knaldempers

Post Reply
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: knaldempers

Post by Christo »

My stukkie raad.

Ek het 'n Mini14 Ruger en toe 'n alu KD opgesit. Baie tevrede omdat hy ook oor die loop gaan ens. en ook oop kan maak om skoon te maak. Maar wat ek nie geweet het nie is dat as jy en jou seuns een middag so 100+ patrone deurjaag gaan hy en die loop aanmekaar gaan weld. Dit het 'n bobbejaan spanner en vicebank gekos om hom "mooi" af te haal. Ek het hom toe mooi skoon gemaak en copperslip gesmeer en hy werk weer. Nou karring ek maar gereeld met hom sodat ek seker is hy bly los. As ek kon oor kies sou hy yster gewees het, maar dit is omdat ons partykeer teveel skote na mekaar wil skiet ( lees speel ).

Daar het 'n paar stukkies van die skroefdraad (aluminium) bly sit op die loop se skroefdraad, wat ek toe verwyder het, maar die KD draai steeds lekker stewig op. Hy het nou net die manier om die gasse by die slot uit te jaag as die geweer self oorhaal en dit pla soms. "Backpressure". Ek het wel gelees dat jy 'n ander poort kry wat die gas reguleer wat die slot terugdruk wat kan stel na gelang van wat nodig is. Dit sal seker die probleem oplos.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: knaldempers

Post by Dawie »

Hallo

My KD is aluminium maar die skroefdraad gedeelte is staal.  Het nog nie moeilikheid gegee nie.  

Hier het w?l 'n ou by ons takskiet noudiedag met sy aluminium KD(nie dieselfde as myne nie) amekaar in die grond vasgeskiet.  Ons het toe agtergekom sy KD se binnegoed het losgekom.

Vir wat dit werd is. :P

Kojak
Last edited by Dawie on Mon May 10, 2010 7:22 pm, edited 1 time in total.
theterminator

Re: knaldempers

Post by theterminator »

Ek kan net vir jou die stukkie raad gee:

hoe meer parte daar in 'n kd is wat kan loskom,  hoe groter raak die moontlikheid vir 'n ongeluk en die kd is daarmee heen.
'n staal kd is swaarder maar hy gaan jou die leeftyd van jou geweer hou.  die ekstra gewig help ook om die terugskop verder te verminder as die skoot afgaan. 
Gaan luister gerus op 'n skietbaan waar daar 'n klomp manne met kd's skiet,  alle kd se klankdemping en terugskopdemping is nie dieselfde nie.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: knaldempers

Post by Christo »

theterminator wrote: Ek kan net vir jou die stukkie raad gee:

hoe meer parte daar in 'n kd is wat kan loskom,  hoe groter raak die moontlikheid vir 'n ongeluk en die kd is daarmee heen.
'n staal kd is swaarder maar hy gaan jou die leeftyd van jou geweer hou.  die ekstra gewig help ook om die terugskop verder te verminder as die skoot afgaan. 
Gaan luister gerus op 'n skietbaan waar daar 'n klomp manne met kd's skiet,  alle kd se klankdemping en terugskopdemping is nie dieselfde nie.
Stem saam en is baie waar
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
RIEMPIES
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Fri Dec 18, 2009 11:23 am

Re: knaldempers

Post by RIEMPIES »

Aan al die knaldemper boffins wat nou van die manne wat gehoor toestelle maak wat jou ore beskerm waarvan gaan hulle lewe nee sies man.


Groete Riempies
SILENCE I KILL YOU!!!!!!
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: knaldempers

Post by Danie01 »

Ek het gisteraand na my rugby oefening ook met n paar manne gepraat wat bietjie weet van gewere af, maar dit klink nie vir my of daar regtig iemand is wat die aluminium demper aanbeveel nie.

Oom Clarence, ek het ook gedink dat die los komponente van die demper dalk kan vibreer en of los gaan met die tyd.

