Howa .308 Varminter met Sierra 150gr gamekings.

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Howa .308 Varminter met Sierra 150gr gamekings.

Post by bex »

Ek het 2 ladings getoets om die resultate vir QL te kan voer, maar terwyl ek vir Ludwig wag kon ek nie die versoeking weerstaan om nog van my doppe te "vuurvorm" nie.
Doppe - Lapua
dryfmiddel - S335
Koel - Sierra 150gr SBT Gameking
Slagdoppie - Federal 210
TPL - 70.90
Loop 24"

3 skote het vir my 2886 , 2867 , 2898 gegee.
Dit lyk vir my n bietjie warm as ek na die somchem tabelle kyk , maar daar is geen tekens van druk nie.
Die wind het maar bietjie gepla, ek kannie wag om die lading op n stiller dag te toets nie.
Afstand 100m
Image

Wat dink julle manne oor die spoed , is die lading n bietjie warm?
Last edited by bex on Sat Jan 19, 2013 11:26 am, edited 1 time in total.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Howa .308 Varminter met Sierra 150gr gamekings.

Post by Arnold »

Daai is bietjie hoe spoed vir 'n 24" loop!
Wat was jou lading?

Hier by 2830 fps behoort 'n sweetspot te wees maar dit is steeds warm. Hier by 2700 fps is waar jy eintlik moet wees.
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: Howa .308 Varminter met Sierra 150gr gamekings.

Post by bex »

My lading was 42gr
41gr het vir my 2780 gegee.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Howa .308 Varminter met Sierra 150gr gamekings.

Post by LUAN »

Dit is nogals vinnig Bex. Meeste .308 loop bietjie stadiger as 2800fps met 150gr die wat se lope nie te lank is. En jy het minder kruit in die Lapua doppe as wat ek ingooi. Jou tpl klink ook of hulle redelik diep geseat is. Ek gebruik 150gr Nosler Bt met tpl van 71.5mm met 43.8gr S335 vir so 2800fps op 26" loop.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Howa .308 Varminter met Sierra 150gr gamekings.

Post by Arnold »

probeer 41.5gr
Die spoed is nogal hoog vir 'n 24" loop en so min dryfmiddel. Is jou chrono reg? Watse lot S335 gebruik jy?
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Howa .308 Varminter met Sierra 150gr gamekings.

Post by LUAN »

Ek het ook gedink chrony.
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: Howa .308 Varminter met Sierra 150gr gamekings.

Post by bex »

Dit was die crony, ek het nie mooi gekyk toe ek hom vanoggend opstel nie. dis n Master crony en hy was nie 100% oopgevou.
n toets met my MVT met sy ingeboude crony het gebwys my crony wys so 10 fps te hoog op 830 fps. Toe ek hom heel oop maak wys hy 6 fps laer as ie s die MVt , dis is waar hy moet wees.  Ek het hom al met iemand se Oehler vergelyk en hy het konstant 20 fps stadiger as die Oehler gewys teen 2800 fps.

Ek het gou weer 2 rondtes gelaai en gekyk,  2797 en 2841  fps.

Ek gebruik lot no 674 08 2004 op die oomblik.
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: Howa .308 Varminter met Sierra 150gr gamekings.

Post by bex »

Eish , dit betek dalk dat die data wat ek vir ludwig gestuur het dalk verkeerd kan wees
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: Howa .308 Varminter met Sierra 150gr gamekings.

Post by bex »

Ek begin dink temperatuur kan dalk bydrae to my hoe spoed. Ek sit op my stoep en skiet onder dak , maar die temperatuur tydens die naweek se skiet was 38 grade.
42gr S335 het toe vir my 2806 fps gem gegee.

Dit was nou 33grade en 42gr S335 het nou vir my 2778 gem gegee.
Dis of dit of my crony neek my rond.

Ek het die 42gr lading met n TPL van 70.90 gebruik om die 3 skoot groep links op die teiken te skiet. Groep grote 7.1mm
Image
Post Reply