Goeie middag almal,
My pa is op die randjie van aftree en ek is lus om namens hom 'n besigheid te begin waar ons ammunisie (Rondtes) hand laai vir ander jagters. Ons is beide redelik gesoute herlaaiers en het al heelwat herlaai kursuse bygewoon. Het ook reeds meeste van die toerusting en laai vir onsself al jare lank. Daar is egter twee aspekte wat my huiwerig maak:
1. Die papierwerk benodig om dit wettig te maak. Ons plaaslike polisiekantoor is nie vreeslik ywerig om my hiermee te help nie. Daar sal sekerlik permitte vir die opberging/aankoop van kruit ens. wees asook regulasies vir die stoor daarvan.
2. Wat sal manne bereid wees om vir so 'n diens te betaal per rondte, a) indien ek die komponente verskaf, b) indien hulle al die komponente verskaf?
Dink julle die plan kan moontlik werk? Ek sal dit waardeer indien iemand my met die regte mense in verbinding kan sit rakende die wetgewing, gebou regulasies ens.
Groetnis,
Frikkie
Herlaai van ammunisie vir 'n ander jagter
- Frikkie die Rot
- Sr. Member

- Posts: 254
- Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Herlaai van ammunisie vir 'n ander jagter
Frikkie
Jy sal moet registreer as n AMMUNISIE VERVAARDIGER.
Die ander aspek natuurlik is aanspreeklikheidsversekering. Ek wil jou nie slegte moed inpraat nie, maar hier is iets wat jy oor baie goed moet aandink VOOR jy dit oorweeg. As jy perongeluk n fout maak en die ou se geweer blaas op ( of erger die ou se sy geweer het opgeblaas omdat hy jou produk gebruik het) gaan dit lei tot duur hofsake.
Dit is werklik n geval hier van doen dit groot of doen dit glad nie.
Wees uiters versigtig.

- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Herlaai van ammunisie vir 'n ander jagter
ek sou ook bang gewees het as daar fout gaan.
dan is dit tronk sake.
dis iets waarvan ek bitter ver wegbly. as iemand my vra om vir sy 308 te laai, se ek net jammer. daar net te veel risiko
dan is dit tronk sake.
dis iets waarvan ek bitter ver wegbly. as iemand my vra om vir sy 308 te laai, se ek net jammer. daar net te veel risiko
- Frikkie die Rot
- Sr. Member

- Posts: 254
- Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm
Re: Herlaai van ammunisie vir 'n ander jagter
Jip julle manne is beslis reg, maar ek glo mt die nodige versekering en dokumentasies kan hierdie probleem verkein word. dink julle 'n 'indemnity' kan dalk help?
Baie dankie vir die deel van julle gedagtes.
Frikkie
Baie dankie vir die deel van julle gedagtes.
Frikkie
- Gregvzyl
- Full Member

- Posts: 188
- Joined: Thu Jan 10, 2013 11:03 am
Re: Herlaai van ammunisie vir 'n ander jagter
Met die nuwe verbruikers wet sal 'n "indemnity" jou nie vrywaar nie. Ek weet van 'n onlangse geval waar Diplopoint 'n vuurwapen herstel het na 'n squib +1. Die gebruiker het gelukkig nie seergekry nie, ek dink dit sal net onder worst case scenario wees, en daaraan wil ek nie eens dink nie, wat die sal gebeur as 'n familie jou dagvaar vir verlies van toekomstige inkomste omdat pappa nie meer daar is nie. Toegegee, elkeen van ons wat herlaai neem dieselfde kans, maar as jy dit vir 'n besigheid doen gaan jy baie flack vat. Kyk maar hoe gaan dit met Nobletech en Diplopoint. Daar is gereeld stories oor hulle QC wat nie goed genoeg was nie. En waar is NGA nou, hulle reputasie het hul ondergang verseker.Frikkie die Rot wrote:Jip julle manne is beslis reg, maar ek glo mt die nodige versekering en dokumentasies kan hierdie probleem verkein word. dink julle 'n 'indemnity' kan dalk help?
Baie dankie vir die deel van julle gedagtes.
Frikkie
Ek weet ook van baie mense wat net hul eie "reloads" sal vertrou.
Ek klink seker negatief, en ek vra verskoning daarvoor, ek wens jou alle voorspoed toe, en hoop dat as jy dit gaan aanpak dit vir jou suksesvol sal wees.
- Frikkie die Rot
- Sr. Member

- Posts: 254
- Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm
Re: Herlaai van ammunisie vir 'n ander jagter
Baie dankie vir die raad manne!
Sien julle daai stoffie? dit is my herlaai plannetjie wat daar trek!
Nee wat lyk nie die moeite werd nie! Back to the drawing board soos die engelsman se!
Groetnis,
Frikkie
Sien julle daai stoffie? dit is my herlaai plannetjie wat daar trek!
Nee wat lyk nie die moeite werd nie! Back to the drawing board soos die engelsman se!
Groetnis,
Frikkie
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Herlaai van ammunisie vir 'n ander jagter
Jammer Frikkie, solank jy net nie uit planne uit hardloop nie!
Herlaai is vir baie ouens soos vliee bind vir vlieghengel: Ja jy kan miskien 'n beter geknoopte vlieg in 'n winkel koop, maar dis net meer spesiaal om iets te vang met 'n vlieg wat jy self gebind het!