Ek eintlik maar n ou wat hou wat ek weet wat vir my werk. Ek het een van oom Dirk van De Aar se dempers op my 243 en is heel tevrede, maar bygese, ek ken nie so baie verskillende dempers nie en watter ander dempers nou regtig harder, sagter, swaarder, ens is nie.

My grootste probleem om vir my pa n demper op sy geweer te kry is om hom so ver te kry om die geweer in te vat na n handelaar toe. :)

Is daar dalk n manier dat ek die geweer vir hom kan vervoer?

Dankie vir almal se insette, dit help my regtig baie!

Danie
Last edited by Danie01 on Wed May 12, 2010 12:58 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: knaldempers

Post by Arnold »

Baie dankie aan Clarence vir sy voortreflike diens. Ek het my Terminator knaldempers gekry en op my 223Rem en 308Win laat sit by Johan Morkel daar in Safari & Outdoor net buite Stellenbosch. Terselfde tyd het ek die lope op my gewere sommer laat koreter sny en kroon.

Die 308W is van 24" na 20.5" gesny en die 223 is van 22" na 20" gesny. Op die 308 het ek so 100 fps verloor asook op die 223. So dit was so 29fps/duim op die 308 en 50fps/duim op die 223. Ek het nie so groot verlies in spoed op die 223 verwag nie maar die 308 was in die kol van so tussen 25 en 30 fps.

Hier is groepe wat vandag met die gewere geskiet is. Dit was op 100m en van 'n soliede rus af.

CZ 550 308 Win
20.5" Barrel - Terminator silencer
155gr (HPBT) PMP Match
45.5gr S335 - 2765fps
CCI BR2 primer
W-W case
COL 71 mm
group size - 10mm ctc
Image

Howa 223 Rem
20" Barrel - Terminator silencer
55gr (SBT) Sierra gameking
26.2gr S321 - 3065fps
Winchester primer
R-P case
COL 58 mm
group size - 6mm ctc
Image

Ek is baie in my skik met die knaldempers, die recoil en klank demping is goed en ek sal nou regtig vir enige iemand so KD aanbeveel. Al wat gepla het is die hitte van die KD wat mirage voor die scope veroorsaak as mens so paar skote agter mekaar skiet.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: knaldempers

Post by Francois Marais »

Arnold

Mooi man, jou gunne skiet mooi.

Kan jy nie die 223 so bietjie jaag nie, sien die WWW praat van so 3200-3300 vir n 55gr punt. Vra ma net............

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: knaldempers

Post by Arnold »

Ai, dit is darem lekker as daai ko?els gaan na daar waar jy mik  ;D

Voor ek die loop korter laat sny het het ek net so onder 3200 fps gekry {het ook ho?r gelaai met geen druk probleme}. Op die stadium is ek nie gepla oor die spoed nie.

Ek sal sien as ek met die lapua doppe begin en weer ladings toets wat ek kry. Dan wil ek ook S265 kruit gebruik agter die 55gr ko?els en hopelik sien ek goeie dinge. Ek vermoed dat al die S321 nie als verbrand in die kort loop nie en dat die S265 dalk nou beter sal doen. Ek hou ook meer van die stokkies kruit as die bal kruite vir doppe wat nie vol gegooi word nie.

Ek kry uistekende resultate met my 9.3mm en 'n dop vol S321 voor 'n standaard CCI BR2 primer. Die bal kruite gee my andersins te groot variase in spoed tussen skote (Ek dink dit is dit) en ek het ook gehoor dat hulle meer temperatuur sensitief is.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: knaldempers

Post by Francois Marais »

Arnold

Ek is met jou oor die stokkies kruit, hou ook baie meer om met dit te werk. S265 is egter BAIE vinnig, as jy daarmee werk, laat weet asb die ladings en groepe wat jy kry, sal ook belangstel, het juis n 223 projek wat moet beginne einde toe staan. Wil egter my 223 met 50gr punte skiet.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: knaldempers

Post by Arnold »

Ek sal laat weet wat my ondervinding is met die S265 en die 223 Rem
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: knaldempers

Post by Geno »

Hallo julle,

ek weet nie of iemand al die vraag gevra of geantwoord het nie, maar vat die demper spoed weg, of sit hy bietjie by? Het iemand dit al met 'n chrony getoets?

