.243 sub soniese ladings

Post Reply
Boogjagter

.243 sub soniese ladings

Post by Boogjagter »

Ek het so ruk terug vir my 'n Terminator knaldemper gekry. Ek wil nou vir my .243 sub soniese ladings laai, maar is onseker oor watter wads om te gebruik en die tipe kruin en hoeveelhede. Aangesien die tipe ladings redelik gevaarlik kan wees wil ek nie enige kanse vat nie. Is daar enige iemand met bietjie advies oor die soort ladings? En as jy soos ek in die bos sit ver van die naaste QPS wat kan ek vir wads gebruik?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: .243 sub soniese ladings

Post by Gerhard »

Hoekom wil jy sub sonies gaan met die 243?

Dink jy nie jy verloor dan baie van die potensiaal van die kaliber nie?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Danie Lombard .243

Re: .243 sub soniese ladings

Post by Danie Lombard .243 »

Hallo daar ou boogjagter.

Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar jy is die eertse ou wat ek van hoor wat sy 243 wil laat stadig skiet. ;D

Sien, ons almal wil die 243 laat vinnig skiet om sodoende 'n plat trajek te kry. Jy wil seker die jakkies so stil-stil kap met die stil roer, nie waar?

Woensdag aand het ek en Hedrik gaan jakkies soek by sy skaape. Ons het so 300 meter weg van die skape af gestop, en onmiddelik met 'n haas klank begin roep, Seker nie 'n minuut later nie toe storm die jakkals op ons af. Daar was nie tyd vir mooi aanle en dooi rus soek nie. Ek het toe sommer oor ou Hendrik se skouer aangele en 'n skoot gegooi na die jakkies toe. Boem! met die silencer op die loop. MIS. Jakkie het so effens regs gehol en weer gaan staan. 2 de skoot was toe uit die vuis, so 160 meter ver, skiet toe die jakkie agter die nek, net onder die kop. LANG STORIE KORT, of jy met 'n pyl, 'n .22, 'n subsoniese patroon, 'n silencer of wat ookal skiet, jakkie hoor die projektiel en as dit mis is hol hy. Ek was gelukkig dat die ou regs gehardloop het en nie verder weg nie. Groot reun, fris en fiks, skat hom so 2 jaar oud gewees.

Om terug te kom tot jou vraag oor verlaagde ladings op die 243 sodat dit doe patroon subsonies laat trek.
Jy speel met vuur. Dit is baie gevaarlik. 'n Te leeg dop laat 'n roer makliker bars as 'n te vol een. So 'n klompie jare gelede het Koos Barnard 'n artikel in die Man Magbum gehad oor "reduced loads" . As ek reg kan onthou het hul dacron of batting gebruik, goed wat die naaldwerk mense gebruik as batting. Ek sal dit nooit oorweeg nie. Daar is kalibers vir die tipe werk. die sogenaamde whisper kalibers ens.

In my oe is 'n raserige vinnige partoon veel beter as 'n stil krom trek stadigge een.

Wil jy bokke met die stil patroon uit die hide  "HOOG SITS" skiet?

Groete

Danie
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: .243 sub soniese ladings

Post by 243Songdaug »

Naand Boogjagter

Ek wil aansluit by Danie - die subsoniese idee is lewens gevaarlik, maar tog interessant.

Ek het ook al met die idee gespeel maar het dit laat vaar, as jy regtig graag wil aangaan hier is my resep:

Wad:  Gebruik DECRON - die tipe wat naaldwerkers gebruik - verkrygbaar by die plaaslike naaldwerkwinkel, sulke groot wit rolle sponserige materiaal met 'n growe struktuur - knip blokkies van 20 x 20mm - so 'n blokkie weeg ongeveer 1 grein - ek weet, ek het hope van hulle geweeg!

Lading:   9 -11gr
Aandryfmiddel:  MP200 - Pistool kruit
Ontsteker:  CCI200
Projektiel:  100gr Sierra Gameking
Tpl:  68.8mm - moenie die projektiel aan die lands laat raak nie!!!!!

BELANGRIK:
Jy moet die kruit met die wad(DECRON) vasdruk onder in die dop.  Stamp die decron baie goed vas onder in die dop - as jou wad loskom ontplof jou geweer.  
Vibrasie wat veroorsaak word deur grondpad ry is genoeg om 'n wad los te skud.  
As jou pak patrone DALK geval het SKIET JY HULLE NIE!!!
Patrone wat vir subsonies gebruik gelaai is word met GROOT respek behandel - hulle word nie gegooi, geskud of laat rondl? nie.

