Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?

Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?

Post by Stefan764 »

Baas Wout en Mnr Spotter

Julle slaat hom op sy kop. Mooi gestel en AMEN op dit wat julle 2x ou ballies kwytgeraak het  ;D

Groetnis
Stef
www.barnesbullets.com
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?

Post by Wouter Roets »

Eugene

Wie is hierdie knapie wat hier van die kant af met ons praat? Is dit daai knaap wat laat opgedaag het en toe later erg  verdwaal het toe die ou ballies klaar is met hom? :o

Ja ek dink dit is weer tyd. My liksens is darem vanoggend goedegekeer so ek brand erg vir die opvolg.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?

Post by Jean Marais »

Dis einste hy daai. Hy moet volgende keer maar vroeg kom dat die ou ballies hom behoorlik op sy gaai kan skop... ;D ;D ;D
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?

Post by mariusr »

Jean jou grootste fout was om hordany interlock te gebruik op die Swart yster BWB die punt is net te sag en kom nie by die "vitals" uit nie? Gegruik vlg keer Rhino punte jy sal nooit spyt wees nie! Daar het al ses snotneuse geval met my 30 0kwes met 180 gr Rhinos almal one shot kills alhoewel die 9,3 tot my beskiking was!

Groete
Marius
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?

Post by Jean Marais »

Marius

Dis presies wat ek gedoen het, oorgeslaan na Rhino 220gr wat ongeveer 2600fps uit my 308 Norma loop. Glo my, hulle val as daai koel tref. Vir die bos is dit al wat ek gebruik.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?

Post by Eugene »

mariusr wrote: Jean jou grootste fout was om hordany interlock te gebruik op die Swart yster BWB die punt is net te sag en kom nie by die "vitals" uit nie? Gegruik vlg keer Rhino punte jy sal nooit spyt wees nie! Daar het al ses snotneuse geval met my 30 0kwes met 180 gr Rhinos almal one shot kills alhoewel die 9,3 tot my beskiking was!

Groete
Marius
Ek het al 31 BWB met my 308 met 165gr Sierra Gameking geskiet. Van daai het 30 onmiddellik geval of binne 25m en net een het ek gekwes en kon ek na 2 dae se soek nie kry nie. Dit was een van die eerstes wat ek geskiet het en soos enige onervare jagter, het ek eerstens die afstand oor dooie grond OORskat en het toe nog boonop in die middel van die bladarea gemik. My skietposisie was vrek ongemaklik met dorings in my nek en sy en skerp klippe onder my kniee. Die gids het ook heeltyd gesê: "skiet, skiet, hulle gaan hol, jy moet skiet! Toe die skoot klap, slaan die BWB neer asof hy 'n kopskoot gekry het en toe ek omtrent 20 tree van hom af is (met die geweer natuurlik veilig gemaak en oor die skouer, die bok lê dan...), spring hy op en hardloop weg! Ek het die res van die dag en die volgende dag na daai bok gesoek, totdat die boer naderhand my oortuig het dat ek daai bok nooit sal kry nie. Dit was my eerste en (gelukkig tot op hede :angel:) my laaste kwesbok. Nou het ek rangefinder en skat nie meer afstande nie. Ek maak ook seker van my skootplasing voordat ek triggerhappy raak en skiet nie voordat ek nie volkome rustig en gemaklik is nie.
Aim small, miss small
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?

Post by Johan Nel »

Eugene wrote: Ek maak ook seker van my skootplasing voordat ek triggerhappy raak en skiet nie voordat ek nie volkome rustig en gemaklik is nie.
Wyse optrede.

Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2330
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse

Dit het al met my gebeur met n nuwe wapen n paar jaar terug.Jy het jare lank met n vinnige kaliber geskiet en dan kry jy n 9.3x62 en skote wat gewoonlik geen probleem was nie veroorsaak dat jy 2 dae agter n koedoe aanloop en op die ouende hoes vir n swak skoot.Darm baie geleer van daar af.Geweer moet jy ken en skootplasing speel n baie groot rol.Op n stadium het ek n blouwildebees ook gekwes, wag vir dit.........op 60 meter n ware oop plankdwars skoot.Maande se gesukkel kom ek agter n sekere wel bekende handelaar in Gauteng het 2 van die basisse se skroefies nie mooi vasgemaak nie en het losgekom in jagveld.Deesdae voel ek gereeld of die basisse en teleskoop vas is.

Hoop dit steek erens vas

Groetnis
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Post Reply