Baie dankie

Eugene.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: knaldempers

Post by Francois Marais »

Eugene

Kan net se wat ekself gesien het, dink ek het dit by die 204 Ruger post opgesit, die KD het die 204 se spoed bietjie afgebring, selle tyd, selle ladings, net KD op en af gedraai. Ek dink die spoed verskil was so 30-50 ft/sec.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: knaldempers

Post by 243Songdaug »

Eugene.

Ek het 'n 7mm Rem geskiet en net so vir die interesantheid het ek die Chrony opgesit om die verskil te kyk met en sonder 'n  KD - ek het 23 - 30fps meer spoed met die KD op gekry.

Ek het nog nie met die ander roere gekyk nie - dis was net uit nuuskierigheid - 'n ou by die myn wou my vertel dat dit nie die gewig en verlenging van die loop is wat veroorsaak dat 'n geweer laer skiet nie maar wel die feit dat 'n KD 'n wapen se spoed ERG afbring!!!  Ek wou toe maar net vasstel presies hoeveel die spoed verskil.

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: knaldempers

Post by Wismit »

Haai julle almal,

Ek het nou onlangs maar op die Forum aangesluit en hoop dus nie die inligting wat ek verlang is al bespreek nie.

Ek wil graag `n knaldemper op my 308 laat sit.

Ek woon in Louis Trichardt. (Noord Transvaal)

1) Weet enige van julle van `n goeie en betroubare persoon wat ek kan nader 
    om vir my een te bou en te monteer?
2) Min of meer hoe lank gaan dit vat voor ek my geweer terug kry?
3) Wat is die kostes daaraan verbonde?

Baie Dankie

W.S
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: knaldempers

Post by Geno »

WS,

Welkom hier.

Ek het 'n kd van Kevan Healy op my .308, hy werk baie mooi en is baie klein en lig, jy kan jou geweer laat courier met RAM hand-to-hand, omtrent R350 bloem toe, en R350 terug, ek skat dit sal so 'n week vat. KD kos R969-00. Praat met Elize 051 447 7549.
Hier is 'n foto van die kd op my 308 http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=9

Terminator se kd is ook goed, hy't amper meer ondersteuners hier as 308 ondersteuners  ;)
Hy's ook in bloem dink ek, sy nommer 083 286 7162

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: knaldempers

Post by Arnold »

W.S.

Ek weet nie wie daar dit vir jou kan opsit nie, maar jy kan gerus een van Clarence Swanepoel (Terminator in Bloem) se silencers bestel. Hulle kos hier in die orde van R1050(posgeld ingesluit) as die pryse nog nie opgegaan het nie.

Myne werk goed op die 308, alhoewel hy dit jou geweer bietjie "front heavy" gaan maak sal jou seun, met die silencer op die geweer, gemaklik gewone 308W ladings kan skiet {so baie word die recoil verminder}.

