Watse kruite?

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Watse kruite?

Post by BRNO (Pierre) »

Piet-Skiet wrote:Manne ek begin mos nou laai mar ek gan laai vir 'n magdom kalibers. Nou is my vraag watse kruite want die verskeidenheid is groot. Ek gan 9mm en 40 laai met ms200,44 met s265,303 en 375 met s355 en dan 243 met 365. Nou is my vraag is dit die moeite werd op 385 tekry of moet ek eerder by 365 bly?
As jy praat van die .243 hang dit af watse koeel gewig jy gaan skiet, maar ek het nou al rond gespeel op QL en S365 gee vir my die beste all out performance. Moet se, ek laai ook 30-06, dus is dit vir my makliker in elk geval om S365 te gebruik. Vir watter kaliber sou jy die S385 wou gebruik?
Veiligheid eerste manne!
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Watse kruite?

Post by kopskoot »

Piet-Skiet wrote: mar ek gan laai vir 'n magdom kalibers.
Kink vir my BOASTFULL!!
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Watse kruite?

Post by Lourens »

Piet,

Koop die regte kruit, daai R260 wat 'n blik kos is goedkoper as die gesukkel en frustrasie wat die verkeerde kruite jou gan besorg.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Watse kruite?

Post by BRNO (Pierre) »

Lourens wrote:Piet,

Koop die regte kruit, daai R260 wat 'n blik kos is goedkoper as die gesukkel en frustrasie wat die verkeerde kruite jou gan besorg.
Daarmee stem ek saam Lourens. Piet, waarvoor sou jy die S385 gebruik? het jy nog n kaliber om voor te laai?
Veiligheid eerste manne!
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

Re: Watse kruite?

Post by mossie »

S385 werk beter in my 300 met die 168gr en swaarder koeels. In my 243 het ek my vervies vir s365 en gebruik nou s361 vir 85 tot 95 gr en s385 vir die 100 gr en swaarder. n Vriend het selfs met 70 en 75gr in sy 243 s361 begin gebruik met goeie resultate. Ek sal maar kyk of die ligter koeels met s361 wil trou in my gewere en of s355 maar daar moet werk. Ek dink regtig ons moet wyer kyk as s365 veral in die 300- die gegewe maksimum ladings voel ek is bietjie lig in die broek en ek het EFFE oor maks gegaan met die 175, 180 en 190gr koeels met regtig goeie resultate. Ek voel s365 werk met die ligter koeels in die 300 win mag. Ek dink die moontlikhed met s361 in veral die 243 en moontlik ook selfs die 300 word dalk onderskat. Bo alles---- apply your mind en wees versigtig!!!!

NS. Darem kon ek nou na n lang tegnologiese droogte weer iets op die forum plaas-lekker om terug te wees.

MOSSIE
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Watse kruite?

Post by Hein M. »

Piet-Skiet wrote: en dan 243 met 365. Nou is my vraag is dit die moeite werd op 385 tekry of moet ek eerder by 365 bly?
Piet, met die ligter punte (tot 70gr) is S355 - volgens my - beter. Van 75gr tot 90gr is S365 die beter een. Die gewig speel 'n rol.

Hein
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

Re: Watse kruite?

Post by mossie »

Hallo
90 lapua scenar
46.5 gr s361 met cci 250 slagdop (nagenoeg 20 mm op 200m)
43.8 gr s365 met cci 200 slagdop ( 25mm op 200m)
howa varminter en musgrave k98

In beide die gewere was die lading sonder merkbare druk. Die snelheid in die varminter was 3160vps met die s361 lading en ongeveer 3130vps met die s365 lading. Die musgrave se snelheid is nie gemeet nie. Beide van die gewere was baie sensitief vir die sprong na die lande en beide het die beste gevaar met n sprong van nagenoeg 0.25 mm(so akkuraat moontlik gemeet met my vernier en gebrekkige vermoe)

Die groot verrassing was egter die 85 gr sierra gameking met 46,8 gr S361 en n cci 250 slagdop met n 0.25mm sprong- 11mm op 200m.

Sal die naweek kyk wat dink die Remington sps van die konkoksie. Onthou ek se nie dat s361 die enigste antwoord is nie, maar hier het dit regtig s365 se naam geplank.

45gr S385 het belofte begin wys met die 100 gr PMP en Sierra Pro Hunter maar wou op 200m maar sukkel. Sal hier maar nog lekker speel. Die meeste ouens wil spog met hulle 243 se 100m groepering waar gate sny, maar wil tjank as hulle dieselfde lading op 200m skiet. n Man war bietjie meer weet van die 243 reeks as die meeste van ons ( sy naam sal ek nie noem nie, maar van sy produkte kry groooooot aftrek op die forum) het eendag vir my gese S361 is die mees onderskatte dryfmiddel in Somchem se reeks (hy gebruik ook nogal S355 baie). Ek stem nogal met hom saam.

MOSSIE
Post Reply