Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4599
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Ek gaan myself waarskeinlik baie ongewild maak met my volgende stelling:
Ek voel nie, soos baie Amerikaners, dat daar geen wetgewing moet wees tov wapenbesit nie. Baie persone se dat totale wapen verbod begin by wapenwetgewing wat daan later groei tot totale verbod op privaat wapen besit. En daarom staan baie wapenliefhebbers enige wapenbeheer teen.
Ek sit en verlistig my ook in die lekkerte sou ek net in n wapen winkel kon instap en vir my n M4 of AK 47 te kan koop. Of bloot net die jaggeweer wat ek nou houvas en nou wil he. Ek kan net dink hoe lekker moet dit wees as daar orals in die land wapen skoue is waar ons ons wapen kan koop en verkoop of ruil soos die yankees.
Ek wil ook nie beperk wees tot een of twee handwapens nie, ek wil soveel he as wat ek wil he. Persoonlik wil ek graag al die militere wapen besit van die geskiedenis van SA. Wapens soos die 7x57, 303, FN, R1,R 4 en R5.
Net een groot probleem. My mede RSA burgers. As ek deur die land ry en rondom my kyk dan moet ek se ek gril as ek dink, wat sal dit beteken dat enige iemand bloot by n winkel instap n wapen mag koop, en daar is geen voorskrif oor hoe dit gestoor moet word nie. As jy n kriminele rekord het veral waar geweld betrokke is, dan voel dit vir my reg dat jy nie wapens mag besit nie. Ons is almal kwaad as ons hoor van n persoon wat sonder n lisensie rondry met n voertuig. Oor bestuurs lisensies het ons vrede maar oor wapen lisensies raak n mens kwaad.
Natuurlik word jy kwaad as jy lank moet wag vir jou lisensie. Dit is egter die sapd se skuld en nie die wapenwet nie.Ek praat hier van die beginsel dat dat ek n plek sien in die samelewing vir wapen lisensies.
Wie van julle het al die wapenwet mooi bekyk. In Engeland en groot gedeeltes van Europa asook New Zealand en Aus, mag jy nie n handwapen semi outo of n jaggeweer besit wat voorheen n militere kaliber was nie, soos bv n 7x57. Ons wet maak voorsiening vir al hierdie items. Ek gee toe dat sou jy ,soos ek, die militere wapen van suid afrika wil besit moet jy, adisionele insette maak soos om versamelaars status te kry, maar die punt is die wet maak voorsiening dat jy dit mag kry. Die probleem met die nuwe wapenwet, is vir my meer die swak manier wat dit toegepas word. Dit gaan egter baie beter. Ek weet al sommer van n paar manne wat binne n maand hulle lisensies gekry het. Ek sou graag wou sien dat as jy eers n bevoegdheidsertifikaat het, dat jy dan jaggewere kan koop sonder om vir dit te wag. Maw jy lisensieer die persoon en nie die wapen nie.
Kom ek maak myself verder oop vir kritiek. Baie mense se die wapenwet is gemaak om Blankes te ontwapen. Miskien is dit so, ek het nognie bewyse gesien wat dit kan staaf nie. Ek dink daar word die afgelope 6 maande meer jaggewere verkoop as enige 6 maande in die oud RSA. Praat maar met die wapenwinkels wat al 30 jaar of meer bestaan. Hulle sal jou se hulle kan nie voorbly nie., En het nog nooit soveel wapen verkoop in so n kort tud jie soos nou nie. Ek sien baie min mense wat se die wet is daar om Blankes te ontwapen, weet dat die Black Gun owners Assotiation, het die regring gedagvaar vir R3.2 Biljoen. Een van die hoof rede waaroor die saak gaan is dat, die asosiasie voel dat die nuwe wet so geskryf is dat dit spesifiek die swart man teiken en hom van die geleentheid ontneem om n wapen te besit. Verder hou die BGOA ook die regering verantwoordelik vir al die swart mense wat hul werk kwyt is agv die nuwe wapen wet. Neem in ag dit hulle hofsaak ver groter is as die saak wat SA jagter teen die regering het.
In Swede is daar n beginsel van Every citizen a soldier, omtrent elke huishouding het militere opleiding en elke huis is in besit van n weermag uitgereikte aanvalswapen. In Swede moet jy egter intense wapenopleiding deur gaan as jy n jaggeweer wil koop asook n jagters kursus. Hou in gedagte dat Swede die land is wat persentasie gewys die van die hoogste persentasie gegradueerde mense is. Dit is een van die lande met die laagste korupsie deur die regering. Dit is n land van wet en orde, die regering kan vir sy mense outomatiese gewere gee, want die bevolking is opgevoed en verantwoordelik. Ons kan nie dieselfde se van RSA se bevolking se nie.
In Suid Afrika sal die krimineel wat n misdaad met n wapen wil pleeg sekerlik sy hande op n wapen kan kry. Maar as elke persoon in die land n wapen mag he en daar is geen voorskrif dat die wapen in n kluis geberg moet word nie, dan sal daar net soveel meer wapens en verlore wapens om omgang wees.
In die ou SA het ek 3 maande gewag vir my pistool se lisensie, my lasste 3 lisensies was nie een langer uitstaande as 6 weke nie.
So, is wapen beheer sleg/belaglik/foutief, of is daar plek vir beprkte wapen beheer in n land soos Suid Afrika?