Subsoniese ladings/kombinasies skiet nie baie ver nie(75 - 100m max), maar hulle skiet stil en jy het geen terugskop nie.

Nog 'n nadeel:  Jy stel jou geweer amper 'n 1000 klieks op om hom op 100m te laat zero - en dan skiet jy 'n voet hoog op 68m!!!

Soos Danie noem, is te min aandryfmiddel in 'n dop gevaarliker as te veel.  Die rede hiervoor is dat daar te veel spasie in die dop is wat dan veroorsaak dat die ontsteker die hele volume kruit gelyktydig aan die brand steek en dan piek die druk wat veroorsaak dat die kruit nie ontbrand nie maar wel ontplof.

Probeer eerder die volgende lading soos voorgestel deur Herculus Louw:
28gr S335, 100gr punt, CCi200 ontsteker = Spoed:  2350fps. MET 'n DECRON WAD WAT DIE KRUIT VASDRUK!!!!
Die lading is nie subsonies nie, net stadiger wat dit sagter sal laat skiet.

Groete.
Jaco
Last edited by Guest on Fri Apr 16, 2010 10:27 pm, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: .243 sub soniese ladings

Post by Foxhound »

goeie more boog

Man ek wili  lelik wesi maar as ek so na die raad luister war die manne gee dan sal dit die beste wees om als maar net so te los en aan te gaan, as ek j so kan vra??? Hoekom gebruik 1 van die Guru's soos heinrich of taffels dan nie die subsoniese ketties nie?

Maar net n gedagte,as jy so sag wil skiet, hoekom dan nie maar n 22-hornette of 222 of iets van die aardgebruik nie

Hoop jy maak n ingeligte beluit,groete
Foxie
Last edited by Foxhound on Sat Apr 17, 2010 2:52 pm, edited 1 time in total.
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: .243 sub soniese ladings

Post by Christo »

Ek wil ook 'n eiertjie le. Vir die afstande wat jy gaan kry kan jy net sowel met 'n .22 skiet met subsoniese patrone. Hy is baie sag en jy kan jakkals 2 keer raakskiet voor hy iets weet.

Nog 'n ding. Die patroon kom gewoonlik voor die klank daar aan as jy normaalweg skiet so hy groet sonder om iets te hoor.

net my Sondagoggend 2c kollekte. Ek sou baie skrikkerig wees om die ladings te probeer.


Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Danie Lombard .243

Re: .243 sub soniese ladings

Post by Danie Lombard .243 »

HOOR HOOR  Christo, Foxxie en 243 SONG DONG.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: .243 sub soniese ladings

Post by 243Songdaug »

Word my arme alias nou verkrag.......


HAHAHA - SONG DONG!!!

Lekker aand vir julle manne.
Songdaug
Last edited by Guest on Mon Apr 19, 2010 10:01 pm, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
Boogjagter

Re: .243 sub soniese ladings

Post by Boogjagter »

Dankie vir julle raad, waarskuwings en advies.
Die hoof rede hoekom ek die .243 wil sub sonies laai is ek oes rooibokke in groot getalle op 'n plaas in Botswana en wil graag 'n nuwe manier probeer om hulle te oes. Ek doen meeste van die skietwerk in die aande en hulle raak nou bietjie skrikkerig vir die bakkie. Ek wil probeer om met 'n stil geweer hulle deur die dag te skiet en in die aande ook. Ek het in die begin so ongeveer 9 rooibokke per uur gekry en dit het nou al afgekom na 3 per uur toe. En dit is nie oor die getalle wat afgekom het nie ;).

Moet ook ongelukkig kyk wat ek kan doen met die .243 want dit is maar duur in Bots om 'n nuwe kaliber te kry, hoewel dit makliker is as in SA. Sal julle op hoogte hou van my besluit.
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: .243 sub soniese ladings

Post by Janjak »

Boogjagter
jy kan die lading van 9-11gr MP200 met n CCI200 primer en n 100gr punt gerus probeer.
Dakron is n moet en so 3-5gr dacron pluisie teen die kruit.
Spoed is so 1700fps en jy eet tot teen die gat.
Ek skiet op my 243 die 10gr MP200 lading op n 90gr Sako punte en is baie tevrede.
Ek draai my teleskoop na my 350 zero verstelling toe dan zero die reduced op 40m.

Toets en laat weet.
Post Reply