Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek kom vra raad oor die tipe enjin wat ek in 'n pypkar kan inbou, eintlik 'n enjin met 'n chassey. Om julle 'n idee te gee watse tipe enjin, gaan ek my doel met die pypkar bespreek. Ek soek 'n diesel enjin met redelike krag wat ek as 'n brand voertuig kan gebruik, wil 'n berg met gemak klim met die 500L brandpomp agter op. Wil hom ook aanwend as 'n nagjag voertuig wat enige terrein kan aandurf, vanaf dig bebosde gebiede tot sandveld met baie erdvark gate Ek wil hom definitief nie as 'n speelding gebruik nie.
Ek weet ek gaan nou baie manne kwaad maak, maar my gedagte was maar of 'n ou Land Cruiser 4L straight 6 enjin of die 90 model Toyota Hilux 2.4 Raised body 4x4??
My kennis is baie beperk rakende hierdie onderwerp. As julle weet van so 'n tipe pypkar sit bietjie fotos op of kontak besonderhede waar ek meer inligting kan kry...
Ek sien yt na julle raad sowel as kommentaar...
Charles ek sal kyk na die ADE236 enjin.
Hy het vir so rukkie diens gedoen in die cruiser voor die 4.2diesel hom vervang het.
Hy het hope torque vir sy grote en is relatief goedkoop om aan te werk.
Die Ford 6610 en die MF290 en 298 ens het hom ook gebruik.
Hy het nikse fancy elektroniese parte nie en is baie eenvoudig en betroubaar.
Kry hom in turbo en non turbo.
Chris baie dankie ek sal sommer dadelik hulle op die internet soek. Ek het gedink 'n mens moet jouself nie blind staar teen jou persoonlike voorkeur nie, in my geval is dit toyota. Maar ek het nie eers 'n idee ghad van watse ander vervaardigers om na te kyk nie. Ek sal oor daardie enjins bietjie gaan oplees. Ek soek veral so min as moontlik elektroniese funksies, basies net ligte.
Stem vir ADE 236.
Het so een in my Land cruiser. Sonder die turbo. Lekker baie torque met lae refs. Engine parte goedkoop. Eenvoudig soos Savage se. En jou Massey Ferguson mechanic kan hom toe oe regmaak. As die engine reg is kan hy n hele paar 100 duisend km s doen. Dink dit is die regte een vir jou doel.
LD 28 nissan masjien, het een in my Land Rover plaas bakkie, nou hoef n Land cruiser my nie meer te sleep nie!
Nie vinnig nie maar idle teen die koppies uit
As jy by toyota wil hou, kyk ook na die 4.2D ses silinder cruiser engine.
Maak net seker dit is een van die ouer enjins wat uit 'n bakkie uit wat nog bladvere voor gehad het, die een met die bolted cab. Daai enjins het nog meganiese dieselpompe gehad en is baie straight forward.
Toyota het, toe hulle die cruiser se voorste vere na coilsprings toe verander het, vir die cruiser 'n elektroniese disel pomp ingesit, wat computer beteken... Bly weg van daai af. Hulle is betroubaar, maar bietjie meer complicated.
Chris ek oorweeg hom ook sterk maar daar is 'n sterker boetie van hom wat ek nie seker is of jy hom in SA kry nie, ds die 1HD-T 4.2 L turbodiesel I6, wat ook gebruik word in die cruiser, hy skop 115kW yt sowel as 357 N.m teen 1800rpm.
Ken iemand hierdie enjin?
Weet iemand nie ook van 'n plek of persoon wat hierdie tipe enjins met chasseys verkoop nie?
Charles jy praat nou amper van hoender tande.
Daai enjin het in die 80 series cruisers diens gedoen.
Die 4.2l cruiser engines is kliphard. Maar moenie die gewone enjin turbo nie want hy hou nie! Meer as een keer gesien!
En om n 4.2 oor te doen kan jou maklik R40k en meer kos afhangende wat gedoen word.
Savage ek het bietjie gaan lees oor die ADE 236, baie gewild soos dit vir my klink. Het meerderheid daarvan op 'n land rover forum raakgelees
Ek neem an dat hierdie enjin ook baie sterk is omdat hulle hom graag in die groter tipe goed soos trekkers en Dodge ingebou het, maar is hy nie aan die stadige kant nie?
Charles hy is gladnie n resies perd nie.
Twyfel of hy ooit oor 3000rpm kan gaan maar n pypkar se padhou vermoee is ook nou nie van so aard dat mens 140kmh in die veld gaan jaag nie.
Afhangende van die ratkas en diff verhoudings behoort jy met gemak 115kmh te handhaaf.
Maar soos jy gestel het dat jy n vuurspuit op hom wil laai en dan in die veld ry is vinnig ry nie juis gewens nie.
Natuurlik n ander enjin wat baie goed gaan werk is die 4BT cummins. Hulle is einde laas jaar op special deur cummins verkoop vir R45k nuut. Dis nou as ek reg kan onthou....
Die 4BT het verskillende power outputs vir verskillende applikasies. Op nampo laasjaar was daar n double cab cruiser met so cummins conversion. Dink sy peak torque was iets belagliks soos 600nm!
Die goedkoper cummins opsie is die B3.3. Hy is n 3 silinder non turbo. Regte slak maar n kannie dood.
savage dankie vir jou insig, 115km/h is meer aswat my verwagtinge was. Ek gaan kyk waar en vir hoeveel ek die ADE 236 of 4BT cummins kan opspoor dan sal ek julle op hoogte hou. Daardie 2 enjins klink vir my meer soos die tipe wat ek in gedagte gehad het as mens bietjie gaan lees oor die 2.
If all else fails, back to basics. Dan gaan ek maar terug na die betroubare meganiese werk van die cruisers se ou 4L en 4.2L diesel enjins