Dag se almal.
Gister, 15 Mei, het die Vrystaat streek president skiet plaasgevind by die Meerkat skietbaan van die Vrystaat Sanadveld tak van SAJWV.
Dit was soos altyd 'n aangename skiet. Die weste wind het effens gewaai, net genoeg om die skuts te laat 'n knerts links mik vir die wind op die 300 merk. Daar was 57 skuts wat meegeding het in 3 aflossings. 20 Skuts het gelyk saam geskiet op die A en B baan met 10 teikens per baan. Die vlakte tabel is 1ste geskiet en daarna die bos tabel. Tydens die laaste 2 aflossings het daar so 'n fyn druppel sif reentjie uitgesak, net genoeg om 'n skut se skiet yster lekker nat te maak.
Ek bedank namens die bestuur van Sandveld almal wat deelgeneem het en gehelp het om die dag te organiseer en 'n sukses te maak.
Dit was soos altyd 'n veilige, goed beplande skiet sonder enige probleme.
Hier volg die top uitslae van die dag.
Springbok vlakte tabel top 3
1 Morkel Venter Clocelaan 250,5
2 Danie Lombard Sandveld 220,4
3 Gerrie Coetzee Bloem tak 220,3
Wildebees bos tabel top 3
1 Andre vd Merwe Hoofkantoor 260,4
2 Gerhard Coertzen Bloem tak 250,7
3 Danie Steyn Sandveld 250,5
Top 10 skuts vir die dag, vlakte en bos tellings bymekaar getel.
1 Gerrie Coetzee Bloem tak 460,7
2 Hennie Vermaak Clocelaan 430,7
3 Danie Lombard Sandveld 420,4
4 Gerhard Coertzen Bloem tak 400,9
5 Morkel Venter Clocelaan 400,6
6 George Linde Sandveld 400,6
7 Retief Koekemoer Bloem tak 400,4
8 Andre vd Merwe Hoofkantoor 390,6
9 Danie Gous Sandveld 390,5
10 Danie Steyn Sandveld 370,7
Die volgende skiet kompitiesies wat voorle is die nasionale intertak skiet sowel as die nasionale president skiet.
Danie Lombard
SAJWV pres. streek skiet 15 Mei te Vrystaat Sanbdveld tak
-
Danie Lombard .243
SAJWV pres. streek skiet 15 Mei te Vrystaat Sanbdveld tak
Last edited by Danie Lombard .243 on Sun May 16, 2010 4:17 pm, edited 1 time in total.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: SAJWV pres. streek skiet 15 Mei te Vrystaat Sanbdveld tak
Danie
Gedink Gerrie kan net gewere bou, nu sien ek hy kan skiet ook.
Julle manne het groot gegooi, BAIE GELUK.
Mooi loop
Francois
Gedink Gerrie kan net gewere bou, nu sien ek hy kan skiet ook.
Julle manne het groot gegooi, BAIE GELUK.
Mooi loop
Francois
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: SAJWV pres. streek skiet 15 Mei te Vrystaat Sanbdveld tak
Baie dankie aan al die Sandveld manne. Dit was lekker om saammet julle te kan skiet.
Danie Steyn en sy span verdien 'n groot klop op die rug - jul reellings het seepglad afgeloop.
Sien julle beslis volgende jaar weer.
Het uiteindelik vir Willie Waps en Danie243 ontmoet - goeie mense.
Groete.
Jaco.
Danie Steyn en sy span verdien 'n groot klop op die rug - jul reellings het seepglad afgeloop.
Sien julle beslis volgende jaar weer.
Het uiteindelik vir Willie Waps en Danie243 ontmoet - goeie mense.
Groete.
Jaco.
Dont tell me, show me......