Min wages
-
Wayne
- Hero Member

- Posts: 1007
- Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm
Min wages
It would be interesting to hear the feeling of the members on this topic. I am going to have to down scale my work force and also put some on hourly pay, which actually could mean that the worker will end up with less money at the end of the month than he is already getting.
wayne
wayne
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Min wages
My pa en broer gaan basies maar dieselfde doen. Die mielieprys styg nie in verhouding tot die insetkoste en diesel en lone se koste nie. Hulle oorweeg dit ernstig om eerder aangeplante weiding in te sit en met bees te boer, 75% van die werkers te retrench en dan dieselfde te verdien met 50% minder insetkoste en worries...
Hierdie verhogings en die "gees" waarin dit gedoen is, gaan veroorsaak dat plaaswerkers, die slegste daaraan af is. Ek hoop hulle het Tony en Nosey se adresse om te gaan "strike" voor hulle huise...
Hierdie verhogings en die "gees" waarin dit gedoen is, gaan veroorsaak dat plaaswerkers, die slegste daaraan af is. Ek hoop hulle het Tony en Nosey se adresse om te gaan "strike" voor hulle huise...
-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Min wages
Het gisteraand die berig op die nuus gekyk. Die berig net daarna het die ANC weer gepraat van werkskepping. Ironies ne!
Vandag se Zuma dat die Myn Maatskappye hulle wil "blackmail"
Die gaping tussen die arm en rykes gaan net groter en groter word
en werkloosheid gaan ongekende getalle bereik deur die regering se toedoen.
Vandag se Zuma dat die Myn Maatskappye hulle wil "blackmail"
Die gaping tussen die arm en rykes gaan net groter en groter word
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Min wages
Dit is niks, meeste van hulle drink elkgeval al hul lone uit, kan julle dink hoe baie meer gaan hulle nou drink.

- Gernie
- Hero Member

- Posts: 771
- Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm
Re: Min wages
Ek dink eerlikwaar dit is die slegste ding wat die regering kon doen a.g.v die volgende redes:
- Die boere word nou gedwing om te meganiseer
- Meganisasie gaan afdankings te wee bring, so werkloosheid vermeerder
- Daar gaan weereens verskille ontstaan oor afdankings wat in my opinie weer gaan lei to plaasmoorde.
Net my opinie.

- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Min wages
dit is so waar so waar! gee hom meer, syp hy dit uit.BLOK wrote:Dit is niks, meeste van hulle drink elkgeval al hul lone uit, kan julle dink hoe baie meer gaan hulle nou drink.![]()
my huise op die plaas se huur gaan drasties klim, die R3/kg skaap wat hy slag, gaan styg, sommer f%^$ als gaan styg. ek gatvol om gemelk te raak, nou gaan ek ook maar melk.
hy gaan maar 'n paar sent meer uitkry as nou.
jul almal het die vleisprys topic gelees, hel man, hoe kan die prys nou laar wees as 5jaar terug?
dan vreet die donerse jakkalse ook nog my skaap op
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Re: Min wages
Naand Manne
Ja wat kan mens se???? Hierdie ding slaan ons bedryf ( groente ) baie hard !!
Ek het n werks mag van so by die 400 mense tussen twee plase. Ons sal nou moet planne maak en die rieme dun sny om dit te maak werk. Daar is altyd stof tot nadenke, my een buurman sit met 2500 werkers en my ander buurman sit met ongeveer 7000 mense
.........
Ek het klaar die mees arbeids intensiewe gewasse soos " baby marrows" en boontjies uit my plant program gehaal.
Ons sal maar moet sien wat gaan gebeur. Ek glo ons sal leiding en wysheid ontvang om ook deur hierdie beproewing te kom.
Al wat ek kan se is dat kos bitter duur gaan word in die toekoms.
Ja wat kan mens se???? Hierdie ding slaan ons bedryf ( groente ) baie hard !!
Ek het klaar die mees arbeids intensiewe gewasse soos " baby marrows" en boontjies uit my plant program gehaal.
Ons sal maar moet sien wat gaan gebeur. Ek glo ons sal leiding en wysheid ontvang om ook deur hierdie beproewing te kom.
Al wat ek kan se is dat kos bitter duur gaan word in die toekoms.
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: Min wages
Ons het 2012 al die appelkoosbome uitgetrek. Die laaste 2 rye was nog nie eers geoes nie toe waai die bome met appelkose en al. 4 Van my bure het saam 64ha appelkose uitgetrek 2 weke gelede dit nog voor die nuwe loon. Die maatskapy wat die appelkose inkoop het 6 000ton appelkose weg gegooi.
Ons doen 120ton druiwe per dag met 5 mense. Het nie 'n keuse nie sal maar meer moet meganiseer. Het ook al die laaste 3 maande begin. Daar is niks so sleg soos meganisasie vir 'n land met soveel werkloses nie, maar ons moet oorleef. Wat meer pla as die verhoogde loon is die houding van werkers dat boere geld het en hulle hoef net op te daag vir werk dan moet hulle pay.
Lees vandag in die plaaslike koerant inbrake het met 63% in ons dorpie toe geneem in Januarie.
Ons doen 120ton druiwe per dag met 5 mense. Het nie 'n keuse nie sal maar meer moet meganiseer. Het ook al die laaste 3 maande begin. Daar is niks so sleg soos meganisasie vir 'n land met soveel werkloses nie, maar ons moet oorleef. Wat meer pla as die verhoogde loon is die houding van werkers dat boere geld het en hulle hoef net op te daag vir werk dan moet hulle pay.
Lees vandag in die plaaslike koerant inbrake het met 63% in ons dorpie toe geneem in Januarie.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Min wages
gerrit, van waat is jy?
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Min wages
Het self my pap gelag oor die een. My maat het lank gesels - geen meer grassie met ouens wat nie hulle kant bring - maw die ouens wat dronk nie werk ens se draad word nou geknip alles volgens wet maar gaan nie meer kanse gegee word nie en so gaan hy maar minder en minder werk alle oortyds gaan hy sny en en op die ou einde is dit maar die ou wat gaan sukkel geen mens kan iemand aanhou laat werk as jy nie geld het om hulle te betaal nie.Sarel wrote:Het gisteraand die berig op die nuus gekyk. Die berig net daarna het die ANC weer gepraat van werkskepping. Ironies ne!![]()
Vandag se Zuma dat die Myn Maatskappye hulle wil "blackmail"
Die gaping tussen die arm en rykes gaan net groter en groter worden werkloosheid gaan ongekende getalle bereik deur die regering se toedoen.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Min wages
Die werklikheid is dat seisoenale arbeid gemiddeld klaar meer as dit verdien het op stukwerkgebaseerde arbeid. Dit is nie hulle wat gaan swaarkry nie, dit is die reeds verminderde permanente arbeid wat hulle werk kan kwyt wees. Hulle het nie "HOP" huise om in te bly nie, moes nog nooit gesorg het dat hulle kinders by die skool kom, taxi ry werk toe, en al die ander dinge nie.
My hart gaan uit vir hulle. Dit is/was 'n "mob" werklose mense wat "gestaak" het. Hoe staak jy as jy nie werk nie? Dit was eerder goed georganiseerde onluste in 'n land met 'n tandlose regering, hulle kon maak wat hulle wou.
Maak maar die som van die verhoging as jy 600 mense seisoenaal in diens het vir 5 maande van die jaar. 600*22*6*35.00
Koop Suid Afrikaans raak gou 'n luukse raak.
Boer maak altyd 'n plan. Dit was en is nog altyd ons ou landjie se behoud.

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Re: Min wages
Hello Christo
Stem saam met jou, ons moet maar net plan maak. Ek glo met alles is daar n doel.
Mooi bly
Stem saam met jou, ons moet maar net plan maak. Ek glo met alles is daar n doel.
Mooi bly
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Min wages
Daar is net een ding wat my g@t se deksel is en ek nie kan verstaan nie...
My tuintegnikus bedank Desember, want hy het werk by 'n hospitaal gekry, so ek soek 'n nuwe een. Hoor by buurvrou van 'n goeie tuinwerker wat nie werk het nie, hy kom 'n paar keer en werk baie goed en hy sê net hoe dankbaar is hy vir die werk want nou hoef hy nie meer te bedel nie! Wel, hy was presies 5 keer by my, toe hou hy op met kom en antwoord nie meer sy foon as ek bel nie! Ry gister verby hom waar hy weer by die robot staan en bedel....
Ek stel 'n jong swart dame by my kantoor aan om liasseerwerk te doen, nadat haar ma, -'n teedame by 'n ander firma- my mooi vra, ek betaal haar meer as die nuwe minimum loon vir plaaswerkers met 'n 13de tjek en bonus. Sy moet heeldag in 'n lugversorgde kantoor net die pos trek en dit op die leers liasseer met gratis toegang tot koffie, tee en koeldrank. Voor dit het sy by die huis gesit vir kwaadgeld. Dit gaan bitter goed die eerste 6 maande en toe begin sy skielik net elke week een dag wegbly, sonder 'n rede. Toe sy gister terugkom werk toe, vra my kantoorbestuurder haar waar sy was en dat haar verlof nou uitgeput is en verdere dae wat sy wegbly, van haar salaris afgetrek sal word. Net daarna bedank sy, want "dis beter om by die huis te sit en niks te doen, as om onder hierdie omstandighede te werk!"...
Ek het met 2 grade 'n R1500 as 'n klerk vir 2 jaar lank verdien en my kantoor het nie eers lugversorging gehad nie!
As die mense nie wil werk nie, wat moet 'n mens dan nou doen...?