Last edited by James Wilson on Fri Jan 18, 2013 9:52 am, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
johnny
- Hero Member

- Posts: 569
- Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
James
Ek stem saam , daar moet wapen beheer wees en goeie wetgewing wat regverdig aangewend en verstaanbaar is. Maar soos jy se die beperkings moet verander en die wetgewing moet toegepas kan word, dit help nie ons maak streng reels vir die publiek nie , en daar is niemand wat dit kan of wil reg toepas nie.
groetnis
Johnny

30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno, .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
James, ek stem ook saam. Nie elke ou is geskik en gepas om 'n vuurwapen te besit nie!
Aim small, miss small
- Gregvzyl
- Full Member

- Posts: 188
- Joined: Thu Jan 10, 2013 11:03 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
My mond hang letterlik oop. Voel julle regtig daar is nodig om wette te wees om die wetgehoorsame burgers te onderdruk? Aangesien kriminele hulle nie aan wette steur nie hoe gaan dit help?
-
johnny
- Hero Member

- Posts: 569
- Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
gregvzyl
Se jy daar moet geen wetgewing wees en elkeen kan net koop of vat soos hy wil????

groetnis
Johnny
Se jy daar moet geen wetgewing wees en elkeen kan net koop of vat soos hy wil????
groetnis
Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno, .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Greg, die wetgewing, soos James tereg se, maak dit darem moeiliker (tot n mate) vir enige jan-rap-krimineel om n vuurwapen te bekom.
Jy gebruik die woord "onderdruk". Hoe onderdruk die huidige vuurwapenwet jou om jou passie vir skiet en jag uit te leef?
Groetnis

- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Wetgewing is noodsaaklik, maar ek voel dat die persoon eerder bevoeg verklaar moet word en dan soveel wapens (outomaties uitgesluit) moet kan besit as wat hy wil.
Maak die bevoegdheids toets baie streng (ingesluit psigologiese toetse) met deeglike wapen- en veiligheids opleiding.
Groete
Dawie
PS - ek sal nooit 'n voorstander van geen wapenwetgewing wees nie - veral in SA!!

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- sarel.wagner
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Fri Nov 23, 2012 11:49 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Mense lees eers asb die artikel wat ek geskryf het. Hoopelik gee dit julle n beter perspektief oor ons wetgeweing en ander aangeleendhede rondom dit.
http://jaracal.com/index.php/topic,17201.msg217404.html#msg217404
Ook die direkte skakel na die artikel: https://www.dropbox.com/s/cho2o0fwts95swp/gun%20politics%20sa.pdf

Last edited by sarel.wagner on Fri Jan 18, 2013 10:28 am, edited 1 time in total.
Walther PPQ
AA 400
.303 Sporterised
Remington 7mm Rem Mag
Bowtech Patriot
AA 400
.303 Sporterised
Remington 7mm Rem Mag
Bowtech Patriot
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Greg, dit gaan nie oor onderdrukking van wetgehoorsame burgers nie. En geen wapenwet gaan op enige wyse onwettige vuurwapens verminder of misdadigers beperk nie, maar dit keer darem dat die dwelmsmous op die hoek nie more by 'n geweerwinkel kan instap en 2 ure later met 'n R4 kan uitstap nie.
Aim small, miss small
- Gregvzyl
- Full Member

- Posts: 188
- Joined: Thu Jan 10, 2013 11:03 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Johny dit is presies hoe ek daaroor voel. Die wette word in elk geval nie deur die kriminele gevolg nie. Die enigste mense wat dus deur die wette benadeel word is ek en jy, die mense wat hulleself onderdanig maak aan die wette.johnny wrote: gregvzyl
Se jy daar moet geen wetgewing wees en elkeen kan net koop of vat soos hy wil????![]()
![]()
groetnis
Johnny
Ook moet ek verder vra, gestel vuurwapens is nie beskikbaar vir wie ookal julle voorstel hulle nie mag he nie, sal daai persoon dan afsien van sy plan om te steel, moor, verkrag, of wat hy ookal wil doen? Dit is nie die wapen nie dit is die persoon.
Nou as enige iemand 'n wapen kan koop en he en dit minder van 'n shlep is, sal aansienlik meer mense gewapen wees. Dit sal die ongewensde element twee keer laat dink. Dan raak die "occupational risk" te groot vir hom. Onthou, hulle soek sagte teikens. As lood in twee rigtings trek is dit nie meer 'n easy, fast buck vir hom nie.
@Matewis. Ek word onderdruk deur dat ek as 'n wetgehoorsame burger deur die staat aangese word hoe ek my geld kan spandeer. Ek moet verduidelik hoekom ek iets wil besit. Ek word bedwing om krimineel op te tree omdat die wette deur iemand opgestel word wat niks weet nie. (BV. die naweek is dit my NSO en Classifier vir IDPA. Die wet se ek mag nie meer as 200 patrone besit nie. Ek het meer as dit nodig op die COF te voltooi en dan het ek nog my EDC patrone ook.) Dus dwing hulle my om die wet te breek.
- Gregvzyl
- Full Member

- Posts: 188
- Joined: Thu Jan 10, 2013 11:03 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Eugene hoe moeilik dink jy is dit vir daai dwelm smous om 'n R4 te kry? Makliker as wat dit vir jou is. Hy hoef nie bevoegtheid te kry nie, geen lisensie of 200patrone beperking vir hom nie. Maar nou kan jy nie een kry nie want die regering se so.Eugene wrote: Greg, dit gaan nie oor onderdrukking van wetgehoorsame burgers nie. En geen wapenwet gaan op enige wyse onwettige vuurwapens verminder of misdadigers beperk nie, maar dit keer darem dat die dwelmsmous op die hoek nie more by 'n geweerwinkel kan instap en 2 ure later met 'n R4 kan uitstap nie.
- sarel.wagner
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Fri Nov 23, 2012 11:49 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Ook vir die wat nog nie die soundmoneysa.co.za besoek het nie, gaan besoek dit gerus.
Wat die kriminele aan betref, hulle steur hulle net mooi 0% aan die wette, enige wette! So hulle gaan nie n AK or eenige semi auto geweer koop teen R15k -R20K nie, hulle koop hom van die swart mark teen ongeveer R1.5K.
Anders steel of koop hulle eenvoudig die wapen by die SAPS of by die Army. N derde plek waar hulle dit verkry is van die verskeie Arms Caches wat die ANC nog steeds aanhou, hulle het by raming steeds ongeveer 100Ton se wapens. N vierde plek is al die wapens wat van Moz af ingesmokkel word asook van ander buurstate.
Die wapenwet is dus op geen vlak op die kriminele van toepassing nie, slegs op jou as wetsgehoorsame landsburger.

Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Ek glo dat daar streng beheer moet wees oor WIE bevoeg is om wapens te besit. Ek is ook 'n groot voorstaander van goeie verpligte opleiding (NIE die halfhartige kursusse wat mens nou moet "deurkom" nie)
En hier kom die maar...
Ek glo dat daar nie beperkings moet wees op persone wat volgens 'n streng regverdige proses bevoegd verklaar is nie. (met die moontlike uitsluiting van vol outomatiese gewere)
Mens word tans vir alle praktiese doeleindes tot een handwapen beperk vir selfverdediging. HOEKOM????
Al besit ek 1, 3 of 50 handwapens, kan ek net een op 'n slag skiet.
Dieselfde met jaggewere. ek kan net een op 'n slag skiet, so hoekom mag ek nie maar 10 in die kluis hê nie?
Soos ek dit sien, as jy bevoeg is om een wapen te hê, is jy bevoeg om 100 te hê.
En hier kom die maar...
Ek glo dat daar nie beperkings moet wees op persone wat volgens 'n streng regverdige proses bevoegd verklaar is nie. (met die moontlike uitsluiting van vol outomatiese gewere)
Mens word tans vir alle praktiese doeleindes tot een handwapen beperk vir selfverdediging. HOEKOM????
Al besit ek 1, 3 of 50 handwapens, kan ek net een op 'n slag skiet.
Dieselfde met jaggewere. ek kan net een op 'n slag skiet, so hoekom mag ek nie maar 10 in die kluis hê nie?
Soos ek dit sien, as jy bevoeg is om een wapen te hê, is jy bevoeg om 100 te hê.
- Gregvzyl
- Full Member

- Posts: 188
- Joined: Thu Jan 10, 2013 11:03 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
En dan moet elke peroon wat wil bestuur 'n advanced driving course voltooi voor hy sy lisensie kan kry?Ek glo dat daar streng beheer moet wees oor WIE bevoeg is om wapens te besit. Ek is ook 'n groot voorstaander van goeie verpligte opleiding (NIE die halfhartige kursusse wat mens nou moet "deurkom" nie)
Onthou ook dat dit die oumense is wat volgens my die vuurwapens die meeste nodig het om hulle teen die jong gesonde lafhard te verdedig. Nou wil jy dit vir hulle moeiliker maak?
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Ek sê nie maak dit moeiliker nie. Al wat ek sê is, daar is REEDS verpligte opleiding, maak die opleiding ordentlik. (Ek sê ook nie iemand van 60, wat al vir 50 jaar jag en skiet, moet nou skielik as 'n "beginner" beskou word nie)Gregvzyl wrote: En dan moet elke peroon wat wil bestuur 'n advanced driving course voltooi voor hy sy lisensie kan kry?
Onthou ook dat dit die oumense is wat volgens my die vuurwapens die meeste nodig het om hulle teen die jong gesonde lafhard te verdedig. Nou wil jy dit vir hulle moeiliker maak?
Al wat ek sê, is maak seker dat mense wat bevoeg verklaar word, WEL bevoeg is. En wanner hulle as bevoeg verklaar word, beskou hulle as bevoeg vir alle wapens.
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Greg, ek het volle begrip vir jou argument (regtig ek het). Ek stem volkome saam dat in ons land (vir die afgelope 400 jaar) dinge nie altyd uitwerk soos dit op papier bedoel is nie. Jou voorstel vir 'n absolute "free-for-all" mbt vuurwapenbesit en -beheer is egter 'n konsep waaraan ek nog nie werklik gedagtes gegee het nie. Dit is 'n baie gevaarlike situasie (en ja ek besef SA se unieke omstandighede, veral vir die witmense en boere) wanneer daar geen wetgewing is nie, ons bly in Afrika, ons weet.
Die probleem is nie die wetgewing nie, maar die owerhede se totale onvermoe om wet en order te laat geskied. Deur nou alle reels en regulasies te laat vaar sodat elkeen sy eie orde afdwing is vir my 'n tree agteruit in ons ontwikkeling as land en sy mense.
Stel jou voor as die VN geen regulasies het mbt lande se nuclear-aktiwiteite nie. Ja daar is lande wat nie hieraan gehoor gee nie maar ten minste moet hul dit skelm doen en daar is fyn vergrootglase op hulle. As elke land net kan maak soos hy wil sal ons mensdom se huidige tydperk vinnig tot 'n einde kom.
Ek se weer ek ervaar dieselfde frustrasies as jou mbt wet en orde in ons land, maar om wetgewing te skrap sal ek nog bietjie aan moet herkou..
Groetnis
Die probleem is nie die wetgewing nie, maar die owerhede se totale onvermoe om wet en order te laat geskied. Deur nou alle reels en regulasies te laat vaar sodat elkeen sy eie orde afdwing is vir my 'n tree agteruit in ons ontwikkeling as land en sy mense.
Stel jou voor as die VN geen regulasies het mbt lande se nuclear-aktiwiteite nie. Ja daar is lande wat nie hieraan gehoor gee nie maar ten minste moet hul dit skelm doen en daar is fyn vergrootglase op hulle. As elke land net kan maak soos hy wil sal ons mensdom se huidige tydperk vinnig tot 'n einde kom.
Ek se weer ek ervaar dieselfde frustrasies as jou mbt wet en orde in ons land, maar om wetgewing te skrap sal ek nog bietjie aan moet herkou..
Groetnis
- Gregvzyl
- Full Member

