Toegewyde jagter

A place to advertise or mention a course/ Die plek om jou kursusse te adverteer of bekend te stel
Post Reply
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Toegewyde jagter

Post by NicoSmit »

Kan iemand dalk vir my meer inligting gee ivm die kursus wat sie SA jagters aanbied

1)wat behels so kursus maw wat behandel hulle
2)hoeveel kos so kursus
3)hoelank is so kursus en
4)wat beteken dit op die ou einde vir 'n persoon
Dankie
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
Berg-Bewer
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Tue Mar 23, 2010 9:48 am

Re: Toegewyde jagter

Post by Berg-Bewer »

Hallo Nico

Eerstens moet jy vooraf 'n lid wees van die SAJWV, ek praat onder korreksie, 30 dae min!
SAJWV het tydens die Nasionale kongres by Inyati in 2012 die volgende veranderings ingestem / aangebring rakende jou vraag.
Ek heg hiermee die inligting wat ek onvang het aan as verwysing. Gaan dit deur en as jy nog vrae het, vra asb!

"Soos u bewus is, was die status van Bekwame Jagter tot aan die einde van 2012 aan die aflê van ‘n bykomende skiettoets gekoppel (60% vir die SAJWV Bekwame Jagter-skiettoets – op die Rooibokteiken) wat na suksesvolle aflegging van die toegewyde jagterkursus afgelê kon word.  Toekenning van hierdie status het egter vanaf 1 Januarie 2013 verander aangesien die status van Bekwame Jagter nou die tweede fase van die SAJWV Jagkundigheidsprogram uitmaak.  Die riglyne vir die voltooiing van fase 2 (Bekwame Jagter) van die SAJWV Jagkundigheidsprogram word hieronder uiteengesit (Module uitleg aangeheg)."

PM my asb jou epos adres dan stuur ek vir jou al die inligting aan, ek sukkel om dit te laai hierop!

Groete Jaco Bruwer (SAJWV Griekwaland Wes Tak)
Post Reply