Ek het in die middel 80's 'n Bushnell 3tot9x40 teleskoop op my .270 Brno Zkk gesit. Het hom nog in Klerksdorp by die ou SENWES gekoop.Dit was as ek reg kan onthou 'n Bushnell Trophy met die "bullet drop compensator". Die oogstuk waarmee jy die paralaks stel het losgekom. Hy het so klein skroefie en die draad het gestrip. Daarna het die compensator opgepak. Hy het toe na so paar jaar mooitjies in die asblik beland.
Hy is vervang met 'n Leupold wat nog mooi skiet.
TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVERKOPE DIENS
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVER
Frikkie
Ek het maar met Lynxe, Weaver's, en Tasco's groot geword en almal was 4x met darem 'n optiese lens hier en daar oor 32mm. Hulle is nog hier rond en werk ook nog. Tog het ek die laaste 10 of so jare met Swarovski(2jaar) en Zeisse(10jr +) gejag en geskiet en was hulle strate beter as die bogenoemdes en hulle werk ook nog, hulle is toevallig op gewere wat ek gereeld en baie meer gebruik as wat die Lynxe en Tasco's op was. So, alhoewel die eerste scopes gehou het, sal ek hulle nie beter of net so goed klas as die 2 laasgenoemdes nie.
Sien op die poll dat die Nikko Sterlings en sy pe^lle lelik uit die bus val. Hoewel die Nightforce beter op die poll doen as die Swarovski's en Zeisse wil ek my verstout om te se^ dat daar van die 2 duitsers seker 'n goeie 5x meer is in jagters se besit. Sien ook dat al 17 Nikko Strelings gebreek het wat al verkoop is.
Mooiloop

-
DSBW
- Sr. Member

- Posts: 344
- Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm
Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVER
As dit gaan oor hoe jy behandel word na jou scope gebreek het, dan moet ek Nightforce noem. Myne het uit die staanspoor probleme gegee, en net so het Safari, spesifiek Willem Immelman uit die staanspoor my gehelp sonder om te skroom. Ek is 1000km vêr van die winkel af, dus moet ek per telefoon, e-pos of sms verduidelik dat my splinternuwe duur teleskoop nie werk nie, nooit 'n probleem gehad nie, terwyl myne weg gestuur is kon ek 'n ander "leen" teleskoop van hulle gebruik, was gelukkig dat hulle wel een gehad het.
Selfde puik diens ondervind met vêrkykers, 2 kosteloos omgeruil. Ek is nie meer 'n Nightforce "fan" nie, maar as jy is, slaap gerus, die diens en ondersteuning van hierdie produk deur Safari is onverbeterlik.

smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVER
Dit wil my voorkom all teleskope is die swak punt van gewere.
Ek het twee Leupold VXIII 6.5-20x44 teleskope gehad, altwee het probleme gegee. Die groeperings raak net al groter, en om die zero reg te kry is 'n pyn. Altwee was Leupold toe gestuur, en elke keer het dit vier maande geneem om terug te kom. Een is dadelik weer terug gestuur. Daarna, toe altwee terug is, het ek hul van die hand gesit.
Toe koop ek Burris 3.5-14, en het geen probleem nie. Daarna Burris 6.5-20x50. Dit kon nie zero nie, altyd regs. Gee toe terug vir die handelaar, en hulle stuur terug na VLT. VLT het toe nie voorraad nie. Drie maande later het ek 'n vervanging gekry, en tot dusver werk dit goed.
Dit wil my voorkom net Lynx het plaaslike herstel, maar goeie kruishare het hulle nie. Vir net kruishaar, sonder enigiets anders dink ek nie enigiets kan Lynx klop nie. Ek het jare wild ge-oes met Lynx teleskope. Hulle zero bly stabiel, en hul herstelwerk is vinnig, soos ek orals verneem. Self het ek nie herstel nodig gehad nie.
Wat ek wel moes doen was om Lynx basisse en ringe te moet vervang. Daardie 'studs' kraak, en dan gaan jou groepering weg. Na lang gesukkel vind jy die kraak. Vervang met Thor (nie verstelbaar nie), en einde van probleme.

- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: TELESKOPE: JOU ONDERVINDINGE MET BETROUBAARHEID EN NAVER
Ek voel jy sal moet onderskei tussen die Verskaffer van die produk en die Vervaardiger. Somtyds is die verskaffer dalk die sondebok en hy blameer die Vervaardiger. Dus ly die produk naam daaronder.
Groetnis.
Groetnis.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer