grein vir 3006
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
grein vir 3006
Watter grein sal julle aanbeveel vir die bosveld 180 of 220 Ek skiet nog al die jare met 180's
-
KC
Re: grein vir 3006
Hallo Nico,
Het jy probleme met vleis skade?
As jy nie te veel het waarom dan nie maar met jou beproefde kombinasie aanhou?
Ek glo as jy wil verander gaan na 200gr want 'n 30-06 skiet 'n Nosler partition baie netjies @ 2240, 2440 en ook 2500fps met S365 24" loop.
Dalk doen jou geweer dieselfde en 200gr @ enige van die snelhede soos genoem in die bosveld is net reg mits jy dalk nie baie verder skote kry as 150m. Op na 200m drop hy maar kwaai veral met daai lae snelheid van 2240fps
Groete
Kobus

- vlakvark1
- Hero Member

- Posts: 1568
- Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm
Re: grein vir 3006
Nico jy kan gerus n 165gr probeer
Ek het laasjaar al die koedoebulle wat ek geskiet het met Hornady 165gr platgetrek
Ek het laasjaar al die koedoebulle wat ek geskiet het met Hornady 165gr platgetrek
vlakvark en bosvark Bvk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: grein vir 3006
Ek wil waag om te sê dat vanaf premium koeëls en veral die koperbulle op die mark gekom het dat 180gr nie meer die algemene gewig vir die 30-06 is nie. Vir my het die 150gr Barnes TSX die regte spoed en penetrasie vir my 22 duim Ruger No.1A en werk 100%.
- Jakes73
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm
Re: grein vir 3006
Ek self gebruik die 168gr Barnes TSX en hulle loop soos stroop. Baie min vleis skade en dodelik akkuraat.
Groete
Jaco
Groete
Jaco
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: grein vir 3006
sal jy nie minder vleisskade met 'n 220gr kry nie Ek het 'n vark maar redelik stukkend geskiet met 'n 180gr laas jaar
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: grein vir 3006
Gaan lees oor monos of suiwer koper koeëls dan. Hulle breek nie in stukke soos die lood-koper waaraan jy gewoond is nie en daarom is daar beter penetrasie en minder vleisskade. Verder stamp 'n 220 greiner amper net so hard as 'n 375 met 300 greiners. Jou ligter koeël het ook 'n baie platter trajek as die swaar bulle en daarom kan jy in die bos en vlakte skiet sonder om radikale verstellings aan jou teleskoop te maak. Een koeël vir baie toepassings - leer sy trajek en jy gaan baie beter skiet.NicoSmit wrote:sal jy nie minder vleisskade met 'n 220gr kry nie Ek het 'n vark maar redelik stukkend geskiet met 'n 180gr laas jaar
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: grein vir 3006
Nico dis baie waar wat tripod se ek jag net met 180GR solid shank rhino punte en my vleis skade is baie,BAIE minder as toe ek met pmp 220gr gejag het in my 30kwes!
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: grein vir 3006
Stem 100% saam met Tripod!!!! Ek skiet ook net 150gr. Interloks en het nou Barnes 150gr ook. Lekker plat skiet en min vleis skade!!
TRipod ken van en ek skiet dit ook nou. 180 en 200 en 220 het hulle gebruik om die bok om te stamp, gehardloop en hom keelaf gesny!!!! Nou is die skootplasing die belangrikste soos met enige punt wat jy skiet. Net baie baie minder vleis skade!!

- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: grein vir 3006
grumpy wrote:Stem 100% saam met Tripod!!!! Ek skiet ook net 150gr. Interloks en het nou Barnes 150gr ook. Lekker plat skiet en min vleis skade!!
TRipod ken van en ek skiet dit ook nou. 180 en 200 en 220 het hulle gebruik om die bok om te stamp, gehardloop en hom keelaf gesny!!!! Nou is die skootplasing die belangrikste soos met enige punt wat jy skiet. Net baie baie minder vleis skade!!
Eerlik dink ek die 150gr is te vinnig vir bosveld jag uit die 3006.
180gr teen 2500fps met n premium bonded punt sou my resep gewees het.
My 3006 met 150gr gebruik ek vir vlakte en berg jag.
Bosveld jagte word die 303 en 375 gebruik...
Maar dis my eie opinie.
Jy moet laai wat jy mee gemaklik is en vertroue in het.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: grein vir 3006
Dubbelpos - skuus
Last edited by FHM on Mon Mar 04, 2013 10:16 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: grein vir 3006
Nico,
ek is ook maar n 180gr (Swift A) verslaafde vir boswereld jag al die jare - nes jy. Maar hier in die Namib op Springbokke skiet ek 165 gr en dit werk vir my.
Die manne wat ken het goeie idees hierso as jy n verandering wil maak.
Ek laai egter nie self nie, omrede die hoeveelheid wat ek jag / skiet n jaar dit nie regtig regverdig nie. So ek het maar met die jare my trajekte geleer ken met 180 / 165 greiners en dis waar ek bly en dit werk vir my.
As jou agterwereld jeuk en jy wil met ander koels / punte gaan speel - doen dit enige tyd, maar as jy vertroue het en gewoond is aan 180 gr en dit vir jou werk nog al die tyd met jou jagtogte, hoekom nou gaan peuter aan n enjin wat mooi loop - my redenasie in elk geval.
Mooiloop

Dit het my nog nooit eintlik gepla nie maar soos ek in 'n vorige post gese het ek laas jaar 'n vark maar redelik stukkend geskiet sy hele bladmoes ek maar weggooi so toe het ek maar net gewonder wat sal die verskil wees tussen die 180 en 220's .Ek herlaai ook nie so ek bly maar 'n PMP pro amm fan het nog nooit met ander ammanusie geskiet nie en het ook nog nooit problem opgetel nie .
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: grein vir 3006
NicoSmit wrote:Dit het my nog nooit eintlik gepla nie maar soos ek in 'n vorige post gese het ek laas jaar 'n vark maar redelik stukkend geskiet sy hele bladmoes ek maar weggooi so toe het ek maar net gewonder wat sal die verskil wees tussen die 180 en 220's .Ek herlaai ook nie so ek bly maar 'n PMP pro amm fan het nog nooit met ander ammanusie geskiet nie en het ook nog nooit problem opgetel nie .
Ek hoor jou Nico.
As jy nie self laai nie, sal jy sekerlik maar na n swaarder koel moet kyk as jy in dik bos met se so 50-80 m skote gaan jag. Alternatiewelik met n premium koel skiet - ek weet nie watse premium fabrieksamunisie alles besikikbaar is in jou wereld nie.
Ek gebruik vir my groter bokke (Gems / Kudu bul / Eland) net Swift-A-Frames van PMP se reeks (African Elite) want dis al fabrieks premium koels / ammo wat ek kon kry hierso laasjaar -het sommer 4 pakke gekoop. Hulle is net $&^&$%kn duur! Die kleiner en 'sagter' wild gooi ek ook maar Pro Ams al die jare.
Hoor bietjie om jou rond by jou geweerwinkels watse premium ammunisie beskikbaar is, en dan sal jy maar moet loop inskiet en toets in die veld wat maak hulle op vark en groter.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD