Beinvloed n bi- pod jou point of impact?
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Ek het n bi pod by n boer as n geskenk gekry. Nou het 2 manne al gese dat hulle verneem n bi pod kan jou poi affekteer as jy van die bi pod af skiet vs van die jagbankie van die baan of die bakkie? Ek sal dit gaan toets, maar as dit n n probleem is gaan ek eers nie die pod mount totdat ek tyd het om dit weer op die baan dit te bevestig.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Beinvloed n bi- pod jou point of impact?
James, ek het dit nog nooit spesifiek getoets nie, maar het al verskeie kere 'n paar skote met Bi-pod geskiet en daarna met X-bag en het nog nooit 'n verskil in die POI gesien nie.
Aim small, miss small
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Beinvloed n bi- pod jou point of impact?
Op die 3006 op 100m kon ek nie op die baan n POI verskil agter kom nie.
Ek sal dit moet bevestig vir 200 en 300m vir interesantheid.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Beinvloed n bi- pod jou point of impact?
Ek het dieselfde "gehoor" en wonder ook hoe waar dit is. Soos ek die storie gehoor het is dit meer die sintetiese kolwe soos op die Howa's wat 'n probleem het. Blykbaar is dit te pap aan die voorkant om 'n Bi-pod te gebruik en druk die kolf dan die loop wat 'n POI verskil veroorsaak. Is dit rerig so?
Jannie Welman
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Beinvloed n bi- pod jou point of impact?
James,
My 270 het 'n loopband en die skroef is dieselfde een wat die 2-poot aan vasmaak. Ek het 'n sterk vermoede dit het 'n invloed, maar moet nog toets in regte toestande.Ek sal een vd met die 243 kan bevestig of dit op 'n free float loop die geval is. Ek glo as dit reg opgestel is behoort dit nie. Maar dinge soos die wip van die grond agv die hardheid kan dalk tel.
Ek het al die 22 met en sonder geskiet maar teen die afstande het ek geen verskil gekry.
Ek sal volg vir die slim manne se opinies

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Beinvloed n bi- pod jou point of impact?
As jy die geweer gewoonlik van n sakkie af skiet dan gaan n bipod nie meer druk op die kolf sit wat gaan maak dat die loop raak aan die kolf. Jy moet seker maak die loop freefloat terwyl die geweer op die bipod rus. Ek het net n probleem met die bipod wat terugskyf met die skop van die geweer dan moet ek die geweer eers bietjie lig en weer terugskyf vorentoe. So jou posisie verander na elke skoot.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Beinvloed n bi- pod jou point of impact?
Wat sou jy se is die rede vir dit?Piet-Skiet wrote: James hy doen. Oor die algemeen gan die geweer laer skiet.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Beinvloed n bi- pod jou point of impact?
James
Ek het spesifiek met twee verskillende bi-pods proewe gedoen nadat 'n vriend van my in die Moordenaarskaroo 'n vaalribbok herhaaldelik misgeskiet het. Die geweer was eers ingestel sonder die bi-pod en toe die man die oggend gaan skiet het hy die bi-pod aangesit. Al sy skote op die bok was laag en toe hy uit ammo raak het ek hom my 7x57 gegee waarop hy die bok doodgeskiet het. Eers toe vind ek uit dat hy die geweer sonder die bi-pod ingestel het. Die bi-pods(en veral die langes wat ook geskik is vir sit en skiet) sit gewig by die geweer aan en daarom skiet jy dan laer. Ons het gevind dat my vriend se .260 op 100m amper 10cm laer skiet met die bi-pod aan.
Ons het ook 'n .22LR, .223 Rem en 'n .416 en .458 getoets. Op die .22LR, .416 en .458 was daar geen verskil met die kort en lang bi-pods nie. Seker omdat die .22LR in elk geval geen loopwip toon nie en die groter kalibers se skop te veel is om dit deur die bi-pod se gewig te laat beinvloed. Die .223 het 'n klein bietjie laer (sowat 5cm) geskiet met die lang bi-pod maar nie met die korter (ligter) een nie. Met my .243 en 7x57 is die verskil meer as 5cm op 100m as ek die lang bi-pod gebruik. Met die kort bi-pod is die verskil ongeveer 35mm met die .243 en 7mm en weglaatbaar min met die .30-06.
Die oppervlak waarvandaan jy skiet is ook soms 'n faktor. Skiet van 'n bakkie se bonnet af sonder "padding" onder die bi-pod en hy spring lekker wat soms jou skote wyd gooi - glo my ons het dit beproef.
Mooi loop

Dankie Koos, ek gaan dan eers die pod afhaal, sal dit later gaan toets.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
johnny
- Hero Member

- Posts: 569
- Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm
Re: Beinvloed n bi- pod jou point of impact?
James
Ek het presies dieselfde ondervind as oom Koos, my .223 baie laer omtrent 7 cm en geen verskil op my 30-06 of 7x57 nie.
groetnis
Johnny

30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno, .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Beinvloed n bi- pod jou point of impact?
Koos
Het julle ook getoets wat die POI is as die bi-pod op is maar nie gebruik word nie teenoor wanneer hy gebruik word?
Groetnis
Wout

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Beinvloed n bi- pod jou point of impact?
Middag manne
Het self al probeer toets of poi verskil met of sonder bi-pod,en het as volg ondervind.
Geweer met bi-pod (toegevou) oor X-bag en dieselfde geweer met bi-pod oopgevou (sonder X-bag) skiet op dieselfde poi.
Geweer sonder bi-pod oor X-bag se poi sit hoog.
Dit wil voorkom of die gewig van die bi-pod beslis 'n rol speel. Wanneer ek oor bi-pods of X-bag skiet,ondersteun ek my geweer se kolf met my linkerhand agter die sneller. M.A.W. geen druk word met my linkerhand op die voorkant van die kolf uitgeoefen nie,dus kan die geweer vrylik opwip met die skoot. Neem nou dieselfde geweer en hou die voorkant stewig vas om te verhoed dat die geweer opwip,en die poi sit laer as gevolg van die minder wip.
Ek is van mening dat indien jy die afwaartse druk konstant kan hou met elke skoot,jou geweer se poi nie behoort te verander nie,met of sonder bi-pods.
My 2c

bobby
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm
Re: Beinvloed n bi- pod jou point of impact?
with my 308's no diff . i must add when i shoot off the bipod ( sitting) i hold the section which joins the rifle and when i shoot off the bench i hold the for end with my left hand .
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Beinvloed n bi- pod jou point of impact?
Wouter
As die bi-pod aan is, oop of toegevou het die gewere laer geskiet in ons proewe. Soos sommige manne opgemerk het kan jy nie vooraf sê hoe elke geweer beinvloed gaan word nie - sommiges word glad nie beinvloed nie terwyl ander wel laer skiet. Toets maar elke roer afsonderlik.