Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag langpad?

Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag langpad?

Post by Lourens »

More manne,

Soos van julle weet het ek einde November 2012 van werk verander en ry ek nou elke dag so altesaam 130km werk toe en terug. Snelweg maak so 100km-110km van die 130km elke dag uit. Huidiglik ry ek 'n 2005 model Volkswagen Polo 1.4 Petrol en hy gee my so 13km/L as ek myself gedra. Op die oomblik ry ek R4000 se petrol in 'n maand uit en dit is besig om my gat lam te maak. Dan het ek nog nie op 'n naweek eers bietjie bos toe gery of so nie. Ek trou einde April en beplan om dan nader aan die werk te trek, maar dit sal ook maar net halfpad nader wees en ek sal steeds so 70km 'n dag werk toe en terug afle. My huidige kar het vanoggend 170000km op die klok geslaan en die kilos begin vir my effe hoog raak.

Ek het altyd gese die dag as ek my Polo vervang, dan vervang ek hom met 'n Hilux of die nuwe Ranger, maar met die ver ry elke dag sal dit nog 'n groter gat in my beursie ruk. So graag as wat ek 'n bakkie wil he moet ek 'n sinvolle en ekonomiese besluit neem. Dus oorweeg ek nou maar weer 'n klein ligte kar vir dievolgende 2 of 3 jaar. Daarna sal ek die situasie weer heroorweeg.

Wat is in julle manne se opinie op die oomblik die beste kombinasie van rygerief, prys en brandstof verbruik? Ek soek iets wat rerig baie lig op sous is maar steeds veilig is en natuurlik redelik bekostigbaar. Ek is maar lief vir my VW en kyk nogal na die nuwe Polo 1.2 TDI Bluemotion. Van wat ek raaklees en hoor is hy bitter lig op Diesel.

Ek luister graag wat se die petrolkoppe.

Groete,
Lou
User avatar
Varminter-308
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by Varminter-308 »

Ek het so 5 jaar terug n Polo 1.9 TDI gery.

Daai kar het my 5.3 L/100km gegee.

Ek sal se die Polo wat jy na kyk sal n goeie besluit wees.

Groete
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by Jacko »

Ek stem - die nuwe, klein turbodiesels is ongelooflik lig op brandstof, so minder as 5l/100km - of meer as 20km/liter in die ou taal - is baie moontlik.

Ek dink egter nie hulle is so bullet proof na 120 000km nie. Daarom MOET jy 50ppm diesel ingooi as jy kan. Dit sal 'n baie groot verskil maak. En dan: as jy nuut koop, hoeveel geld gaan jy moet betaal vir die nuwe ryding? Is jou huidige ding nie klaar betaal nie?

Brandstofverbruik van jou huidige ryding moet afgespeel word teen die aankoopkoste van die nuwe voertuig.
User avatar
Varminter-308
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by Varminter-308 »

Brandstofverbruik van jou huidige ryding moet afgespeel word teen die aankoopkoste van die nuwe voertuig.[/quote]


Stem saam
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by Lourens »

Jacko,

My huidige ryding is ten volle betaal, dus kan ek 'n redelik fris deposito op die nuwe een neersit. Dit pla my ook dat my kilos op die huidige een hoog raak en ek is bang die redelike groot onderhoudkostes is nie ver nie. Tot nou toe het hy my rerig nie baie gekos nie en geen moeilikheid gegee nie, maar dit gan nie vir ewig so aanhou nie.

Selfs al is die nuwe voertuig se prys + die verlaagde brandstofkoste in dieselfde omgewing as wat ek huidiglik spandeer sal dit help, want dan sit ek met 'n splinternuwe voertuig met 'n onderhoudsplan. Ek sit dus huidiglik met 2 probleme, brandstofverbruik wat te hoog is en dan kilos wat ook hoog raak. Ek moet 'n oplossing vind wat beide daai probleme sal aanspreek sonder om my noodwendig in 'n slegter posisie te plaas as met die huidige voertuig.
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by Jacko »

Gaan kyk net wat die paaiement sal wees, want huidiglik het jy geen paaiement nie.