- Posts: 188
- Joined: Thu Jan 10, 2013 11:03 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Nee, my Ma is oor die sestig, sy kan nie die bevoegtheid nou slaag nie, en het slegs 'n vuurwapen omdat sy voor die nuwe wetgewing al 'n lisensie het. Sy sal volgens jou outomaties gediskwalifiseerd wees om 'n wapen te besit. Sy is nie die een wat akkies met 'n wapen gaan aanvang nie.Chris Swart wrote: Ek sê nie maak dit moeiliker nie. Al wat ek sê is, daar is REEDS verpligte opleiding, maak die opleiding ordentlik. (Ek sê ook nie iemand van 60, wat al vir 50 jaar jag en skiet, moet nou skielik as 'n "beginner" beskou word nie)
Al wat ek sê, is maak seker dat mense wat bevoeg verklaar word, WEL bevoeg is. En wanner hulle as bevoeg verklaar word, beskou hulle as bevoeg vir alle wapens.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Greg, ek verstaan wat jy sê, maar wys my enige land in die wereld, waar misdadigers hulle aan die wet steur? Waar dink jy kom al die onwettige vuurwapens vandaan? Beslis nie vanuit S&O aangekoop nie. Dit kom van nalatige vuurwapeneienaars (ja, ook die SAPD en die Weermag) wat nie na hulle vuurwapens gekyk het nie. As jy dit moeilik maak om iets te kry, sal mense dit begin oppas. Ek het begrip vir jou moeder se situasie, maar vuurwapens mag dalk mense veiliger laat voel, maar dra selde by tot hulle veiligheid, inteendeel... As jy nie gereeld oefen en vertroud is met jou vuurwapen nie, gaan dit jou niks help in 'n krisis nie. Nou hoeveel bejaardes sien jy op die skietbaan en hoe gaan 'n ou oom van 80 'n 40 s&w se recoil hanteer?
'n Free-for-all, gaan vir ons baie meer skade maak, onthou ons is 5 mil, die res is 45 mil... As elke ou kan instap en 'n vuurwapen kry, gaan dit chaos wees....
'n Free-for-all, gaan vir ons baie meer skade maak, onthou ons is 5 mil, die res is 45 mil... As elke ou kan instap en 'n vuurwapen kry, gaan dit chaos wees....
Aim small, miss small
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4599
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Die ou SA het ook lisensie gehad, niemand het toe gese die regering ondersruk ons nie
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- sarel.wagner
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Fri Nov 23, 2012 11:49 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Het enige wetgewing in SA wat enige item verbied het sukses behaal?
Kom ons kyk n Dwelms en drank. Op n Sondag mag drank nie verkoop word nie, maar ons kan 24/7 na enige Shebeen gaan en drank koop.
Geen dwelms mag verkoop word nie, ons skole is vrot van die dwels, ons tronke waar mense toegesluit ius is nog vrotter van dwelms.
In SA mag jy nie n kar/trok taxi bestuur sonder dat beide die bestuurder en die voertuig bevoeg is en n lisensie het nie, amper die helfte van voertuie is nie padwaardig nie en n groot klomp mense het nie lisensies nie soo ook nie hul voertuie nie. Kyk maar na die 30 000 onwettige lisensies uitgereik aan onpadwaardige voetruie in n paar maande laas jaar wat opgespoor kon word.
Is daai voertuie al opgespoor.....?

