Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Dankie vir almal se insette. Ek leer ongelooflik baie. Ek het gelukkig 'n vriend wat 'n geweersmid van beroep is en ons gaan die projek so deeltyds aanpak. Ek gaan vir die 404 omdat hy vir my net beter pas by die 9.3 en die 8x57.
Groetnis.
Last edited by NEGE3 on Sat Feb 23, 2013 2:08 pm, edited 1 time in total.
hehehe. Ja sal dit graag wil aanskou. Ek het die nuwe roer vandag uitmekaar gehaal en goed skoon gemaak. Hy het ook maar net in iemand se kluis gestaan en is nooit gebruik nie. Skande as jy my vra. Gekyk deur my herlaai gereedskap en 'n Dilon neksizer gekry. Ek het ook 'n case length trimmer en skoentjies vir die pers en doppe. Ek moet nog net besluit op die punte se gewig wat ek wil gebruik. Die geweer het 'n 20" loop dus sal hy meer geskik wees vir bos toestaande. Wil in elk geval ook nie meer as so 2300 vt/sek gaan nie.
Wat sou jy voorstel.
Groetnis.
Ek het alweer nog 'n spuit bygekry na die 8mm. Ek het 'n 30-06 Sauer 90 met 'n M6 6x42 Leupolt teleskoop op gekry vir 'n appel en 'n ui. Saam met 100 een maal gevuurde doppe. Dit is al wat nog deur die wapen se keel is. Nou dat hy skoon is lyk hy nuut. Nie 'n merkie op nie.
As ek hulle raakloop koop ek maar. Beter as om jou geld in die bank te laat le en waarde verminder.
Groetnis en hoe voel die skouer.
Last edited by NEGE3 on Sun Feb 24, 2013 10:13 am, edited 1 time in total.
Frederik wrote:Die 404 is soos wat die 9.3 teen die 375 H&H is as 'n mens doppe en 'n geweer kan kry daan is jy reg.
Dankie Frederik. Ek is maar bietjie recoil shy. Party ouens dink seker maar ek is 'n sissie maar dis maar ek. Sako's se terugskop is normaalweg meer as ander gewere en myne het nog 'n 20" loop ook op. So hy baie ligter as die gemiddelde 9.3 wat so vanaf 4kg af weeg. Die terugskop pla my nie op die geweer nie so ek reken as ek die 404 so bietjie dokter met 'n bietjie swaarder loop en kolf en recoil pad ens. behoort ek hom te kan tem.
Ek het 'n Mauser Double Square Bridge aksie wat ek dink ook swaarder is as die gewone aksies.
Jy praat waar oor die doppe. Ek het nog nie daardie gedeelte vd projek ontgin nie.
Baie dankie vir jou belangstelling ek waardeer dit.
Groetnis.
Ek het al met so Sako 9.3 geskiet en ja hy byt bietjie jy sal ondervind dat dit 404 meer stoot as byt as die kolf jou pas.
As jy regitg nie iets het om te doen met daardie mauser aksie moet my nie vergeet nie.
En sover ek weet kan jy die 404 op 'n standaard aksie bou soos die 375 H&H.
Dit is waar. Mens moet ook nie verwag om 'n V8 te ry op 'n 1200cc se branstof verbruik nie. Die hoeveelheid kere wat 'n mens hom gaan gebruik behoort 40 doppe om mee te begin as jy herlaai jou 'n rukkie te hou.
Groetnis.