Maar nouja, as die kilo's te hoog raak, moet mens uiteindelik jou voertuig vervang.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by FCLoretz »

My Pa ry die 1.9 Polo TDi,

enigste rede hoekom hy nou wil verkoop as is gevolg van die belasting voordeel wat hy kry uit 'n ander koop.

Maar hy kry ongeveer so 19-21km/l

Ek weet hy ook genoem dat die dienste redelik duur raak.

Kyk ook dalk na die Nissan Tiida in diesel.
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by kopskoot »

Louw

My ma het op 'n stadium 'n diesel corsa bakkie gehad. Ek wil nou nie lieg nie, maar daai ding het omtrent net op suurstof gery. ;D Sy dieseltenk se slot het tot vasgeroes(nou lieg ek), maar hy is baie lig. Voordeel van daai bakkie is, jy kan nog jou nuwe skoonma agter -op laai en saamvat op 'n jagtrip om skottelgoed te was en die seile vas te hou op pad terug van die jag af.(jy wil tog nie 'n seil verloor nie,en ook nie stof op die bokke he nie)

Sterkte met die besluit!
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by johnny »

louwrens

die keuse van polo is heeltemal reg sal die beste en ligste wees, ek het ook n corsa bakkie gery en hy het my so 16 km /l gegee teenoor polo so 18 to 20km/l

groetnis

Johnny
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by kopskoot »

johnny wrote:louwrens

die keuse van polo is heeltemal reg sal die beste en ligste wees,
Johnny: Kan hy bokke in daai polo se boot ook laai? ;D ;D spot sommer

Sien jy bly in Despatch en is 'n VW fan- werk jy vir VW?
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by Lourens »

kopskoot wrote:Johnny: Kan hy bokke in daai polo se boot ook laai? spot sommer
Ronald,

Jy sal verbaas wees! My rekord staan op 2 blouwildebeesbulle, 2 rooibokramme, 2 gewere, 'n boog, 'n visstok en trommeltjie, 2 manne se naweeksakke en dan die 2 manne self ook! ;D ;D 8) Ek verstaan van Polo-pak! ;) ;D As 'n man moet jag moet hy jag!
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by johnny »

Kopskoot

Polo met n roofrak is die in ding hier, kan 2 koedoes op roofrack sit en koelboks binne op agter seat sodat hy naby is. Nee nog nie vir vw gewerk nie, maar daar is 2 van hulle voertuie wat wragtig uitstaan polo 1.9 tdi en Kombi 1.9 tdi. veral by dieselverbruik.

Mama het n kombi en ek leen hom vir rugby kyk in bloem , of kaapstad , oe tog so lekker saam met pelle.

Ek ry n Isuzu 2.5 donkie , maar gelukkig jaag niks my nie. Hoekom kry jy n sjammie saam met n Isuzu , dis om die miggies wat in jou agter ruit vasvlieg af te vee.

groetnis

JOHNNY
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by VdWalt »

Lourens wrote:
kopskoot wrote:Johnny: Kan hy bokke in daai polo se boot ook laai? spot sommer
Ronald,

Jy sal verbaas wees! My rekord staan op 2 blouwildebeesbulle, 2 rooibokramme, 2 gewere, 'n boog, 'n visstok en trommeltjie, 2 manne se naweeksakke en dan die 2 manne self ook! ;D ;D 8) Ek verstaan van Polo-pak! ;) ;D As 'n man moet jag moet hy jag!

>:D Ek het n Renault Megane gehad (baie lekker gery, teer en grondpad) ek wou paar keer vir die Franse n foto
stuur om te wys hoe lyk die boot met n bwb en paar rooibokke in maar was bang hulle kanselleer
my motorplan .... !!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by Chevvy SS »

Alle nuwe klein dieseltjies verbruik min brandstof en daar is nie een wat die ander met 3-4 l/100km gaan klop nie. Ek is seker die maks. verskil is tussen 1 en 2. Dus op 'n duisend km gooi jy R120 se brandstof meer in. Neem ook in ag dat baie voertuie se tripmeters en speedos ook baie verskil. As 'n tripmeter 4% meer optimisties is as 'n ander een, kry jy 40 km kamstig meer wat die brandstofsyfer positief beïnvloed. Dieselfde met die speedo: op 120 is baie se werklike spoed 117 en ander 112.
As jy dus een van hierdie "overreaders" kry, is hulle sommer (kamstig) lekker lig op diesel.

Ek en my swaer het een naweek 500 km gery en sy bakkie was baie ligter, totdat ek uitgewys het dat ek 42km minder as hy gery het.

Wat belangrik gaan wees is diensplan.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by Eugene »

Lourens wrote:More manne,

Soos van julle weet het ek einde November 2012 van werk verander en ry ek nou elke dag so altesaam 130km werk toe en terug. Snelweg maak so 100km-110km van die 130km elke dag uit. Huidiglik ry ek 'n 2005 model Volkswagen Polo 1.4 Petrol en hy gee my so 13km/L as ek myself gedra. Op die oomblik ry ek R4000 se petrol in 'n maand uit en dit is besig om my gat lam te maak. Dan het ek nog nie op 'n naweek eers bietjie bos toe gery of so nie. Ek trou einde April en beplan om dan nader aan die werk te trek, maar dit sal ook maar net halfpad nader wees en ek sal steeds so 70km 'n dag werk toe en terug afle. My huidige kar het vanoggend 170000km op die klok geslaan en die kilos begin vir my effe hoog raak.

Ek het altyd gese die dag as ek my Polo vervang, dan vervang ek hom met 'n Hilux of die nuwe Ranger, maar met die ver ry elke dag sal dit nog 'n groter gat in my beursie ruk. So graag as wat ek 'n bakkie wil he moet ek 'n sinvolle en ekonomiese besluit neem. Dus oorweeg ek nou maar weer 'n klein ligte kar vir dievolgende 2 of 3 jaar. Daarna sal ek die situasie weer heroorweeg.

Wat is in julle manne se opinie op die oomblik die beste kombinasie van rygerief, prys en brandstof verbruik? Ek soek iets wat rerig baie lig op sous is maar steeds veilig is en natuurlik redelik bekostigbaar. Ek is maar lief vir my VW en kyk nogal na die nuwe Polo 1.2 TDI Bluemotion. Van wat ek raaklees en hoor is hy bitter lig op Diesel.

Ek luister graag wat se die petrolkoppe.

Groete,
Lou
My company karretjie is 'n 2005 Jetta 4 1.9 TDi en ek kry maklik 19.5 km/l op die langpad! Jy kan gaan met die Polo 1.2 TDI Bluemotion of selfs 'n 1.4Tdi. Hulle is baie lig op sous en baie betroubaar! 'n Bakkie is swaar op sous en onderhoud, veral as jy elke dag met dit werk toe moet ry....
Aim small, miss small
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by Lourens »

Eugene,
Eugene wrote: 'n Bakkie is swaar op sous en onderhoud, veral as jy elke dag met dit werk toe moet ry....
Dis juis hoekom ek nou maar oorweeg om my Polo met 'n soortgelyke voertuig te vervang. Die werk-skuif Randburg toe was onverwags en nie in my planne gewees nie, maar as die geld reg is kan mens ongelukkig nie nee se nie en dan vat jy maar die pyne wat daarmee saamkom.

Huidiglik lyk die 1.2TDI Bluemotion Polo soos die voorloper op brandstofverbruik. Hys nou wel nie haastig nie en het ooknie 'n oormaat trekkrag nie, maar ek dink tegnologie het van so mate verander dat ek nie veel van 'n verskil in krag sal ervaar tussen my 7 jaar oue 1.4 petrol enjin en 'n splinternuwe 1.2TDI diesel enjin nie. Die nuwe Golf 7 1.2 TSI lyk ook asof sy verbruik baie naby aan die van die 1.2TDI Polo is.

