tips 100%.
- Reggie Gerber
- Hero Member

- Posts: 1223
- Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm
Re: koeël keuse
Stem saam met Martin
Bt's net kopskote. Barnes 80 ttsx sal ook goed werk in die 243
Reggie
Bt's net kopskote. Barnes 80 ttsx sal ook goed werk in die 243
Reggie
