Roepkursus - Pretoria = 2de en 3de Maart 2013

A place to advertise or mention a course/ Die plek om jou kursusse te adverteer of bekend te stel
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Roepkursus - Pretoria = 2de en 3de Maart 2013

Post by Geno »

Johann,
Ons kursus al te lekker. Jy moes nog n rukkie gebly het!
Taffie en sy troepe het so 00:30 teruggekom met 2 jakkalse wat met Gé se groen mamba kennis gemaak het.

Ek en my manne is ook sopas terug na die aand se jag waar ons ook darm 2 kon vrek kry.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Roepkursus - Pretoria = 2de en 3de Maart 2013

Post by Marc »

Mooi man, bly dinge loop mooi daar :)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Kampies
Newbie
Newbie
Posts: 48
Joined: Fri Dec 28, 2012 5:13 am

Re: Roepkursus - Pretoria = 2de en 3de Maart 2013

Post by Kampies »

Dankie vir die goeie gesindheid en goed gereelde roepkursus afgelope naweek. Julle manne was puik. Taffie sterkte met die taak om al die vlakkies pak te gee. Jou ondervinding en opleiding sal 'n paar manne slim kry vir die oorlog. Die kos en verblyf was met oorgawe gedoen, dankie vir die gasvryheid.

Nogmaals dankie
Kampies en Herman
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Roepkursus - Pretoria = 2de en 3de Maart 2013

Post by Cobus(Cobb) »

Aan Ge en die eienaars, Henry en sy staf, Geno wat help reel het en Taffie, baie dankie

Vrydag aand was sommer lekker kuier en die hoof tema van die naweek was sommer ook daar besluit….lyk my DASHER is nou die nuwe must have..

Saterdag oggend, stiptelik om 8:34, het Sir Taff begin praat, en die lesergangers het voorwaar aan sy lippe gehang, daar was deurentyd koffie ens beskikbaar en etenstye was puik.

Die dagroepie was egter natterig maar tog insiggewend en leersaam, aandete was weer puik.
Daarna is 2 x2 bakkies uit veld toe, en tussen die reen, nat scopes en overcrowded staanplekke, kon 3 jakke darm lift kry.
Sondag oggend was daar vinnige GPS kurses en daarna ‘n klomp vra en antwoorde, Taffie was weer nie skaam om sy jare se ondervindinge te deel nie.

Elke jongman is daar weg met 'n critter fluit en die ander manne elk met 2 cd's....daarna was dit op pak en huistoe…ry veilig manne

Dankie weereens aan almal, die diens en gasvryheid was bobaas, die kurses was prima en dit is altyd lekker om ou forum vrinne weer te sien en nuwes mee blad te skud….ek hoor die venue word nou ‘n jaarlikse ding..

Cheers

PS...Dawie Malan my maat, moenie dat ek jou op ander forums vang nie.... ;) ;)



http://i825.photobucket.com/albums/zz176/cobus2/IMAG0218_zps86a89849.jpg
Die Boma en 'n paar van die manne daar
http://i825.photobucket.com/albums/zz176/cobus2/IMAG0211_zpsde6b9df5.jpg
http://i825.photobucket.com/albums/zz176/cobus2/IMAG0212_zpsd827492d.jpg
http://i825.photobucket.com/albums/zz176/cobus2/IMAG0213_zps857ffb22.jpg

Span Geno se twee...??
http://i825.photobucket.com/albums/zz176/cobus2/IMAG0215_zps808107e4.jpg

Span Taffie se twee
http://i825.photobucket.com/albums/zz176/cobus2/IMAG0216_zps002e51dd.jpg
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Roepkursus - Pretoria = 2de en 3de Maart 2013

Post by Gerhard »

Lekker, bly die manne het die kursus geniet.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Roepkursus - Pretoria = 2de en 3de Maart 2013

Post by Geno »

Ja Cabous, TWEE. Blok, Jassie en Scalla was my getuies 8)
Jy agtergekom jy bel my perongeluk gister terwyl jy met jou fluit oefen? Onaardse geluide sê ek vir jou! ;D

Gé, Oom Henry, Julian en Marius, BAIE BAIE DANKIE! Julle gasvryheid is uit die boonste rakke!

Oom Taffie, dankie vir die deel van jou kennis, dis verstommend om na iemand met so baie ondervinding te luister.


Ander manne, goed om die ou gesigte te sien, en die nuwe gesigte te ontmoet. Ons maak weer so!
Goed, beter, 6millimeter!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Roepkursus - Pretoria = 2de en 3de Maart 2013

Post by Jean Marais »

Dagsê

Klink of almal die kursus geniet het. Ek sou graag daar wou wees, maar kon agv werk nie die naweek meedoen nie. Word daar dalk weer so 'n kursus vir later beplan?

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Roepkursus - Pretoria = 2de en 3de Maart 2013

Post by Dawie Malan »

Cobus

Sorry ek sien nou eers jou post. Ek was besig om gedigte te lees op 'n ander forum.

;D ;D ;D

En Cobus

Ek sal nie steun op Geno se "getuies" nie. Geno het die arme ouens so uit die slaap gehou Saterdagnag, hulle sal eers Woensdag weer die waarheid kan praat. Die groentjies - saam met Taffie natuurlik, R U L E !