James, gaan lees gou die stukkie: http://soundmoneysa.co.za/2013/01/why-t ... ohibition/James Wilson wrote: Die ou SA het ook lisensie gehad, niemand het toe gese die regering ondersruk ons nie
Groetnis
Walther PPQ
AA 400
.303 Sporterised
Remington 7mm Rem Mag
Bowtech Patriot
AA 400
.303 Sporterised
Remington 7mm Rem Mag
Bowtech Patriot
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Glad nie wat ek sê nie.Gregvzyl wrote: Nee, my Ma is oor die sestig, sy kan nie die bevoegtheid nou slaag nie, en het slegs 'n vuurwapen omdat sy voor die nuwe wetgewing al 'n lisensie het. Sy sal volgens jou outomaties gediskwalifiseerd wees om 'n wapen te besit. Sy is nie die een wat akkies met 'n wapen gaan aanvang nie.
Ek dink ons praat dalk by mekaar verby.
Jou ma was veronderstel om, as deel van haar herlisensieering, op 'n skietbaan, 'n "kwalifiserings teiken" te skiet en in te gee vir haar bevoegtheid.
Dit beteken sy is nog in staat om die wapen reg/veilig te hanteer, en te skiet. Hierdie vermoë en haar ondervinding met wapens oor die laaste 50 jaar, maak haar bevoeg.
Ek het dinsdag gesien hoe iemand die eeste keer in sy lewe 'n pistool vashou, en 25 skote later, dit kon regkry om 5 skote, baie "bont" op 'n A4 papier te laat tref op 5 meter. Hierdie teiken word ingestuur, en sal voldoende wees om sy "bevoegtheid" te kry.
Ek glo nie dat iemand na 25 skote met 'n pistool bevoegd is om hom elke dag in die publiek te dra nie.
Al wat ek sê is, aangesien nuwe aansoekers, in elk geval, 'n kursus moet voltooi, laat hulle 'n ordentlike kursus doen, en werklike waardevolle opleidin ontvang. Nie net 5 skote skiet en klaar nie, leer hulle ordentlike wapenhantering
(Amper soor die bestuurslesse voor jy jou bestuurslisensie deesdae kry. Waar jy nie net moet reguit ry nie, maar ook ander aspekte van bestuur soos parkeering moet leer)
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
As ek kon help skryf aan die vuurwapenwet, sal ek dit 'n vereiste maak dat elke persoon wat aansoek doen, aan 'n geakkrediteerde klub of vereniging moet behoort en dat daardie klub vir jou 'n getuigskrif moet gee, voordat jy kan aansoek doen. As jy aan so 'n klub of vereniging behoort en aktief betrokke is, behoort jy ook jou lisensies makliker te kry en enige hoeveelheid ammunisie of vuurwapens te kon besit.
Dit sal baie van die cowboys wat steeds maklik lisensies kry en jagters se naam weggooi, bietjie uitroei.
Ek sal natuurlik presies dieselfde wetgewing oor boë instel. Hopelik sal dan daar dan minder katte en honde met boë in dorpe en stede geskiet word!
Dit sal baie van die cowboys wat steeds maklik lisensies kry en jagters se naam weggooi, bietjie uitroei.
Ek sal natuurlik presies dieselfde wetgewing oor boë instel. Hopelik sal dan daar dan minder katte en honde met boë in dorpe en stede geskiet word!
Aim small, miss small
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4599
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
