Klein silencers

User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Klein silencers

Post by Piet Pille »

johans wrote: manne ek wil n dom vraag vra,wat is die voordele van n k.d teenoor sonder een skiet?
Die grootste voordeel van 'n KD teenoor daarsonder is dat 'n knaldemper die knal van die skoot demp.......




;) Sorry Johan, moes net! ;D ;D
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Klein silencers

Post by VdWalt »

Pieter Vorster wrote: Die grootste voordeel van 'n KD teenoor daarsonder is dat 'n knaldemper die knal van die skoot demp.......




;) Sorry Johan, moes net! ;D ;D
Grapgat!  ;D
User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

Re: Klein silencers

Post by BenG »

Babbelas wrote: Pieter Jacobs 0827837939 Van die beste wat jy sal kry!! R600+BTW
Waar is hy?
Weihrach HW97K
.22 Brno
Beretta A300
308 Howa 1500 Varmint
6.5 x 55 Howa (wag vir SAP)
9mm Glock 17
Roni....
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Klein silencers

Post by johans »

ek hoor jou pieter,mmar as mens met n kleiner kaliber skiet is dit darm nie so erg nie.nog voordele?
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Klein silencers

Post by Eugene »

johans wrote: ek hoor jou pieter,mmar as mens met n kleiner kaliber skiet is dit darm nie so erg nie.nog voordele?
Hang af wat jy doen? Vir teikenskiet maak dit die recoil minder, sodat jy duidelik kan sien waar jy skiet en dit spaar ook bietjie jou ore! Vir Varmiting, het ek agtergekom dat jy meer meerkaaie of tarentale uit 'n groep kan skiet met 'n KD, as daarsonder. En vir jag, hou dit jou bokke bietjie makker.

Dis maar my 2c.....
Aim small, miss small
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Klein silencers

Post by Piet Pille »

johans wrote: ek hoor jou pieter,mmar as mens met n kleiner kaliber skiet is dit darm nie so erg nie.nog voordele?
:) Hallo Johan,

Ek het sommer net jou been getrek met my vorige post. Eugene hierbo het dit goed gestel. Jy sal verbaas wees hoe maklik jou ore beskadig word deur die knal van enigiets groter as .22LR.

Nog 'n voordeel (alhoewel miskien nie so belangrik) wat mens met 'n KD het, is dat jy baie duideliker kan hoor of jy raakgeskiet het of nie. Sonder 'n KD verdoof die knal jou tydens die skoot en jy kan dikwels nie self hoor of die koeel tref nie. Ek het al dikwels gejag en met die skoot se die gids dat dit duidelik raak is terwyl ekself nie kon hoor nie. Soos Eugene tereg se, naas jou ore wat gespaar word, is die grootste voordeel seker dat jy nog 'n 2de skoot kan inkry. Ek het al by meer as een geleentheid 2 springbokke bymekaar kon skiet omdat hulle nie so skrik vir die knal en blindelings weghaarloop nie.
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Klein silencers

Post by Eugene »

Pieter Vorster wrote: Nog 'n voordeel (alhoewel miskien nie so belangrik) wat mens met 'n KD het, is dat jy baie duideliker kan hoor of jy raakgeskiet het of nie. Sonder 'n KD verdoof die knal jou tydens die skoot en jy kan dikwels nie self hoor of die koeel tref nie. Ek het al dikwels gejag en met die skoot se die gids dat dit duidelik raak is terwyl ekself nie kon hoor nie. Soos Eugene tereg se, naas jou ore wat gespaar word, is die grootste voordeel seker dat jy nog 'n 2de skoot kan inkry. Ek het al by meer as een geleentheid 2 springbokke bymekaar kon skiet omdat hulle nie so skrik vir die knal en blindelings weghaarloop nie.
En dan natuurlik nog 'n voordeel is dat ek nie so vreeslik vir die knal skrik en dan blindelings die geweer weggooi nie..... ;)
Aim small, miss small
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Klein silencers

Post by Piet Pille »

Eugene wrote: En dan natuurlik nog 'n voordeel is dat ek nie so vreeslik vir die knal skrik en dan blindelings die geweer weggooi nie..... ;)
;D ;D ;D
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Klein silencers

Post by BRNO (Pierre) »

Pieter Vorster wrote: :) Nog 'n voordeel (alhoewel miskien nie so belangrik) wat mens met 'n KD het, is dat jy baie duideliker kan hoor of jy raakgeskiet het of nie.
Moet se, hierdie is amper die grootste voordeel wanneer dit kom by jag met n knaldemper aan. Ek het verlede jaar vir die eerste keer met my terminator op die nil-kwes gejag, en dit gee jou sommer hoendervleis as jy elke keer die skoot mooi hoor "doep"

Die silencer het ook die terugskop van my geweer so verminder, dat my vrou haar eerste bok met dieselfde geweer met n 180gr koeel laas jaar geskiet het. Dit was nie eers nodig om af te laai van my gewone lading nie.
Veiligheid eerste manne!
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Klein silencers

Post by jamalley »

Ek het self 'n KD by Pieter gekoop vir my 22-250 en dit is lig en klein en werk uitstekend - het hom persoonlik gebel en gevra rondom 'n refleks KD wat hy ook al gemaak het, maar volgens hom is sy knaldempers getoets by Potch en gemeet op 21 desibel, terwyl sy refleks KD getoets is op 21,8 desibel.
Howa .223 Varminter
Musgrave 22-250 Rem
Musgrave .243 Win
Musgrave .308 Win
Baikal 12 Boor side by side
CZ 75 9mm
Star .22 Sport
Droom van 'n .375 H&H, maar ma weier om vir my een te koop
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Klein silencers

Post by johans »

dankie manne.se my moet jy jou geweer oor instel met die kd op?en as jy hom afhaal weer instel?
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Klein silencers

Post by Piet Pille »

johans wrote: dankie manne.se my moet jy jou geweer oor instel met die kd op?en as jy hom afhaal weer instel?
Jip, ongelukkig. My .270 skiet heelwat laer met die KD op. Dit skuif die POI by meeste gewere. Maar as jy eers met hom op begin skiet het, sal jy hom nie sommer weer daarsonder wil skiet nie. Self vir stapjag, werk die reflex tipe KD's wat nie die looplengte so baie verleng nie baie goed.

Nog 'n voordeel waaraan ek nou dink- 'n KD maak dit baie meer gerusstellend vir nuwe /bang skuts.. My vrou het geweier om met 'n geweer groter as .22 te skiet, nadat sy eenmaal op skool met 'n 30-06 sonder oormowwe geskiet het. Sy wat baie bang vir die terugskop en knal omdat sy 'n slegte ondervinding gehad het daardie eerste keer. Nadat sy en die kinders saam was by die skietbaan het ek haar oortuig gekry om 'n skoot met die .270 te skiet, nadat sy gese het die geweer "raas" darem nie so baie nie. Sy het toe sommer 3 skote geskiet- en ek het amper my tong ingesluk toe ek by die teiken kom-- 24mm  op 100m. MOEWIESE gelukskoot of dalk 'n talent onder die maatemmer?! Daardie teiken pryk nou in my herlaai kamer teen die muur. Hierdie jaar sal mamma meer kom saam skiet, want. agv die KD, het sy nou die vrees vir gewere onder beheer, en die goeie  groep het haar selfvertroue gegee om weer te probeer.
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Klein silencers

Post by johans »

dankie pieter
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Klein silencers

Post by Jake1 »

Ek het met my terminator op my .22 en subsoniese patrone uit die bakkie geskiet, my swaer wat langs my gesit het het my gevra wanneer skiet ek, ek het toe reeds geskiet............."need I say more?"
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Post Reply