>:D

Aan Tafjak, dankie vir dinge wat niemand my nog ooit geleer het nie.
Aan Gé, dankie vir die slaaplek, lekker kos en die draught
Aan Geno, dankie vir die reelings en al die advies.

Dawie Malan 11"
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Roepkursus - Pretoria = 2de en 3de Maart 2013

Post by Marc »

Mooi gemaak julle, lyk na 'n baie lekker vashaak plek daai ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Roepkursus - Pretoria = 2de en 3de Maart 2013

Post by Geno »

Dawie Halfduim,

Ludwig was ook getuie, en hy sal mos nie lieg nie? :D
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Roepkursus - Pretoria = 2de en 3de Maart 2013

Post by G-force »

Manne ja dankie dit was n heel lekker naweek gewees.Baie geleer by Oom Taffie.Ook n paar goeie nuwe pelle gemaak.Die reen het bietjie gepla maar daar is darem jakkalse doddgeskiet.
Sien julle by die volgende een.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Roepkursus - Pretoria = 2de en 3de Maart 2013

Post by BLOK »

Ge

Weer baie dankie was seker van die meeste gemak wat ek nog beleef het tydens n kursus. Kos was puik en swaer en sy span daar op BOOTCAMP is tops. Se vir hulle ook ons wardeer al die moeite en voorbereiding wat gedoen was.


Dawie D

Ek kan my ook goed gedra hoor, elkgeval nie lekker om aleen in die berge rond te stap nie, as ek nie n gelyke kan kry nie los ek die fight vir later........ en ons weet waar is later.

Vir oom Knerses aka "General Tyres"

Dankie dat ons weer kursus kon bywoon leer elkekeer so stukkie by, en met elke stukkie knou ons die die probleem stukkie vir stukkie. En el laaik daai video kan nie wag om die onterfde kind se terugvoering daarop te hoor nie ;)

11"

Lieg of nie lieg nie, twee of dalk 4. Ek weet nie maar wat ek jou kan se is dat ons ten minste soos ware jakkals jagter n volle nag in yskoue nat weer kliphard probeer het. Anders as die ander spanne wat na die eerste druppels opgepak en terug gejaag het. ;D ;D


Geno Geno Geno

Wat kan ek se, ja ek en jou skietvernuf hahaha dink ons moet maar by die 204's hou. Daai 1 was ook maar n swaar pil gewees maar ja more wys ons die manne weer n ding of twee.

Dan daai slapelose oggend van jou, het dit nie dalk te doen met nagmerries van een of ander harde blou klap slag nie. ::) ;) Ek weet nie na daai laaste 15minute in die bakkie voor oppak se groot bykom na die Ggrrrrrrr Ggrrrr voor dai Gunman Style boks sy ding kon doen laat my wonder oor of daar nie nagmerries was nie maar ja ek mog dolk vorkeerd wies 8) ;) ;D ;D ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Roepkursus - Pretoria = 2de en 3de Maart 2013

Post by Jassie »

Als was goed

goeie akkomodasie, goeie kos, goeie venue, goeie kursus, goeie weer (vir die wat reen nodig gehad het) goeie stories, ens. maar bo alles goeie en aangename vriende.

Nog iets vir my lewens-album.

Dankie manne en Groete
JAS
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Roepkursus - Pretoria = 2de en 3de Maart 2013

Post by Cobus(Cobb) »

Geno, ek het geen twyfel in julle 2-4 honne nie, ek plaas maar net fotos en is BAIE onskuldig in die hele "tag en release" comments... ;) ;)

Ek het agtergekom daar is 'n oop lyn tussen ons toe ek daai fluit oefen...ek het omtrent 10min gery tot by die teerpad...lekker vir myself gelag..

Maar die oefen help, toe ek by die huiskom het ek my border collies die yard vol gehad met "puppy distresss" op daai einste fluit....ek wil nou nog net 'n mooi Wha Wha uit hom uitkry.

DawieMalan ou maat...is daai 11" nou weer loop dikte of hoe't jy gesê???....ek watch jou op daai prosa site!! :o :o

Cheers
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Roepkursus - Pretoria = 2de en 3de Maart 2013

Post by prohunt »

Ek wil net saam stem........die reëlings en die gasvryheid was onverbeterlik!!!!

Ons het almal dankie gesê maar hier op die forum kan almal dit mos sien.

Gé nogmaals baie dankie vir jou aandeel en dra asb weer ons dank en GROOT waardering oor aan Henry en sy span. Ek moet waarlik sê dat ek lanklaas so bederf is sonder dat iemand iets terug verwag, dit was vir my ongelooflik om dit weer onder ons mense te ervaar en laat mens klein voel as jy tussen mense met sulke groot harte beweeg......en dan praat ek nog nie eers van sy persoonlike tyd wat hy gedurende die naweek afgestaan het om vir ons reg te staan nie.

Geno dankie ook vir jou aandeel en dan natuurlik vir Taf ook vir al sy kennis oordra en lekker gees waarin dit gedoen is.

Groetnis
Johan
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: Roepkursus - Pretoria = 2de en 3de Maart 2013

Post by Problem Animal Control »

Manne ja,wat kan ek verder se wat nog nie alreeds gese is nie. Dit was uit die boeke uit!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Dankie aan die liewe Vader wat vir ons die genade gegee het om dit te kon bywoon en ervaar, ek hoop van harte dat julle almal geseend sal wees.

Groette
PAC
Post Reply