Hier is 'n groepering wat ek met my 308 geskiet het na ek die silencer laat opsit het.
http://i194.photobucket.com/albums/z44/Ricoffy/308W_silencer.jpg
Image
en hier is 'n foto van hoe die roer nou lyk (verskoon maar die kwaliteit, die lig was baie sleg)
{ja, en hy kort nog 'n lekker dik loop}
http://i194.photobucket.com/albums/z44/Ricoffy/Centre%20Fire%20rifles/CZ550_308W.jpg
Image
Last edited by Arnold on Wed Jun 30, 2010 11:56 am, edited 1 time in total.
User avatar
B C
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm

Re: knaldempers

Post by B C »

My pa se 'n geweer met 'n knaldemper lyk soos 'n man met 'n pak klere en gumboots aan, maar as hy my vroeer geleer het van knaldempers sou ek vandag my vrou beter kon hoor!! ;D ;D
theterminator

Re: knaldempers

Post by theterminator »

ARNOLD

DAAI ROER VAN JOU LYK MOOOOOOI MET T-PYPIE OP EK SIEN HY SKIET NOG MOOIER
HOE WAS DIE GROEPERINGS VOOR DIE T
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: knaldempers

Post by Arnold »

Dit is wat my 308 geskiet het voor die silencer ...
http://i194.photobucket.com/albums/z44/Ricoffy/Centre%20Fire%20rifles/CZ550.jpg
Image

Hier is my 223 met 'n Terminator silencer op {ek is seker ek het die een al geplaas}
http://i194.photobucket.com/albums/z44/Ricoffy/Centre%20Fire%20rifles/Howa223Rem.jpg
Image
en wat hy skiet
http://i194.photobucket.com/albums/z44/Ricoffy/223R_silencer.jpg
Image
Last edited by Arnold on Mon Jul 05, 2010 9:41 am, edited 1 time in total.
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: knaldempers

Post by Gernie »

Goeie dag almal, hoop dinge loop klop disselboom....

Ek het 'n probleem met 'n silencer. Sodra hy warm geskiet word, 6-7 skote, dan kan ek nie eers 'n A4 papier raakskiet op 100m nie. Kan dit wees dat die baffels getref word?

Dankie, ek luister graag.
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: knaldempers

Post by Wismit »

Nou ja, ek het vandag my "Terminator" silencer gekry. En ek gaan hom woensdag op my 308 HOWA laat sit. Ek was laas so senuagtig en tegelyke tyd opgewonde net voor ek my vrou gevra het om te trou. Hoop maar dit loop ook so goed af !!!
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
User avatar
B C
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm

Re: knaldempers

Post by B C »

Hallo Gernie, jy moet net bietjie oplet hoe groot is die knaldemper se gat ten opsigte van die kaliber. Wat ek al ondervind het, veral as die gaping te klein is dat die roet teen die baffels pak en dit is in die pad van die punt. Ek druk altyd sommer 'n staalborsel deur voor ek skiet. Ek het my knaldemper se gat bietjie groter geboor en ek kan nie met die oor 'n verskil in klank hoor nie. Hoop dit kan help.
theterminator

Re: knaldempers

Post by theterminator »

Gernie

die warm of sal ek eerder se baie warm kd veroorsaak mirage (hittegolwe) as jy deur die teleskoop kyk,  jou teiken swem rond
as daar 'n windjie waai sal die hittegolwe nie pla nie
probeer om nie meer as 5 skote agtermekaar te skiet nie,  nie terwille van die kd nie maar ter wille van die loop - keelkanker gaan daai loop op 'n vroe ouderdom van jou wegvat ;D ;D
jy kan ook kyk wat is die gat se deursnee van die kd en of die kd nie losgaan op die loop nie
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: knaldempers

Post by Wismit »

Nou ja soos ek vroeer ges? het het ek woensdag vir my `n terminator silencer op my 308 gesit. Al wat ek vir "theterminator" kan s? is DANKIE DANKIE DANKIE !!!!!

Hier is my 8 jarige seun vanoggend op die skietbaan. Hy skiet met 125gr Siera Pro-hunters teen              +-2600f/ps.

http://s961.photobucket.com/albums/ae98/Wismit710621B/?action=view&current=video068.mp4

en hier is sy groepering op 100m.

Image


Beste besluit wat ek nog geneem het on `n silencer op te sit. Soos jul kan sien is daar omtrent geen recoil vir hom nie.
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
Post Reply