Op die stadium is dit maar 'n voertuig om my van die huis af werk toe en weer terug te kry, ek sal oor 3 of 4 jaar loer na iets wat so bietjie meer vir speel en ontspanning gebruik kan word! ;) ;D

Laat waai asb met die insette manne!

Groete,
Lou
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by Eugene »

Lourens, ek dink jy is op die regte pad! Ek kyk self na 'n klein karretjie om mee in die dorp heen en weer te ry, dan gaan ek die bakkie net naweke gebruik! 'n Polo Tdi sal ook my eerste keuse wees!
Aim small, miss small
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by savage(P Coetzer) »

Chevvy SS wrote:Alle nuwe klein dieseltjies verbruik min brandstof en daar is nie een wat die ander met 3-4 l/100km gaan klop nie. Ek is seker die maks. verskil is tussen 1 en 2. Dus op 'n duisend km gooi jy R120 se brandstof meer in. Neem ook in ag dat baie voertuie se tripmeters en speedos ook baie verskil. As 'n tripmeter 4% meer optimisties is as 'n ander een, kry jy 40 km kamstig meer wat die brandstofsyfer positief beïnvloed. Dieselfde met die speedo: op 120 is baie se werklike spoed 117 en ander 112.
As jy dus een van hierdie "overreaders" kry, is hulle sommer (kamstig) lekker lig op diesel.

Ek en my swaer het een naweek 500 km gery en sy bakkie was baie ligter, totdat ek uitgewys het dat ek 42km minder as hy gery het.

Wat belangrik gaan wees is diensplan.
Bie waar van die trip lesings!
Het 6jr terug n kb250 isuzu met die komsensator gery en hy was volgens sy speedo baie lig op diesel tot die dag wat ek met die gps sien sy speedo is 12% optimisties.
Toe was hy nooit weer so lig nie.
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by johnny »

Sien daar is daai ding van Isuzu soos vorige post se ,, miggies teen agterruit ''

groetnis

Johnny
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by Rasmus »

Lou

Kap die gautrein man. As sy kaartjies jou R 1000 per maand kos het jy R 3000 ekstra om aan gunne en jag te spandeer! ;)
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by kopskoot »

Lourens wrote:
kopskoot wrote:Johnny: Kan hy bokke in daai polo se boot ook laai? spot sommer
Ronald,

Jy sal verbaas wees! My rekord staan op 2 blouwildebeesbulle, 2 rooibokramme, 2 gewere, 'n boog, 'n visstok en trommeltjie, 2 manne se naweeksakke en dan die 2 manne self ook! ;D ;D 8) Ek verstaan van Polo-pak! ;) ;D As 'n man moet jag moet hy jag!
Louw

Onthou my tog om nie jou polo te koop nie ;D
Jaco123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 325
Joined: Sun Feb 10, 2013 7:24 pm

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by Jaco123 »

Middag Lourens

'n Pel van my ry een van die 1.2 TDi's en reken hy kry 25 km/l in die verkeer en as hy hastig is so 21 km/l. Maak maar soos Jacko se en gooi 50ppm diesel in. Dit is duurder. Ek is 'n groot voorstander van Sasol se 50 ppm. Soos ek se dit is duurder. My Toyota is 10% ligter op die Sasol maar dit kos net 5% duurder. So ek spaar nog steeds 5%.

Groete.
Jaco.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Voertuig wat lig op Petrol / Diesel is vir elke dag lang

Post by Dawie »

Total economy run 2012.....
Liter/100km
Diesel rygoed.....
Ford Fiesta 1.6 Trend Auto 4.485
Golf Blue Motion 4.803
Renault Tdci 4.982
Polo Blue Motion 5.096
Golf Blue Motion 5.240
BMW 120D 1.207 5.264
Citroen DS3 e=HDI 90 5.503
Volvo C30 5.641

Petrol rygoed..
Peugeot 107 5.063
Toyota Yaris Hybrid 5.068
Toyota Aygo 5.121
Post Reply