Nuwe Leupold modelle
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Nuwe Leupold modelle
Hallo Manne
Die nuwe VX6 reeks is nou al n rukkie uit maar ek sien bitter min dat manne oor hulle praat. Selfs Leupold se webwerf wys nog net die twee modelle maar ek weet daar is nog n paar beskikbaar. Het al self van hulle vasgehou by S&O by Stefan en moet eerlik wees ek hou baie van wat ek sien. Ek is nie n groot voorstaander vir 30mm buise by algemene jag teleskope nie, maar sien dit is n tendens waarna al hoe meer teleskope vervaardigers beweeg. Wat dink julle manne van die reeks? Ek hoop regtig nie die reeks gaan dieselfde pad stap as die VX7 reeks nie.
Ek sien daar is ook n hele paar nuwe teleskope uit onder hulle taktiese reeks waarvan die die Mark 8 seker die belangrikste is. Ek sien die pryse beloop so tussen $4123 en $4999. Dis nie kleingeld nie! Dit behoort seker iets spesiaal te wees om te gebruik.
Groetnis
Wouter

immelmanw
Re: Nuwe Leupold modelle
Ou Wouts, dit bly n Leupold.Wouter Roets wrote:Hallo Manne

Ek spot sommer, dit is awesome scopes. Ek het n 2-12 vx6 op my Kimber model 89. Slegs omdat dit so eg Amerikaanse geweer en kaliber is! Die mark 8 is ook goed, hulle het net BAIE kompetisie met US Optics, Nightforce en March. Dalk veg hulle daar in die verkeerde liga, selfs die Amerikaanse f klass span skiet met nightforce. Die benchrest weer march. Dus nie een van die twee spanne met n amerikaanse produk nie? Se dalk iets?
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Nuwe Leupold modelle
Willem
Is dit al Leupold wat op jou gewere pryk?
Ek wonder nog altyd hoefeel die borgskappe uit te waai het met wat die manne op hulle gewere het. Ek vat bv die manne in golf. Ek het al self met n paar groot name gepraat wat erken hulle slaan n ander brand beter maar iets moet die rekeninge aan die einde van die dag betaal. n Kontrak is n kontrak.
Ek het mos nou ook darem al n ander brand op n geweer so kyk nie meer heeltemal so een ogig na die dinge nie.
Groetnis
Wout

- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Nuwe Leupold modelle
Aaitsa Baas Wout
Kom jy bietjie uit die kassie uit, eers die Rugers nou die Leupolds, wonder of daar iets in die lug is
Ek is self 'n groot voorstaander van Leupold, het nog nie 'n VX6 kon vashou nie, so ek gaan nie kan komentaar lewer nie.
Wat die Mk8 aanbetref moet ek saam Willem stem, Leupold {En enige ander fabrikaat} gaan sukkel om hulle voet in die deur te kry, veral in daai prysklas. Mense klou mos vas aan 'n ding deesdae soos die dood self, gaan maar sukkel om hulle ander pad te laat kyk as hulle eers begin drafstap het
Die werklike verskil in kwaliteit op hierdie vlak is so min dat persoonlike smaak en aanwending op die ou einde die oorhand kry, nie noodwendig kwaliteit nie. Ek vir een hoop hulle kan 'n voet inkry, maar my hoop is maar min.
Kom jy bietjie uit die kassie uit, eers die Rugers nou die Leupolds, wonder of daar iets in die lug is
Ek is self 'n groot voorstaander van Leupold, het nog nie 'n VX6 kon vashou nie, so ek gaan nie kan komentaar lewer nie.
Wat die Mk8 aanbetref moet ek saam Willem stem, Leupold {En enige ander fabrikaat} gaan sukkel om hulle voet in die deur te kry, veral in daai prysklas. Mense klou mos vas aan 'n ding deesdae soos die dood self, gaan maar sukkel om hulle ander pad te laat kyk as hulle eers begin drafstap het
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
IndianLima
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Mon Jan 24, 2011 8:35 pm
Re: Nuwe Leupold modelle
Ek weet die US F-Klas span gaan die SA Ope in April hier kom skiet met splinternuwe Nightforce Competition teleskope, daar is baie in 'n borg maar jy kom op 'n punt waar jy goed aangebied word en moet nee sê as dit nie kompeterend is nie. As jy dit op jou geweer het is dit beter as wat jy gehad het voor jou borg...
Ek het met die Mark8 teleskope op Shot Show gespeel en weet net nie lekker hoe hulle by die pryse uitkom nie, goeie teleskoop en als. Ek verneem Leupold het ook kontrak verbindinge met hul staat en dit kan dalk wees hoe hulle by die prys uitgekom het, dit gaan nie lekker af as jy die staat dubbel vra wat jy die siviele mark vra nie
Ek het met die Mark8 teleskope op Shot Show gespeel en weet net nie lekker hoe hulle by die pryse uitkom nie, goeie teleskoop en als. Ek verneem Leupold het ook kontrak verbindinge met hul staat en dit kan dalk wees hoe hulle by die prys uitgekom het, dit gaan nie lekker af as jy die staat dubbel vra wat jy die siviele mark vra nie
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Nuwe Leupold modelle
Hallo Manne
Ek het vandag toe twee VX6 teleskope gekry en monteer. Ek het n 1-6x24 German#4 kruishaar op die 458 Lott en n 2-12x42 Boonne&Crockett kruishaar op die 375 H&H Ackley Improved gemonteer. Bitter baie in my skik en opgewonde met die menere! Ek kan nie eintlik sien dat die teleskope eintlik direkte kompetisie daar buite het nie, veral as n mens die prys in ag neem.
Ek het eintlik groot poef gaan maak want nou het ek n klomp ander gewere wat groen van jalosie is!

Umshwati Boy
- Sr. Member

- Posts: 342
- Joined: Wed Feb 29, 2012 10:06 am
Re: Nuwe Leupold modelle
Wouter,
Is daar 'n rede hoekom jy die Boone & Crockett gekies het in plek van die CDS?

- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Nuwe Leupold modelle
Laat weet bietjie wat maak die 2-12x42 Boonne&Crockett op die 375
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1179
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Nuwe Leupold modelle
Wout ek glo hulle gaan sommer baie mooi loop, ekt self nou die dag na daai 1-6x24 vir my 458 gekyk! Laat weet wat maak hulle!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Nuwe Leupold modelle
Umshwati Boy
Ek gebruik die Boonne&Crockett kruishaar al n geruime tyd op al my gewere insluitend my .22's met die uitsondering van my ultra plat skieters waar ek die Varmint Hunters kruishaar gebruik. Beide hierdie kruishare lewer uitstekende resultate die oomblik wanneer jy jou koeelbaan bevestig het met n spesifieke vergroting van die teleskoop. Ek probeer ook elke klas geweer(bos, algemeen, vlakte) se koelbane diensooreenkomstig kry sodat ek darem nie te deurmekaar raak met die vergrotings nie.
Met die CDS dails is n persoon gebonde aan n spesifieke lading en dit laat jou nie toe om te verander nie. Jy kan wel verskillende stelknoppe vir die verskillende ladings laat maak. Jy moet ook fisies die afstand indail waar jy met die B&C en VH kruishare net die merkies op die kruishaar kan gebruik. Met vinnig skiet het n mens nie altyd tyd vir dail werk nie.
Gerhard
Ek sal julle verseker op hoogte hou. Wat dadelik uitstaan van die teleskope is hulle helderheid, groot FOV en uitstekende eye relief. Hulle is ook korter as hulle ekwewalent VX3 teleskope wat van die gewere afkom. Ek is veral bly oor die werklike 1x vergroting van die 1-6 model. Dit maak om met altwee oe oop te skiet net soveel makliker.