.22 Blitzers
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
.22 Blitzers
Ek het hierdie jaar my laaste 10 pakkies blitzers begin gebruik. Met die Swartklip fabriek wat toe is, is ek nou op soek na iets wat die blitzers kan vervang. Watter .22 ammunisie sal min of meer dieselfde resultate as die blitsers gee en waar kan mens dit in die hande kry? 'n Vrien van my gebruik CCI Stingers, maar hulle is vrek duur en onnodig vinnig.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- Geno
- Administrator

- Posts: 13648
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: .22 Blitzers
Her jy al Highland RX High Impact probeer?
Hier is die skakel na hulle ballistiese tabel
http://www.highlandammo.com/ballistics.htm
Groete,
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: .22 Blitzers
probeer die winchester wildcat se 40gr high velocity
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: .22 Blitzers
Hallo
Ons doen die posliga skiet by die jagters vereniging met .22's en ek en my pa het nou al heelwat rond gespeel met die verskillende verskaffers van ummunisie. Die een ding wat duidelik uitgestaan het is die feit dat geen verskaffer se high velocity ammo so goed kon groepeer soos die dood gewone swartklip ammunisie nie. Daardie ammo wat ons nog by die skool se skyfskiet gebruik het groepeer stukke beter as die high velocitys. Maar nou is swartklip mos toe, kan enige iemand vir my 'n verskaffer aanbeveel wie se ammo ook so goed groepeer soos die ou swartklip wat ons gehad het?
Groete

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
222
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm
Re: .22 Blitzers
Remington Cyclone. R45 vir 50. Die probleem is dat die manne nie altyd van die goete in die hande kan kry of dat daar ges? word dat daar nie voorraad was nie dan is daar weer 'n ander tipe. Ek koop gewoonlik sommer so pak van 500 van 'n sekere tipe.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: .22 Blitzers
222
Ja dink dit gaan juis die probleem wees, want my pa glo daarin dat mens leer skiet met 'n .22. Ons is drie seuns en somtyds lyk dit vir my, my pa wil ook nog leer om te skiet en dan hou daardie baal van 500 nie lank nie! Elke broer bring gewoonlik 'n pel ook plaas toe, so die ou brunotjie kry maar min ruskans
, ek sal my pa vertel van hierdie ammunisie. Baie dankie
Ponkie
Ja dink dit gaan juis die probleem wees, want my pa glo daarin dat mens leer skiet met 'n .22. Ons is drie seuns en somtyds lyk dit vir my, my pa wil ook nog leer om te skiet en dan hou daardie baal van 500 nie lank nie! Elke broer bring gewoonlik 'n pel ook plaas toe, so die ou brunotjie kry maar min ruskans
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: .22 Blitzers
Almal
Ek het nou die dag hier by ons .22 patrone gekoop wat nog deur SWARTKLIP gemaak is, maar die verpakkings lyk n bietjie anders, houers van 20 patrone wat een-een in die verpakking le, plastiek houertjies. n Geel papiertjie wat se 39gr Sabre Tip. Die patroon lyk net soos die ou Blitser, maar die doppie is standaard lengte, die oorspronklike Blitser se doppie was mos n bietjie langer. Dan ook n blou papiertjie op die ander patrone wat se 35gr Spitser LD, hierdie punte is n donker lood kleur en die punt is skerperig, soos n spitser.
Weet nie wanneer dit vervaardig is nie, geen datum op die pakkie nie, sien wel dat dit deur Swartklip gemaak is, MAAR dan, EXCLUSIVELY IMPORTED BY ARMSCORP USA, BALTIMORE.
Lyk of die patrone uit USA terug hier na ons toe ingevoer is, laat mens wonner.
Mooi loop
Francois

Oom Francois
My pa het vir my en Tiny ook nou die aand vertel dat hy daardie patrone gesien het. Kan oom asb dalk vir my se hou hulle groepeer? Want soos ek se, ons is maar skrikkerig om met die blitsers posliga te skiet, want hulle groepeer nie altyd so goed nie.
Groete
Ponkie
My pa het vir my en Tiny ook nou die aand vertel dat hy daardie patrone gesien het. Kan oom asb dalk vir my se hou hulle groepeer? Want soos ek se, ons is maar skrikkerig om met die blitsers posliga te skiet, want hulle groepeer nie altyd so goed nie.
Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: .22 Blitzers
Ponkie
Ek het nog nie regtig met hulle geroei nie, as ek jy is sal ek probeer om nog van die wit papier boksies Swartklip te kry, en dan die LR Match Trainer of die LR Hollow point, ek het gesien hulle groepeer die beste.
Ek het so twee weke se oes wat voorle, ek sal sien of daar n tydjie is as ek terugkom, en kan vir jou kyk wat hulle doen op akuraatheid
As jy rerig akkuraate .22 patrone soek, kyk hier..........
http://bulletin.accurateshooter.com/2010/04/22-lr-ammunition-accuracy-55-types-tested/
Hulle het 55 verskillende .22 patrone getoets vir akkuraatheid

- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: .22 Blitzers
Ponkie.
Kan jy my dalk s? of julle toe reggekom het met akkurate .22 ammo?
Ek en 'n mater speel heel gereeld met die BRNO's en ons het gevind dat die CCI Mini Mag's baie goed groepeer, miskien net so bietjie beter as die Remington Cyclone's. Die Winchesters groepeer self nie sleg nie, maar nie een van die bogenoemde vervaardigers se ammo kom naby die ou standaard Swartklip patroontjies nie.
Een van my vriende, skiet die afgelope 2 jaar in die Junior Springbokke - hy moet goed skiet, het al 2 keer in Brittanje loop skiet en hy vaar gladnie sleg nie. Hy glo net in Eley patrone, maar die goed kos omtrend dieselfde as my 243 ammo.
Peter by Impala Arms in Bloemfontein het RWS patrone, maar teen 'n PRYS!
Swartklip het ons so half in tamatiestraat gelos.....
Gee asseblief bietjie terugvoering oor wat jy al getoets het.
Groete.
Jaco

Dont tell me, show me......
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: .22 Blitzers
"Swartklip het ons so half in Tamatiestraat gelos"
Dit kan jy weer s?. Wat gaan ons doen as dit met Somchem se dryfmiddels gebeur?
Dit kan jy weer s?. Wat gaan ons doen as dit met Somchem se dryfmiddels gebeur?
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: .22 Blitzers
jaco
om die waarheid te se, ons het nog nie by dit uitgekom om die ammo te toets nie, met die jagseisoen en als het die bruno eers plek gemaak vir die groter gewere... Ons behoort nou weer te begin oefen by die Jagtersverening en dan sal die bruno weer ingespan word. Sodra ek n verskaffer vind wat resultate lewer sal ek dit op die Topic post!
Mooi loop
Ponkie
om die waarheid te se, ons het nog nie by dit uitgekom om die ammo te toets nie, met die jagseisoen en als het die bruno eers plek gemaak vir die groter gewere... Ons behoort nou weer te begin oefen by die Jagtersverening en dan sal die bruno weer ingespan word. Sodra ek n verskaffer vind wat resultate lewer sal ek dit op die Topic post!
Mooi loop
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: .22 Blitzers
Ponkie.
Dankie vir die terugvoering. Ek het verlede week 'n baal .22 Federal's in Klerksdorp opgetel. Federal is oor die algemeen baie goeie gehalte, so ek sal hulle ook een of ander tyd toets en jou laat weet.
Groete.
Jaco
Dankie vir die terugvoering. Ek het verlede week 'n baal .22 Federal's in Klerksdorp opgetel. Federal is oor die algemeen baie goeie gehalte, so ek sal hulle ook een of ander tyd toets en jou laat weet.
Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: .22 Blitzers
Ja, dit is al wat die regering nog moet doen om ons vuurwapens in stukke yster te laat veranderDirtyOldsix wrote: "Swartklip het ons so half in Tamatiestraat gelos"
Dit kan jy weer s?. Wat gaan ons doen as dit met Somchem se dryfmiddels gebeur?
Hoop nie dit gebeur gou nie...
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: .22 Blitzers
hein wrote:Ja, dit is al wat die regering nog moet doen om ons vuurwapens in stukke yster te laat veranderDirtyOldsix wrote: "Swartklip het ons so half in Tamatiestraat gelos"
Dit kan jy weer s?. Wat gaan ons doen as dit met Somchem se dryfmiddels gebeur?
Hoop nie dit gebeur gou nie...
Ons moet maar opgaar!
Hein M.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: .22 Blitzers
Die Swartklip 20's was van die laastes wat hulle vervaardig het.
Rooi -13gr Diabolo Pellet -no2 windbuks pellet teen so 800fps
Blou - 35gr Spitzer - skerp punt selfde spoed as die ou Blitser
Geel - 39gr Sabre Tip - HV
Bruin - 39gr Super Expanding - HV HP
Kakie - 45gr Heavyweight
Mens kry nog in winkels hier en daar van hulle. Hulle skiet nie sleg nie maar van die hele lot skiet die Swartklip se Match Trainer vir my seker nog die beste. Ek moes doerrie tyd sommer n hele paar bakstene van hierdie match trainers gekoop het - maar spyt kom altyd te laat.
Remington se Subsonies HP groep ook redelik mooi in my Brno.
Rooi -13gr Diabolo Pellet -no2 windbuks pellet teen so 800fps
Blou - 35gr Spitzer - skerp punt selfde spoed as die ou Blitser
Geel - 39gr Sabre Tip - HV
Bruin - 39gr Super Expanding - HV HP
Kakie - 45gr Heavyweight
Mens kry nog in winkels hier en daar van hulle. Hulle skiet nie sleg nie maar van die hele lot skiet die Swartklip se Match Trainer vir my seker nog die beste. Ek moes doerrie tyd sommer n hele paar bakstene van hierdie match trainers gekoop het - maar spyt kom altyd te laat.
Remington se Subsonies HP groep ook redelik mooi in my Brno.
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: .22 Blitzers
Janjak.
Dankie vir jou terugvoering - word op prys gestel.
Hein M.
Het julle opgemerk dat die nuwe firma wat vir Denel oorgeneem het gladnie meer herlaaidata op hul webtuiste vertoon nie, het nou die dag my alie afgesukkel om so iets te kry, maar het later touopgegooi!
Hoop die manne wil vir ons aandryfmiddel vervaardig soos op die uitelandse markte verkry kan word. Baie van ons eie aandryfmiddels is baie goed, so ek hoop maar hulle hou aan om dit ook te produseer.
Dit sal darem 'n donker dag wees as ons sonder 'n aandryfmiddel vervaardiger moet sit!!!

Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: .22 Blitzers
Almal
Ons was so twee weke terug na Somchem 10 man sterk!,om te gaan kyk wat daar aangaan,aangesien hulle nou in Duitse besit is
Ons is baie gou gerus gestel dat ding nie gaan "doodloop" nie maar dat hulle nou meer gaan doen as tevore,wat goeie nuus is.
Ons wou eintlik by hulle weet hoekom daar soms verskille is in druk met die verskilende lotnommers ens,daar was baie verduidelikings en baie vrae...ons is daar weg tevrede(as jy dit so kan noem
)
Net so bietjie raad wat die kruit toets manne vir ons gegee het "koop genoeg van dieselfde lotnommers"
WANT DIE KANS IS DAAR DAT DIT GAAN VERSKIL NA DIE VOLGENDE LOT TOE
Groete johan

Biebers
Need for speed
Need for speed
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: .22 Blitzers
Dag Manne
Duidelik weet die Somchem manne nie wat die wet se oor die hoeveelheid kruit wat ons mag aanhou nie. Dit is maar tipies van ons swak SA maatskappye.
Groete
Beretta
Duidelik weet die Somchem manne nie wat die wet se oor die hoeveelheid kruit wat ons mag aanhou nie. Dit is maar tipies van ons swak SA maatskappye.
Groete
Beretta
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: .22 Blitzers
Berretta tot my eie skande kan ek nou ook nie onthou wat die wet se oor dryfmiddel nie. Hoeveel blikke mag ek as toegewyde jagter aanhou? Dankie LouisBeretta wrote: Dag Manne
Duidelik weet die Somchem manne nie wat die wet se oor die hoeveelheid kruit wat ons mag aanhou nie. Dit is maar tipies van ons swak SA maatskappye.
Groete
Beretta
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: .22 Blitzers
DirtyOldsix
Die wet is dieselfde vir ons almal, toegewyd of nie - ons mag 'n maksimum van 2.4kg aangryfmiddel in ons besit h?.
Ons mag 'n maksimum van 600gr per lisensie besit, maar net tot 'n maksimum van 2.4kg.
Maak soos ek - ek het 5 blikke aandryfmiddel in my kas, maar ongeveer 'n 1000 gelaaide rondtes.
Sodra jou aandryfmiddel in 'n patroon gelaai word en hy dus deel vorm van die patroon, verander die wet waaronder hy val van "Plofstof Wetgewing" na die "Wapens en Ammunissie Wetgewing".
Volgens Wet 60 van 2000(Wapens en Ammunissie) mag 'n toegewyde persoon 'n onbeperkte aantal patrone besit, maar volgens die Plofstof Wetgewing, waaronder aandryfmiddel val mag jy net 'n beperkte hoeveelheid aandryfmiddel besit.
Laai vir jou 'n 1000!!!!

- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: .22 Blitzers
Daarmee kan ek saamstem. Moet hulle net nie jare b?re nie. Onlangs kom my kleinnefie hier aan met sy pa se geweer, wat hy op sy ma se naam vir solank ge-erf het, en ons is dadelik gonge toe. Die patrone is herlaai iewers so 15 jaar terug en het meeste van die tyd in Stellenbosch se w?reld in 'n kluis gestaan. Eerste 2 "misfires" toe twee wat wel afgegeaan het en soos voorlaaierskote afgegaan met ' "timedelay". Ek is maar skrikkerig en het toe die doppe mooi inspekteur, en om die slagdoppe was daar 'n ligte groenigheid. Hulle is toe maar "gedump".243Songdaug wrote: Laai vir jou 'n 1000!!!!
Christo
ns: wie van ons wil hulle in elk geval b?re.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.