Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Het bg. teleskoop as 'n geskenk ontvang. Gedink om op my nuwe 8x57JS CZ550 FS te sit. Ken ongelukkig nie die produk nie. Op hom staan "Made in Japan" Ek wil seker maak want die ringe en basisse moet 30mm wees anders gaan ek dalk 2 maal moet koop. Ek gaan die geweer hoofsaaklik vir bos toestande aanwend.
As iemand die produk ken of weet van dit sal ek jou komentaar waardeer.
Groetnis
Baie dankie en geluk aan jou ook. Die kaliber is maar betreklik nuut vir my. Ek het wel baie opgelees en geluister wat die 8x57 eienaars te se gehad het oor die kaliber.
Ek het 'n stel CZ basisse. Ek moet net ringe koop. Ek jeuk om by die skiebaan uit te kom. Ek het 170gr. en 196gr. punte gekry om mee te begin. Hoor die 220gr. is net so dodelik in die bos. Die Amerikaners het nou ook op die bandwagon gespring en hulle kan nie uitgepraat raak oor die Nege3 en 8x57 nie.
Sal jou op hoogte hou.
Ek skiet die Nege3 al vir 25jaar. Daai ou kerel praat net eenmaal.
Groetnis en geniet hom.
Deon ek het twee ringe geleen gekry by 'n vriend van my om die teleskoop te toets. Ek gaan volgende week een dag Krokkedilspruit Skietbaan toe om 'n ladings uit te toets. Ek moet ook my .270 Win en my skoon seun se .303 ladings toets. So ek gaan die hele dag besig wees.
Ek het op die net gesien die teleskoop word eintlik in Indonisie aanmekaar gesit. Die Amerikaners wat dit getoets het is blykbaar baie tevrede hulle kla net oor die prys. Maar jy weet mos hulle sal altyd kla tensy hulle dit verniet kry.
Groete en baie dankie vir jou belangstelling sover.
Koos
Deon ek het hier iets opgespoor oor die teleskoop. http://highlandoutdoors.co.uk/ultima.pdf
In Duitsland word hulle verkoop vir 900 euro en Engeland vir 699 pond.
Gaan hom maar probeer.
Groetnis.
Hy is identies soos daai een. Het 'n baie mooi klein rooi kolletjie in die middel wat jy die hederheid kan stel van 1 tot 10. Selfs op die 10 verstelling en 6 vergroting bly die kolletjie klein en skerp. Sy lense is ongelooflik helder in die dag en nag.
Groetenis.
Last edited by NEGE3 on Wed Feb 27, 2013 8:00 am, edited 1 time in total.
Het gelees op 'n Duitse en Bulgaryse jag Forum dat die jagters reken hy vergelyk met die Z6 en in hulle geld kos hy die helfte wat 'n Z6 kos. Sal so maak en jou laat weet.
Groetnis.