Last edited by Eugene on Wed Feb 06, 2013 8:43 am, edited 1 time in total.
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Min wages
Ek dink die stelling, gemaak deur 'n swart 21jarige vrou . som dit op:
"The problem we have is that the people who work for a living are outnumbered by the people who vote for a living"
"The problem we have is that the people who work for a living are outnumbered by the people who vote for a living"
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Min wages
waar kan ek meer lees oor wat 'n mens mag, en nie mag aftrek? bv behuising, krag ens.
mag 'n mens 'n permanente werker per uur betaal, of moet hy per dag betaal word? hoekom ek vra, winter maande werk ek korter as somer maande(agv dit raak te laat lig om te werk).
help asb!
mag 'n mens 'n permanente werker per uur betaal, of moet hy per dag betaal word? hoekom ek vra, winter maande werk ek korter as somer maande(agv dit raak te laat lig om te werk).
help asb!
- WillemS
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm
Re: Min wages
Cassie
Jy kan met hulle "onderhandel" en dan kan jy vir 6 maande 8 ure n dag werk en 6 maande 10 ure n dag dan hoef n ou nie oortyd vir die lang dae te betaal nie!
Jy kan met hulle "onderhandel" en dan kan jy vir 6 maande 8 ure n dag werk en 6 maande 10 ure n dag dan hoef n ou nie oortyd vir die lang dae te betaal nie!
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Min wages
Ek het al gehoor van n paar boere in die Dendron omgewing wat in al die werker verblyf op die plaas koopkrag gesit het. Die werker moet nou maar sy eie krag koop as hy wil bak en brou en in die winter voor sy verwarmer baljaar.
Die werkers se voordele wat hulle net as n gegewe aanvaar het gaan blitsig tot n einde kom.
Die werkers se voordele wat hulle net as n gegewe aanvaar het gaan blitsig tot n einde kom.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Min wages
gelukkig het ek net 4. baie min moeilikheid.
ek werk die ure maar so uit.
ek werk die ure maar so uit.
- Foxcreek
- Hero Member

- Posts: 577
- Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm
Re: Min wages
My baas gaan sy saadaartappel afdeling verklein en meganiseer. Paaiemente op 'n aartappel oesmasjien is R400 000-00 per jaar en die arbeiders wat die masjien se werk doen kos hom(met die nuwe loon) R1,2 miljoen per jaar.
Eenvoudige som ne, die oesmasjien is oppad.
Eenvoudige som ne, die oesmasjien is oppad.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Min wages
Dit is presies waaraan die ANC, Tony, Nosey en die ander haatstokers nie gedink het nie.... Werkskepping is die regering/staat se plig en probleem, nie die privaat sektor sin nie. Watter aansporing kry ek as enterpreneur vir die feit dat ek 15 poste geskep het? Nie eers belastingkorting nie, vir my moeite sit ek met drakonies arbeidswette en die staatsinspekteurs wat nou en dan hier instap om my hel te gee....Foxcreek wrote:My baas gaan sy saadaartappel afdeling verklein en meganiseer. Paaiemente op 'n aartappel oesmasjien is R400 000-00 per jaar en die arbeiders wat die masjien se werk doen kos hom(met die nuwe loon) R1,2 miljoen per jaar.
Eenvoudige som ne, die oesmasjien is oppad.
Dis nie hoe 'n ou werkskepping doen nie....
Aim small, miss small
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Min wages
My swaer is ook n aartappelboer en hy sê hy gaan klein bietjie minder aartappels plant en vir hom n tweede groot uithaler by koop dan het hy basies net drywers buite die pak en sorteer stoor en geen meer tydelikes in die lande nodig nie.
Is klaar ook op die uitkyk vir nuwe tegnologie in die was, sorteer en pakstoor sodat daar ook baie minder hande nodig is.
As hy so kan meganiseer soos in die europese lande gaan meer as n 100 hul werk verloor.
Is klaar ook op die uitkyk vir nuwe tegnologie in die was, sorteer en pakstoor sodat daar ook baie minder hande nodig is.
As hy so kan meganiseer soos in die europese lande gaan meer as n 100 hul werk verloor.
-
Wayne
- Hero Member

