Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Dagsê Manne
Hoop julle geniet 'n aangename Vrydag.
Ek het al baie gewonder oor Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls van dieselfde gewig, vandaar my vraag:
Kan mens aanvaar dat die nodespoed op verskillende fabrikate koeëls van dieselfde gewig in sê 'n .30 kaliber bv 180gr Nosler ETip/Accubond/Ballistic tip, Sierra GK, Barnes TSX, Hornady Interlock/Interbond ens ens min of meer dieselfde is? Indien nie, wat sal die redes wees en hoe groot kan die verkille in nodespoed op die verskeie koeëls wees.
Ek hoor graag jul opinies.
Groete
Jean

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
Ludwig, kan mens dan redelikerwys aanvaar dat loodkern koeëls met min of meer dieselfde lengte/mantelkonstruksie amper dieselfde nodespoed sal hê, en dat monometaalkoeëls onder soorgelyke omstandighede 'n ander nodespoed sal hê?
Dis nogal opvallend hoeveel die Init pressure tusse die Etip en Ballistic tip verskil, amper dubbel. Beteken dit dat die ballistic tip meer kruit agter hom sal moet hê om dieselfde spoed as die Etip te behaal, of is dit andersom?
Dis nogal opvallend hoeveel die Init pressure tusse die Etip en Ballistic tip verskil, amper dubbel. Beteken dit dat die ballistic tip meer kruit agter hom sal moet hê om dieselfde spoed as die Etip te behaal, of is dit andersom?
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
Dankie vir die inligting. Ek vind dit nogals interessant.
Nosler Accubond en Ballistic tip behoort dus ook te verskil, aangesien hul manteldiktes verskil, alhoewel BC/Lengte ens presies dieselfde is. Die Init Pressure vir die twee behoort verskillend wees of hoe? Sal dit dan ook tot gevolg hê dat hulle ook verskillende nodespoede sal hê?

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
Ek is van die mening dat koeels van dieselfde gewig min of meer dieselfde nodespoed het in 'n betrokke kaliber.
Die lading kan dalk verskil maar nodespoed sal relatief konstant bly.
Soos koeels die presiese node spoed gaan verander gaan jou primer, dryfmiddel en dop volume ook 'n invloed he (selfde kaliber en loop lengte). Vir 'n eerste vergelyking of punt van gesprek sou ek aanvaar dat die spoed dieselfde gaan wees, maar nie die lading nie!

- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
Ludwig
Doen daai selfde toets met Accubond en BT, ek vermoed die verskil gaan minimaal wees.
Arnold
onthou altwee die koels se form, lengte, kern, en wand is omtrent dieselfde verskil is net die een is gebond die ander nie.
Doen daai selfde toets met Accubond en BT, ek vermoed die verskil gaan minimaal wees.
Arnold
onthou altwee die koels se form, lengte, kern, en wand is omtrent dieselfde verskil is net die een is gebond die ander nie.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
So Ludwig, die bandwydte van 'n nodespoed is dus redelik klein. Ek het gedink dat 50fps nie veel invloed sou hê nie, maar nou lyk dit my daardie aanname was verkeerd. Dit begin my nou wys dat uiterse akkurate ladings as dit by nodespoede kom, baie belangrik is, sodat verskille in hoogste en laagste spoed so klein as moontlik moet wees, beslis minder as 50fps. Dit verklaar dalk daai "flyer" skoot so nou en dan.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
Baie interessant, en dan wonder party nog hoekom hierdie stokperdjie so veslawend kan raak.
Baie dankie vir die inligting. Jy't 'n klomp vrae beantwoord.
Werk jou QL "betaal vir 'n lading" al?
Baie dankie vir die inligting. Jy't 'n klomp vrae beantwoord.
Werk jou QL "betaal vir 'n lading" al?
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
Ludwig, dit is hoekom ek die begrip relatief gebruik het
As 'n beginpunt is relatief vir my ok. In die verlede moes jy 'n spektrum ladings toets om te sien wat werk, hierdie beginpunt maak dinge aansienlik makliker uit 'n herlaaier se perspektief. Uit 'n koeel keuse perspektief maak dit ook sin om te aanvaar dat jy 'n koeel van dieselfde gewing omtrent teen dieselfde spoed kan skiet.

- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
Manne, ons besef nie hoe bevoorrreg ons hier op Jaracal is met die bodemlose put van kennis wat ons elke dag vanaf ander forum lede kry. Dankie Ludwig vir jou voortgesette toevoegings hier. Tegnies superior kennis in taal wat almal kan verstaan.Ludwig wrote:Jean, dit gebeur soms dat 'n node se wydte groter is, en ander kere weer kleiner. Wat presies die veroorsaak is nie vir my so duidelik nie, maar as ek uit al die data waarmee ek al gewerk het moet skat, sal ek sê dat mens soms nodes kry so wyd as 60fps, en ander kere blyk 'n node so nou as 20fps te wees. Dit sal dus beslis raadsaam wees om jou "extreme velocity spread" minstens by so 30fps of minder te hou, om ten alle tye redelik seker te wees jou ES gooi jou nie van node af nie. In Bryan Litz se nuutste boek wat ek besig is om te lees, deel hy die lading veranderlikes in 3 dele op. "High Confidence", "Medium Confidence" en "Low Confidence". ES is 1 van vele faktore in hierdie stelsel wat hy WEZ noem (Weapon Employment Zone). Daarin sê hy dat ES vir 'n high confidence kategorie is 10fps, medium confidence is 15fps en low confidence is 20fps, en dat enige herlaaier met goeie herlaai tegnieke behoort minstens ES na 15fps te kan kry, en dat goeie fabrieks ammunisie gewoonlik by 20fps rond is. Dit val dalk nou bietjie buite die onderwerp van hierdie bespreking, maar is tog belangrik ook vir die ideale node spoed om jou ES so laag moontlik te kry. Dit bly 'n trick om 'n lae ES op 'n ooreenstemmende node te kry. Soms is 'n lading met lae ES, 'n entjie weg van 'n node af, en soms is 'n node lading se ES nie so laag as wat met ander ladings moontlik is nie. Dis waar fynere verstellings aan TPL van groot wins kan wees. Soms verg dit net 'n 0.2mm verstelling aan TPL om 'n lae ES en node spoed mooi bymekaar uit te kry.
Sorry vir die hi-jack.. vrydae maak my nostalgies!
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
Ludwig wrote:Jip, hy doenJean Marais wrote: Werk jou QL "betaal vir 'n lading" al?
Ek stuur binnekort vir jou 'n PM.... wil net die regte koeel op die ander draad eers opspoor!
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
Ludwig, +1 vir Pieter se kommentaar. Ek sal jou graag hopelik eendag ontmoet, en wat jy in jou laaste pos gesê het was juis om daai aanname van selfde gewigkoeël = selfde nodespoed hok te slaan.
Eht jy dalk al hierdie artikel gelees? http://www.the-long-family.com/OBT_paper.htm
Eht jy dalk al hierdie artikel gelees? http://www.the-long-family.com/OBT_paper.htm
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
Ek is ook lid by Centurion tak. Hulle skiet juis Saterdag by Pelindaba, maar ek sal die een ongelukkig 'n mis moet gee.
Soos jy sê - Chris Long het goeie grond gebreek met sy navorsing oor OBT. Dit het egter die normale naweekherlaaier se denke totaal verander - hopelik ten goede, want resultate is nou soveel beter.
Groetnis
Soos jy sê - Chris Long het goeie grond gebreek met sy navorsing oor OBT. Dit het egter die normale naweekherlaaier se denke totaal verander - hopelik ten goede, want resultate is nou soveel beter.
Groetnis
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
Dit sal nice wees om 'n paar biere saam met Chris Long te gaan drink 
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
Praat jy - Dit mag dalk 'n "Long" gesprek afgee
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
Manne
Dalk net so bietjie van die topic af maar meskien kan dit vir n paar manne van waarde wees. Toets jou nodespoed se akkuraadheidswydte. n Nodespoed wat gepaard gaan met algemene aanvaarde herlaaipraktyke sal gewoonlik goeie resutate lewer. Hier is dopvulling, volkome ontbranding, drukvlakke tussen 56 000-62 000psi en TPL wat nie te ver is van die onderkant van die skag wat naby die nek en skouer interseksie sit nie van groot waarde. Manne maak soms die fout om hierdie goed nie bymekaar uit te bring nie en dit is verskriklik belangrik dat hierdie nie geskei word van mekaar nie. ES is gewoonlik die grootste sondebok wat gewoonlik n lading kan laat sink soos Luddie al reeds gese het.
Een van die handigste dinge van my van QL is dat ek die regte koeelgewig vir looplengte kan kies wat voor die tyd aan hierdie teoretiese eienskappe voldoen. Dit spaar enorme tyd en geld vir n mens. Moet nie fout maak om vas te kyk aan n spesifieke koeelgewig nie. Baie keer gee die swaarder koeel met die hoer BC dieselfde nodespoed as die ligter een tesame met die voordele van inskakeling by beter herlaai praktyke soos bo genoem.
Deur jou node wydte te toets kan jy jou lading aanpas sodat jy ladings wat in die somer ontwikkel is verseker dat hulle nog steeds in die winter kan werk en andersom. Indien jy in die somer ladingontwikkeling doen kies dan die hoogste gedeelte van die spektruk as jou lading en weer in die winter jou laagste een. Hierdie sal verseker dat jy nog steeds goeie resutate in die warmer of koue seisoen kry. Hierdie help ook met gewere wat so bietjie fiemies is met skoon en vuil lope in n mate.
Groetnis
Wouter

