Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Ek het al gedink oor die onderwerp en het n die volgende vrae.
1)Word daar gekwes wanneer die skut nie vertroud is met die wapen of teleskoop wat gebruik word of nie gemaklik is daarmee?
2)Is die kaliber dalk te "groot", dat die skut weet die geweer recoil baie, of meer as wat hy/sy gemaklik mee is. Skut flinch?
3)Skut kry bokkoors en skiet dan op die ingewing van die oomblik?
4)Dis dalk die laaste dag van die jag en die jagter het nog nie sy/haar kwota vol geskiet en begin voor die voet te skiet en plaas nie die skoot "reg"?
So kan ons seker aangaan ens. Hierdie is egter op bokke wat ons jag vir vleis en trofee, nie op gevaarlike wild wat kan byt, trap, ens.
Groetnis

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
SJ, ek is nie heeltemal seker wat jy vra nie, maar alles wat jy noem kan sekerlik die oorsaak wees, plus nog n hele rits ander aspekte. As jy van die geweer scope kombinasie praat kan daar seker fout wees met die mounts of die scope het n hou gekry ens ens ens.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
James
Wat ek probeer vra is wat is die oorsaak van kwesbokke?
As n man se scope gekap of geval het, moet mens seker eers seker maak hy skiet reg voor mens weer die wapen op n dier rig, dis mos net reg. Anders gaan dit net n raai skoot wees? Kom ons aanvaar ook die persoon skiet met kwaliteit ammo en nie "varmint" of match koeels vir lyfskote.
Hoop dit maak sin.

Last edited by Monrique (SJ) on Wed Jan 09, 2013 6:33 am, edited 1 time in total.
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Kom ek vat 'n paar raaie, in geen georganiseerde volgorde nie:SJ wrote:
Wat ek probeer vra is wat is die oorsaak van kwesbokke?
1) Bokkoors
2) Ego - Skiet buite jou vermoee om ander manne te beindruk
3) Ongeduld - Skiet voor jy 'n mooi skoot kry, bang jy kry nie weer 'n skoot nie. Het self so fout gemaak op 'n groot BWB bul
4) onervare skut - of onvertroud met die geweer. Party manne leen gou sy pel se geweer waarmee hy nog nooit geskiet het nie.
5) onervare jagter - gaan seker gepaard met skoot plasing en om te verstaan waar die 'kill zones' is, veral as die bok nie plankdwars staan nie.
6) jag voorbereiding - meeste manne skiet slegs die gewere op die bank in voor die jag. In die veld is daar dan nie 'n bank nie en die tekens staan nie stil nie
7) drank en babalas
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Swak skoot plaasing veroorsaak kwes bokke.
Wat die swak skoot plaasing veroorsaak?
Kan 100de verskillende redes wees...
Wat die swak skoot plaasing veroorsaak?
Kan 100de verskillende redes wees...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Sit 'n poll op met so paar hoof redes en kyk wat sê die manne
Cheers
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Lyk my nie hier is manne wat al n bok gekwes het en weet wat die rede was daarvoor nie.
Groetnis
Groetnis
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
SJ, kom ons kyk of ons die post kan laat lewe kry.
My eerste kwes skoot was pens, dit was nie eers vêr nie, so 120m....maar ek kon daai kruishare nie stil kry oor die 3poot nie...scope was reg, ek glo dit was maar kwaai bokkoors...bok 200m verder weer gekry, mooi kopskoot op so 80m.
Annerdag by Molopohunter, springbok ooi, nie kwes nie maar slegte skoot, regs agter die blad in, dit was oorhaastigheid, ek moes eers wag dat sy loop staan het...Scope combo weereens nie die probleem nie..
Cheers
My eerste kwes skoot was pens, dit was nie eers vêr nie, so 120m....maar ek kon daai kruishare nie stil kry oor die 3poot nie...scope was reg, ek glo dit was maar kwaai bokkoors...bok 200m verder weer gekry, mooi kopskoot op so 80m.
Annerdag by Molopohunter, springbok ooi, nie kwes nie maar slegte skoot, regs agter die blad in, dit was oorhaastigheid, ek moes eers wag dat sy loop staan het...Scope combo weereens nie die probleem nie..
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Jacko
- Sr. Member

- Posts: 348
- Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Ek het 'n hele paar jaar gelede 'n springbok in Namibie gekwes. Ons het van die Cruiser af geskiet. Ek is nie skaam daaroor nie, want ek het "gaan vleis haal". Die eerste paar kere kon ek nie glo hoe ek misskiet nie. Ek het darem redelik voor die tyd op die baan geoefen.
Maar daar waas een probleem: Die wind.
Daai suide van Namibie begin hier van laat-Julie af pomp, veral in die namiddag. Dit was diep in Augustus en ons het weens verskeie redes eers na middagete gaan skiet. Groot fout.
Toe skiet ek die een se voorbeen af. Ek kon hom darem later uitsort, maar ek het baie sleg gevoel.
Nou het ek ook geleer en dring nou aan dat ons vroeg ry. Die eienaar is 'n veearts en woel met 'n klomp dinge, so dis nie of ek hom altyd kan hiet en gebied nie. Die skiet daar by hom is verniet (nee, ek gaan nie sy naam en adres gee nie
), so ek kan nie te hans raak nie!

9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)
"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)
"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Ek dink in die Karoo en dele van Oos Kaap speel swak afstand skatting 'n groot rol.
-
Jaktrap
- Sr. Member

- Posts: 294
- Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Dit is maar moeilik om die GROOT OOMBLIK buite rekening te hou vir die manne wat nie gereeld in die veld kom nie. Die ander ding is om te werk aan afstand skatting. Ek probeer sommer vroeg op trippie net bietjie afstande skat en check dit met rangefinder. Net om jouself so bietjie te KALIBREER.
Die verskillende omgewings laat mens soms snaaks skat.Ek het nog bitter min vryhand op diere geskiet en voel ek kan dit nie waag nie. Hier is waar ek dink boere en jagters die grootste verskil kan maak aan kwewbokke. Spandeer n bietjie meer tyd en n paar rand aan beste moontlike skiet platforms.Dink net so bietjie daaraan voor jy veld toe gaan waarop jou geweer gaan rus.
Of jy nou van bakkie af of uit hide uit skiet kry n stabiele platform. Vir my is n bakkie trallie nie n platform nie.
My 2 sente

Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
SJ,
Ek self in die verlede gevind: Ken jou geweer/ teleskoop. Dit het my al lelik laat kort kom.
As ek nou op 'n jagplaas kom en daar is 'n probleem tydens die inskiet, kuier ek net en jag nie.
henk
Ek self in die verlede gevind: Ken jou geweer/ teleskoop. Dit het my al lelik laat kort kom.
As ek nou op 'n jagplaas kom en daar is 'n probleem tydens die inskiet, kuier ek net en jag nie.
henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2174
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Ek het in my jag "loopbaan" eenkeer 'n bok gekwes. Dit was 'n rooibok wat oop en bloot plankdwars gestaan het asof hy gevries was, nie verder as 'n honderd meter nie. Ek het oor die gids se skouer aangele en rondgebewe en die skoot geskiet. Die uiteinde was 'n bok wat se voorbeen afgeskiet was en weggekom het. Die daaropvolgende opvolg tot sononder het niks opgelewer nie. Daardie nag het dit goed gereen en alle spore uitgevee. Ek het nooit daardie bok gekry nie en die hele petalje het 'n wrang smaak in my mond gelaat. Selfs vandag nog as ek daaraan dink, is ek nog steeds ongemaklik met myself. Dit het my geleer om seker maak van skote daarna. Ek het tot op hede nie weer 'n bok gekwes nie. Ek skiet net nie as ek nie gemaklik is met 'n skoot nie.
Ek het ook met daaropvolgende jagte agtergekom dat hoe meer ek inoefen in die scenario wat ek verwag om te jag, hoe meer selfvertroue het ek en hoe rustiger is ek in my gemoed as ek die skoot skiet. Ek oefen dikwels deur voorwerpe op plekke in 'n baan uit te sit en dan vaniut veldskiethoudings wat ek dink ek gaan nodig kry, te oefen. Die doel is om die voorwerpe waarna ek skiet te tref, 'n 'mental picture' te kry van die aanle prentjie en dit dan te korrelleer met waar die skoot wel geval het. As die aanle prentjie en die werklike trefpunt nie ooreenstem nie, skiet ek weer en maak seker dat alles korrelleer. Ek ken my ladings en ek weet waar die skote val oor verskillende afstande. Ek moet byse ek is nie 'n ou vir ver afstande skiet nie. Ek probeer maar nader kom tot ek gemaklik voel, dan skiet ek eers.
Dus, my opsomming na hierdie lang relaas; ek dink baie manne kwes want hulle is nie voorbereid vir die skoot nie, hulle ken nie hulle roere of hulle ladings/ammunisie se 'performance' nie en misgis hulle met die skoot. Bokkoors en gebrek aan vertroue speel ook 'n groot rol.
Groete,
JHN

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
skoot plasingGerhard wrote: ....skoot plaasing .....
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Ek stem saam met Johan hierbo. Swak skootplasing (wat tot kwesbokke lei) is in my geval grotendeels die oorsaak van onvoorbereide skietomstandighede. Ek het al gekwes nadat ek ver moes "leopard crawl" en toe vinnig daarna moes skiet oor 'n boom se mik want die bok kyk toe reeds in my rigting... Ek het wel voor die tyd geoefen on oor 'n mik te skiet, maar nooit terwyl my arms moeg was en ek uit asem was nie. Toe jaag ek die skoot terwyl ek gladnie die kruis stilgehou kry nie want "ek wou nie al daai moeite verniet gedoen het nie" - 'n Simpel selfsugtige fout, maar jy sal verbaas wees hoe maklik dit onder sulke omstandighede gebeur as jy nie voorbereid is nie. My lessie geleer daai dag- deesdae rus ek eers 'n paar minute en hou die bok dop, en as hy dan wil weghardloop voor ek reg is, is dit maar een van daai dinge, dan begin ons weer.
Ek is ook nogal geneig dat adrenalien my korrelvermoee beinvloed- veral as daar skielik 'n onvoorsiene situasie opduik. Bv. 'n groot koedoebule wat uit nerens uit skielik 50 tree van jou af sy kop agter 'n bos uitsteek en reguit vir jou kyk. Dan klop jou hart in jou keel en bewe mens darem maar die vlakte vol!!
Ek dink 'n goeie oplossing is dalk om hierdie moontlike "onvoorsiene omstandighede" voor die tyd in jou kop af te speeel en jouself sodoende probeer kondisioneer hoe om dit te hanteer sou dit wel opduik. Selfs in te oefen waar moontlik.
Verassings is nie in my geval baie bevorderlik vir my skietvernuf nie.

.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2174
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Wat adrenalien en bokkoors betref het ek al waargeneem dat in oop omstandighede soos die hoeveld, waar mens die bokke makliker van verder af waarneem, pla bokkoors nie, terwyl in omstandighede waar sig beperk is, soos bosveld omstandighede, is bokkoors weer meer geneig om pos te vat as mens skielik op 'n bok sou afkom.
Groete,
JHN
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
bokbal
- Jr. Member