- Posts: 1007
- Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm
Re: Min wages
As Cassie has asked, can you put your permanent staff on an hourly or daily wage. The days of keeping your staff around to clean sheds and tidy things up are over. Some will have to go and sit with no pay, only get them when you need them.
Wayne
Wayne
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Min wages
Ek het so jaar en half terug al my mense wettig afgedank omdat hulle uit die werk gebly het. (Allpay fees) Dit was net voor die arbeids mense 'n inspeksie gehou het in die distrik. Met die inspeksie vra ek toe of ek die mense vir my kan laat werk op tydelik of uur basis. Die persoon het toe vir my gesê jy kan jy moet net dit so in 'n kontrak beskryf en reg bewoord bv. "Soos benodig, en betaling per uur."
Nou werk ons wanneer ek wil, en as hy gesuip is, soos bv. vannaf eergister tot vandag (weereens allpay). Worry ek nie, dit raak net 'n probleem as dinge dringend raak, maar ek beplan net beter. As skaapboer ry ek nou meeste van die tyd met my XR125 motorfietsie die waters om en tjek die trailcams vir ongediertes en so spaar ek lone, my bakkies en brandstof.
Ek hoef ook nie in stil tye werk uit te dink nie, en doen waar ek kan goed self.
Nou werk ons wanneer ek wil, en as hy gesuip is, soos bv. vannaf eergister tot vandag (weereens allpay). Worry ek nie, dit raak net 'n probleem as dinge dringend raak, maar ek beplan net beter. As skaapboer ry ek nou meeste van die tyd met my XR125 motorfietsie die waters om en tjek die trailcams vir ongediertes en so spaar ek lone, my bakkies en brandstof.
Ek hoef ook nie in stil tye werk uit te dink nie, en doen waar ek kan goed self.
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: Min wages
Kom ons kyk na 'n paar somme.
1. 1994 - 120 000 kommersieële boere 2012 - 37 000
2. 90% van 5.9miljoen Ha grond vir bee gekoop nie meer produktief [volg. minister Gugile Nkwinti]
3. Die geld wat al op grond vir bee gespandeer is, moes 37% van toetale landbougrond al in swart besit gewees het [ Mr Theo de Jager AgriSA]
4. 400 000 werksgeleendhede minder in landbou laaste 10 jaar, voor nuwe loon
5. Hex Rivier boere kry net 18% van kleinhandel prys vir hul produkte
6. In 2004 netto wins op 750ml wyn R1 en 38c in 2011
7. R266/werker/dag word aan SARS oorbetaal in wynbedryf terwyl produsent net R226 kry voor aftrekings, krag, diesel, uitbreidings en lone.[Vin-Pro verslag]
8.Bank wardering op grond sonder arbeidshuise se waardering is hoër as die met arbeidshuise - wonder hoekom.
9. Staat oudit van grond in staats besit sloer al 20jr. Elke jaar is daar 'n nuwe deadline met nuwe begroting vir die oudit [verseker die duurste oudit, wie het gesê ons goverment kan nie rekorts breek nie] . Na wie gaan die miljoene ha grond as almal daarvan vergeet het, uit die oog uit die hart.
10. 40 000 plaaswerkers gaan 2013 ouderdoms pensioen kry en ophou werk, hoeveel van hierdie poste gaan gevul word???????

gerrit
dit is nie meer snaaks nie.
dit gaan net my verstand te bowe hoe de hel 'n mens(klomp bymekaar, nog erger) so kan redeneer!
hoe de moer werk hul koppe?
help my net daar!
dit is nie meer snaaks nie.
dit gaan net my verstand te bowe hoe de hel 'n mens(klomp bymekaar, nog erger) so kan redeneer!
hoe de moer werk hul koppe?
help my net daar!