Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Vir my is dit te goed om waar te wees. het die ghoeroes nie besluit om die ding van vroeg af op te bou en ons vir 'n 'April Fool' te vat nie. Soos meneer Boths s?: Sien is glo. As ek it nie self sien nie sal ek dit nie glo nie!
Taffie laat weet dan doen ons 'n toetsie hier waar baie water is om te drink vir jakkies met 'n nadors.
Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
Manne, die doepa is seker nou een van die beste ontwerpe in 'n baie lang tyd. Ek wou nog 'n "poll" stig om te sien wie daar teen en wie daar voor is, maar die tyd het my so bietjie aan die slaap gevang.
Dankie aan Meerkat en Jacques se terugvoering met die toetse en sekerlik werk dit. Hier het nogal redelik navrae dmv PM's en e-posse gewees en nou kan ek noem dat die beskikbaarheid daarvan uitgeklaar en gereed is. Daar is genoeg voorraad om die jakkalse in die land binne 1maand tot niet te maak. Lekker om te dink dat die volgende lamseisoen nogal winsgewend kan wees sonder enige ekstra arbeid, in teendeel met minder arbeid. Om die werkloosheidsyfers so hupstootjie dieper in die rooi te gee sal ook nie noodwendig 'n goeie idee wees nie. Dit sal die land in 'n groter hool verander met die ekstra inbrake om salarisse aan te vul. Maar nou ja, kan ook nie vir almal sorg nie.
Omdat tonne meer vleis die mark kan betree sal dit noodwendig die prys afdwing wat dit baie voordelig vir die verbruiker sal maak, maar ook sal die produsent meer inkomste verdien omdat die ander kant ook waar is.
Verder kan net skade veroorsakende diere geteiken word en nie die hele spesie nie. Dit gee weer 'n voordeel aan die groenes omdat hul geliefkoosde diere nie sal uitserf nie. Maar!, ons kan ook soos die Spanjaarde maak en 'n virus ontwerp om die spesie te teiken en sodoende die spesie van die aardbol vee. Die Spanjaarde het ten minste dit reggekry jare gelede om van 'n sekere haas/konyn ontslae te raak wat hul gewasse geplunder het. Daar moet nou om hulle "rooikat" te red van uitwissing, hase geteel word om kos/prooi te voorsien.
Nou, die eintlike idee van die "dwelmmiddel-saga" was om die groenes soos Bool Smuts en sy Landmark Foundation te waarsku dat hulle die feite moet raak sien en nie net hul eie agendas nie. Pasop wanneer ges? word dat die boere/produsente 'n "settlers mentality" het. Moenie "haatspraak" gee as jy nie die probleem self ondervind en geen kennis het van boerdery nie. Die ou mense het ges? dat die skoenmaker hom by sy lees moet hou. Ek dink persoonlik dat hulle die donasies beter kan aanwend en nie net 'n lawaai opskop nie.
Nou ja mense, dit is tog die 1ste April en wil julle nou om verskoning vra vir die valse hoop wat ek in my dommigheid aan julle gegee het. Daar bestaan nie "doepa", dwelmmiddel om jakkalse te beheer, enige poeiers of enige iets dergliks nie. Alles was 'n foefie van die eerste berig daaroor. Foxcreek was reg, dit is te goed om waar te wees, maar dit is moontlik om 'n virus te ontwerp wat die jakkals van die aardbol kan vee. Kruger het dit in die begin van die forum genoem en was dit nie aanvaarbaar vir die res van die forum op daardie staduim nie, maar as Bool en sy trawante verder aan dinge gaan krap waar dit nie jeuk nie, kan so-iets vatbaar word in die boerderygemeenskap. Boere is tog immers natuurliefhebbers en sal soos ek dink nie sommer daardie rigting inslaan tensy hulle gedwing word deur oningeligte indoenas teen die beheer daarvan nie.
So wat my betref is die werk om probleemdiere te beheer aan die groei en huidige metodes die enigste werkbare oplossing.
Last edited by tafjak on Thu Apr 01, 2010 9:35 pm, edited 1 time in total.
Tafman
Ja dit het al soos een van daai deurnag huisvergaderings op universiteit begin klink waar die manne kyk wie die meeste twak kan praat. Het nogal gewag om te kyk wat gebeur op 1 April. Wou net nie jou planne omkrap nie. Die finale strooi was daardie wasgoedlyn vol jakkies.