Hallo Wouter
Hoop dit gaan baie goed met jou.
Wat jy hierbo sê is nogal 'n mondvol, maar maak baie sin. Het nog nooit spesifiek daaraan gedink dat winter- en somerladings kan verskil nie. Iets wat ek wil byvoeg na Saterdag se eksperimentele skiet:
Ek het presies dieselfde lading van 69gr S385 agter 'n 168gr ETip in elk van die verskillende lotte doppe wat ek besit geskiet. Daar is omtrent 8 verskillende lotte doppe wat volgens gewig sorteer is en wissel tussen 215gr en 234gr. Dit was opmerklik hoe spoed tussen die verskillende doppe gewissel het, en die verskil tuusen die ligste en swaarste dop was 90fps. Die rede vir die eksperiment was om vas te stel wat die invloed op die spoed van koeëls is teenoor dopvolume, en my aanname was dat die ligter doppe 'n groter volume behoor te hê as die swaarder doppe. (Alle doppe is Norma)
Dit het my laat besef dat dopvolume nogal krities by die bepaling van 'n nodespoed, en die moontlike invloed wat dit op die OBT van 'n lading kan hê. Die vraag wat egter nou by my opkom is: Sal die nodespoed vir 'n spesifieke dopvolume en gewig koeël verskil van 'n nodespoed met 'n ander dopvolume met dieselfde gewig koeël, m.a.w. watter invloed het dopvolume op die bepaling van 'n nodespoed?
Ek hoor graag jou en ander fundi se kommentaar.
Hoop dit gaan baie goed met jou.
Wat jy hierbo sê is nogal 'n mondvol, maar maak baie sin. Het nog nooit spesifiek daaraan gedink dat winter- en somerladings kan verskil nie. Iets wat ek wil byvoeg na Saterdag se eksperimentele skiet:
Ek het presies dieselfde lading van 69gr S385 agter 'n 168gr ETip in elk van die verskillende lotte doppe wat ek besit geskiet. Daar is omtrent 8 verskillende lotte doppe wat volgens gewig sorteer is en wissel tussen 215gr en 234gr. Dit was opmerklik hoe spoed tussen die verskillende doppe gewissel het, en die verskil tuusen die ligste en swaarste dop was 90fps. Die rede vir die eksperiment was om vas te stel wat die invloed op die spoed van koeëls is teenoor dopvolume, en my aanname was dat die ligter doppe 'n groter volume behoor te hê as die swaarder doppe. (Alle doppe is Norma)
Dit het my laat besef dat dopvolume nogal krities by die bepaling van 'n nodespoed, en die moontlike invloed wat dit op die OBT van 'n lading kan hê. Die vraag wat egter nou by my opkom is: Sal die nodespoed vir 'n spesifieke dopvolume en gewig koeël verskil van 'n nodespoed met 'n ander dopvolume met dieselfde gewig koeël, m.a.w. watter invloed het dopvolume op die bepaling van 'n nodespoed?
Ek hoor graag jou en ander fundi se kommentaar.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
Die dop volume beinvloed wel die node spoed. Hoe groter die dop volume hoe hoer is die node spoed. Hier praat ek ook maar van so 20 fps, maar dit verskil wel.
As jy nou dieselfde lading skiet gan die spoed hoer wees in die swaarder/kleiner dop en die spoed gaan laer wees in die ligter/groter dop. Hierdie werk dan nou heeltemal teen waar jou nodespoed moet wees.
As jy nou dieselfde lading skiet gan die spoed hoer wees in die swaarder/kleiner dop en die spoed gaan laer wees in die ligter/groter dop. Hierdie werk dan nou heeltemal teen waar jou nodespoed moet wees.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
Hallo Arnold
Dit maak sin wat jy sê, en my toets het ook so uitgekom. Ek kan dus aanvaar dat doppe met 'n groter dopvolume 'n vinniger nodespoed sal hê as doppe met 'n kleiner dopvolume. Sou dit dan eerder raadsaam wees om vir elke dopvolume in 'n LOT , 'n eie QL landing te ontwikkel? Sou dit dan ook geld vir verkillende koeël fabrikate van dieselfde gewig?
Dit maak sin wat jy sê, en my toets het ook so uitgekom. Ek kan dus aanvaar dat doppe met 'n groter dopvolume 'n vinniger nodespoed sal hê as doppe met 'n kleiner dopvolume. Sou dit dan eerder raadsaam wees om vir elke dopvolume in 'n LOT , 'n eie QL landing te ontwikkel? Sou dit dan ook geld vir verkillende koeël fabrikate van dieselfde gewig?
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
'n Eie lading vir elke dopvolume sou beter wees, maar dit sou vir my afhang van my doel. As ek steeds aanvaarbare akkuraatheid kry sou ek nie daaroor worry nie. So dit hang af van wat vir jou aanvaarbaar is.
Die kwessie oor die koeels is elder bespreek, maar in kort kom dit op die selfde neer. Ander koeels, ander spoed tot in 'n mate.
Die kwessie oor die koeels is elder bespreek, maar in kort kom dit op die selfde neer. Ander koeels, ander spoed tot in 'n mate.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Nodespoed op verskillende fabrikate koeëls
Arnold, ek stem met jou standpunt oor akkuraatheid saam. Die aanwending is net vir jagdoeleindes, en ek dink as jou groeperings aanvaarbaar is, jy noodwendig kan aanvaar dat jy baie naby of op 'n node is.