Die Lynx 3.5–10x50 LX2 met SA Jagters kruisdraad is nou beskikbaar.
Hierdie is die tweede model van die Lynx teleskope wat met die SA Jagters kruisdraad toegerus is. Die eerste besending van die model het einde Desember 2012 die land binnegekom. Ek het die geleentheid gehad om van hierdie teleskope tydens die vakansie te evalueer en op verskillende gewere te toets.
Die Lynx 3.5–10x50 LX2 met die SA Jagters kruisdraad is ‘n uitstekende algemene jagteleskoop. Dit is eenvoudig om te gebruik, baie helder en die kwaliteit is van hoogste gehalte. Die kruisdraad is duidelik sigbaar in die nag wat dit geskik vir nagskiet maak. Dit kan ook nuttig tydens skietkompetisies gebruik word en ek sal voortaan hierdie model op my 308 jaggeweer gebruik. Die aanbevole kleinhandelsprys van die Lynx teleskoop is R7500.00, maar dit behoort vir heelwat minder by baie handelaars beskikbaar te wees.
Lynx het 'n spesiale aanbod vir persone wat die Lynx 3.5-10x50 teleskoop met die RF kruisdraad besit en dit graag sou wou opgradeer na die SA Jagters kruisdraad. Vir die volledige toetsverslag en meer inligting oor die spesiale aanbod, volg die skakel hieronder.
http://www.sahunters.co.za/shootingforu ... &Itemid=55
Ek sal 'n voorbeeld van die teleskope tydens die skietkompetisie by Clocolan eerskomende naweek beskikbaar hê.
Lynx 3.5-10x50 LX2 met SA Jagters kruisdraad.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Lynx 3.5-10x50 LX2 met SA Jagters kruisdraad.
Last edited by Hercules Louw on Sun Jan 20, 2013 10:39 pm, edited 1 time in total.