Alle grappies oppe stokkie. Sien jou een van die dae.
Groete Freddie
Het al gesien hoe tel ekke die honne so op strepe op. Sies JB, ek re?l nogal n geleentheid van Bloem die naweek. Nou moet ek die mense se dis als net o? verblindery.
Ja ja eks n sucker.
Lekker naweek vir almal.
KSV
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hahaha,,, ek het ook eers aan die begin geglo hier kom 'n lekker doepa virrie jakkies, en later die kap agter die byl besef.
'n man kan seker droom oor sulke uitroei maniere.
Happy 1st of April, ek ry more oggend 6 uur plaas toe, net eers 'n paar patrone gelaai. As die tyd daar is gaan soek ek nog 'n rooikat en gooi hom met 'n bietjie doepa.....
Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
tafjak wrote:...die doepa is seker nou een van die beste ontwerpe in 'n baie lang tyd.
Eish. Ouens het so daarna uitgesien.
So die perd wat my die toestelletjie gewys het met al sy slimstories oor hoe dit kwansuis werk het skoon boollie gepraat. Geen wonder hy het so vinnig soos 'n kleios se agterent toegeslaan toe hy bietjie vir meer info gedruk word...
Dan is dit maar weer terug na die ou beproefde metodes?
Ek wil net s? ons is regtig opsoek na oplossing, en jy het my soos dowwe dolla met sakker gevang. Ek waarsku nogal chopper manne om solank anner werk tesoek want ons gaan sommer met spuitblikkies hierdie jakkies spuit en met kieries dood piets.
Jy is reg met wie die lekkerste naweek gaan hou. Maar! pasop!, die produsente word vies vir die inmenging in hul poging om die beste produk die die mark vir die liewe verbruiker(ook groenes) te kry.
Daar is vieslike maniere om hierdie probleem van predasie ligter te maak. Ek glo nogsteeds dat die mense nie wil sien dat die jakkals en rooikat van die aardbol gevee word nie. Hier is slimmense in ons midde. Ek dreig niemand, maar laat ons tog 2keer dink en so bietjie dieper voordat ons die boeredery as 'n nasie met oogklappe wil brandmerk.
Ja my vriend, ek weet dat jakkalse in die grootste deel van die land onbeheerbaar word. Daar is egter maniere om beheer te begin en dit volhoubaar vir boerdery te maak. Ongelukkig is daar nie 'n 24uur oplossing nie(wat die meeste boere na soek), maar wel 'n 24maandplan. Die enigste plan wat werk.
Ek hoop nie jy dink ek val jou aan nie, maar dit is maar my siening en volstaan daar by.
Nee ,jy val my definitief nie aan nie! Ek volg n' program vir 26 jaar op my eie grond en kon so volhoubaar boer met skaap. DIE MANNE by die boere vereniging was lank terug eendag baie kwaad vir my toe hulle kla oor ongediertes en dat iets dringend daaraan gedoen moes word. My antwoord tydens daai vergadering was dat mense wat elke aand TV kyk en in die koue nagte 8.00 in die bed klim ,nie moet kla nie.
Bygese dat dit voor die tyd was dat daar PRO"S was en jy maar self moes beheer toe pas.Deesdae verskaf mense soos jy n' wonderlike diens aan sulke 'TV' kykers
As die groenes tog net hulle energie wil aanwend op ons visbronne dan sluit ek aan! Daar sal nog duisende jaks gedood word lank nadat die laaste Silver Kabeljou op ons Ooskus gevang is .Dink daar is so iets soos 1% oor van ons rots en strand hengel vis !!!!!!!!
HOEKOM DOEN HULLE NIKS DAARAAN NIE. EK HOOP JULLE GROENES LEES DIT.
As die groenes tog net hulle energie wil aanwend op ons visbronne dan sluit ek aan! Daar sal nog duisende jaks gedood word lank nadat die laaste Silver Kabeljou op ons Ooskus gevang is .Dink daar is so iets soos 1% oor van ons rots en strand hengel vis !!!!!!!!
HOEKOM DOEN HULLE NIKS DAARAAN NIE. EK HOOP JULLE GROENES LEES DIT.
Lyk my dat ek en jy nog lank en lekker gaan gesels. Ek like jou redenasie!