Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Janjak wrote:
oom Leeu,
jy laat my nou dink aan een van Tolla se stories.
Die twee buurmanne wat by die draad staan en gesels toe dit begin reen.
Die een se toe vir die ander een "klim liewers deur die draad na my kant toe want jy gaan papnat reen daaikant".
Janjak
Ja, ou Tolla sou sekerlik 'n storie hieroor te vertelle gehad het. Ek dog nogal as hierdie ou groot sondaar afwesig is sal die Reengooier beter kan mik. Toe werk die plan nie. Maar ek weet my reen kom. Elke dag wat verby is, is 'n dag nader aan die groot reen. Freek beter sy snorkel saambring!
Fox Driver wrote:
...Ek het maar meerendeels gespot met my aanvanklike opmerking...
...Jou .243 sal hou, jy het een van daai Walther lope van Sven Ahrens op? Hulle hou, maak hom net skoon, en hou hom koel!...
Dawie
Ek ken jou goed genoeg om te weet die "rykgat"-storie was spottenderwys bedoel. Ek wou net my filosofiese hou inkry, want sien Freek kom kuier met die kompitisie jagstoel wat hy saambring. Netnou lees hy wat jy s? en kom onder die verkeerde indrukke oor hoe dit hier op Kuduberg gaan!!
Ja, die loop is 'n Walther Match. Hoe hou jy 'n loop koel met die temperature soos dit op die oomblik lyk hier in die verre suide? Dis nou 17h30 en my temperatuur meter wys 36 grade celcius buite en 34 grade binne die kantoor - wou eerder nie teen 15h00 kyk nie.
Manne help.
Ek kan n .243 mod 80 in die hande kry.Het hom in die hand gehad en bekyk.
Lyk "spotless" en kroon is baie mooi asook groewe.Help my met n prys wat ek kan aanbied.
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !