Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Moenie blindelings aanvaar dat jou teleskoop se verstellings korrek is nie.
Doen 'n toets: Skiet 'n groepering op 100m.
Stel dan die teleskoop op met 30 clicks en skiet weer groep. Meet die afstand tussen die twee groepe en deel deur 30. Dit sal jou 'n meer akkurate weergawe gee van die werklike verstellings per click op jou teleskoop,
Stel weer af met 30 en skiet weer groep. As die eerste en laaste groep bo-op mekaar is, is die Kaap Hollands.
My ou Lynx het, as ek hom 4 duim opstel op die teleskoop, sommer 6 duim hoog geskiet op 100m!
Kan dieselfde toets doen vir horisontale verstellings.
Moet eintlik 'n paar keer gedoen word, om 'n gemiddeld te kry.
Ek was gister by die skietbaan en nadat ek my 30-06 op 200m ingestel het, het ek net vier patrone oorgehad toe wou ek kyk wat doen hy op 300m.
Tussen 200m en 300m val hy met 250mm.
Sal eers op 100m daai oefening gebruik van Thomas voor ek die verstellings probeer op 300m.