Sarel ,dankie , net cinnig deur die stuk gelees. Sal dit later meer in detail beskou. Jy praat van goed wat verbied word. Ek praat van goed wat n beheer probeer instel. Ek praat van hoe ek voel. Dit is bloot my opninie,dat as enige iemand n wapen mag besit, gaan daar verseker net meer probleme wees. My punt afgesie van wetgewing is, ek wil nie he daar moet vrylik aan enige ieman wapens verkoop word nie. Ek praat nie van die regering ek praat dat ek self nie wil enige persoon mag n wapen ne nie.
N bekende persoon in ons dorp het besluit hy gaan n wapen koop, die persoon is wel bekend in die gemmenskapmdat hy depressie probleme het. Met die navorsing deur die polisie is daar bevestig dat hierdie persoon nie altyd toerekeningsvatbaar is nie. Sy aansoek is geweier. Ek is bly daaroor. Hy bly saam met sy broer. Sy broer het wapens en dit is soos per voorskrif in n wapenkluis. In 2009, het die persoon die verkeerde voorskrif medisyne ontvang, dit was glo n lelike besigheid. Een probleem was dat hy op n staduim in sy trans n wapen gesoek het. Sou die wapens nie toegesluot gewees het soos die wet verwis nie dan sou hy n wapen kon kry.
As ons geen wapen mag besit het nie sal ek saamgestem het, maar dit was nog altyd so op alle gebiede dat die mense wat wette gehoorsaam dit met moeite doen. Die misdadeger maak soos hy wil, maar ek kan my nie daardeur laat ly nie. Ek mag n wapen he, ek is bevoeg verklaar. Iemand wat nie bevoeg is nie mag nie n wapen he nie.
N bekende persoon in ons dorp het besluit hy gaan n wapen koop, die persoon is wel bekend in die gemmenskapmdat hy depressie probleme het. Met die navorsing deur die polisie is daar bevestig dat hierdie persoon nie altyd toerekeningsvatbaar is nie. Sy aansoek is geweier. Ek is bly daaroor. Hy bly saam met sy broer. Sy broer het wapens en dit is soos per voorskrif in n wapenkluis. In 2009, het die persoon die verkeerde voorskrif medisyne ontvang, dit was glo n lelike besigheid. Een probleem was dat hy op n staduim in sy trans n wapen gesoek het. Sou die wapens nie toegesluot gewees het soos die wet verwis nie dan sou hy n wapen kon kry.
As ons geen wapen mag besit het nie sal ek saamgestem het, maar dit was nog altyd so op alle gebiede dat die mense wat wette gehoorsaam dit met moeite doen. Die misdadeger maak soos hy wil, maar ek kan my nie daardeur laat ly nie. Ek mag n wapen he, ek is bevoeg verklaar. Iemand wat nie bevoeg is nie mag nie n wapen he nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4599
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Vuurwapen wetgewing, goed of sleg?
[quote author=sarel.wagner link=topic=17788.msg224547#msg224547 date=
In SA mag jy nie n kar/trok taxi bestuur sonder dat beide die bestuurder en die voertuig bevoeg is en n lisensie het nie, amper die helfte van voertuie is nie padwaardig nie en n groot klomp mense het nie lisensies nie soo ook nie hul voertuie nie.
Groetnis
[/quote]
Hierdie is presies my punt, as daar mense is wat hulle nie steur daaraan op wettige bestuurslisensie te verkry nie, beteken dit dan ons moet die wet wat jou verplig om n bestuurslisensie te he, skrap? Dit kan mos nie wees nie!
Net omdat jy kriminele kry wat die wette ignoreer beteken dit nie wetgewing moet gelos word.