Peet
Bruin haenas is landwyd 'n beskermde spesie en is gelys onder NEMBA (National Environmental Management, Biodiversity Act) se TOPS (Thretant or Protected Species) lys.
Sertifikaat van voldoende omheining verander geensins die situasie nie!!!.
As jy skade het met 'n bruin haena, moet Natuurbewaring jou plaas besoek en as hulle skade vind wat deur die haena aangerig is, sal daar eers van jou verwag word om sogenaamde "Best Practices" toe te pas. Indien laasgenoemde nie werk nie of ondoeltreffend is, word daardie spesifieke indevidu, as 'n skadeveroorsakende dier gesertifiseer deur die betrokke provinsie se natuurbewarings owerheid en dan moet die grondeienaar aansoek doen vir 'n "Restricted Activity" permit om die dier fisies te beheer. Word die permit toegestaan (wat heelwaarskynlik die geval sal wees, indien kan bewys dat jy groot skades het), moet die grondeienaar eers probeer om die dier te vang sodat hy getranslokeer kan word deur natuurbewaring. Indien vang nie wil werk nie, kan dodelike beheermetodes gebruik word. Die permit sal gewoonlik spesifiseer wat jy mag doen of nie.
Natuurbewaring (wat hulle sout werd is [soos die Vrystaat natuurlik

] sal die operasie monitor. Die grondeienaar kan natuurlik altyd vir natuurbewaring vra vir hulp (ondersteunings diens) in so 'n geval.
Onthou verder dat jy geen deel van 'n bruin haena of enige ander beskermde spesie in jou besit mag he, sonder 'n permit nie. Indien jy 'n beskermde dier wat onwettig gejag is, na 'n taksidermist stuur vir behandeling, is daardie taksidermist verplig om jou besonderhede dadelik aan Natuurbewaring bekend te maak, anders is hy saam met jou in die moeilikheid. Hierdie selfde status geld ook vir die gevlekte haena.
En ouens ,asseblieftog, die polisie gaan jou wapens kom vat, as jy vir 'n oortreding skuldig bevind word, waarin jy 'n vuurwapen gebruik het. So wat ek wil se is, dit is nie die moeite werd om jou vuurwapens in die gedrang te plaas, net omdat jy jukkerig was om 'n haena te skiet nie of by jou pelle daarmee wou spog nie. As jy probleme het, hanteer dit op die regte manier.
Groete en sterkte
Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.