- Posts: 55
- Joined: Sun Dec 02, 2012 7:21 pm
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Daar is legio redes waarom manne kwes. Ek bedryf n jag onderneming en kry letterlik honderde jagters met Fancy gewere en teleskope met die duurste ammo op die mark maar kan glad nie raak skiet nie. Dan kom daar n ou met n ou geweer met n gewone scope en PMP ammo en hy skiet goeie skote op verskillende afstande en blameer nooi sy toerusting nie. Die verskil is hy ken sy wapen en die vitals van verskillende diere. Oefen oefen oefen en spandeer tyd in die veld. Leer afstand skat, wind rigtings gebruik,leer die veld ken ,leer bekruip en oefen van n skietstok af (daars nie bankies en stoelle in die veld nie) n Onervare jagter het n goeie gids nodig, (n ou met n leerling lisensie ry tog nie allen op n snel weg nie )dis snaaks hoe gemaklik n gids n onervare jagter laat voel. DAAR IS MEER ONAKURATE JAGTERS AS ONAKURATE WAPENS. Jagters Goete. Bokbal
.22 Brno
.22Hornet Brno
.223 Tikka
.270 Masgrave
.338 Winchester
12Br Baikal
9mm Vector SP1
.22Hornet Brno
.223 Tikka
.270 Masgrave
.338 Winchester
12Br Baikal
9mm Vector SP1
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Manne maak ook seker dat jou geweer konstant goed groepeer met die selfde ammo as wat jy mee jag daar is baie kwes bokke waar ouens van een grein na ander gaan sonder om eers te toets op die baan!Maak ook seker dat jou geweer loop nie druk teen die hout 'n geld noot moet vrylik tussen hout en loop kan beweeg!anders gaan jou geweer begin bont skiet en skote gooi!Onthou ook knaldempers en tripots op gewere skiet ook anders as sonder so gaan toets eers op baan!Weet van paar gevalle waar bokke gekwes was maar die jagter homself blameer het maar toe uit gevind die fout was by die geweer of swak punte wat te gou opbreek?Jag is maar soos om op vakansie te jaag jou motor word gediens ens so moet jou gewere en toerusting ook!Hoop geen kwesbokke die jaar vir almal!
Groete
Groete
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Ek dink al 4 die senarios wat SJ genoem het, speel 'n rol in kwesskote. Die feit dat skuts nie behoorlik vertroud is met hulle gewere nie en dalk bietjie bang is vir recoil, is 'n groot rede. Skootplasing is natuurlik ook 'n groot probleem. Ek het veral by boogjag gesien dat party ouens vir 'n kol/merk OP die bok mik, in plaas van na die "vitals" BINNE die bok.
Aim small, miss small
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Selfvertroue is ook partykeer n groot duiwel!! Ek het verlede jaar op Rooibokkraal gaan jag, weet nie hoeveel van julle manne ken daai eerste stuk grondpad nie, maar hy is gaar!!!! Geweer in sy tas, ek weet hys ingestel, en ons kom die aand so net na 20h00 op die plaas aan. Volgende oggend voor sonop uit, sonder om eers in te skiet. Net na 6h00 loop ek n watergat in, en hier staan die BWB trop. Die skoot was so 120m, en gaan ek vir n mooi hartskoot. Die koei spring mooi, ek hoor die klap en weet dis raak. Toe ons op die plek kom waar sy gestaan het kry ons pensmis!!! Ek kon dit nie glo nie, maar begin maar spoorvat. By 12h00 het die boer nog n gids kom aflaai en vir ons iets te ete gebring. Lang storie kort te maak, kom ek toe agter dat my scope se mountling los geskud het!! Ons het haar gekry die volgende oggend in dieselfde trop, gelukkig het Hein (n PH vriend wat naby n plaas het) my die oggend kom help, en kon ons die streep soos die maagsap en grond droog geword het duidelik deur die verkyker sien. Die keer was ek seker my geweer is reg, en sy het ook net daar geval.
Ek sal nooit in my lewe weer uitgaan voor ek nie op die skietbaan was nie, dis n onnodige kans om te vat. Ek het verlede week dieselfde gesien met die 338, 5 duim regs geskiet toe ek op die baan kom.
Ek sal nooit in my lewe weer uitgaan voor ek nie op die skietbaan was nie, dis n onnodige kans om te vat. Ek het verlede week dieselfde gesien met die 338, 5 duim regs geskiet toe ek op die baan kom.
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Dankie vir almal se instette sover.
Het die ding begin, om te hoor wat is dalk redes vir die kwes van diere. Die wat ek genoem het is maar net n druppel in die emmer. Ek dink dat daar soms n dier gekwes word en dan weet die skut nie eers wat die presiese oorsaak daarvan is nie en sodoende kan ons n klompie moontlike redes gee waarna opgelet moet word voor daar gejag gaan word.
Groetnis
Het die ding begin, om te hoor wat is dalk redes vir die kwes van diere. Die wat ek genoem het is maar net n druppel in die emmer. Ek dink dat daar soms n dier gekwes word en dan weet die skut nie eers wat die presiese oorsaak daarvan is nie en sodoende kan ons n klompie moontlike redes gee waarna opgelet moet word voor daar gejag gaan word.
Groetnis
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Mens kan ook die vraag vra watse wild die meeste gekwes word vlgs my is dit die blouwildebees alias die snotneus of arm man se buffel maar waarom want ons almal weet die ou is 'n yster gebruik die jagter te klein kaliber is sy skootplasing verkeerd of gebruik hy swak punte? Wie weet,!?
Groete
Groete
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Agv sy hoë skof, skiet die meeste onervare jagters 'n BWB te hoog. Dit gesê, is 'n BWB baie taaier as wat jy dink, so alhoewel jy nie 'n 50kal nodig het nie, moenie hom onderskat nie!mariusr wrote: Mens kan ook die vraag vra watse wild die meeste gekwes word vlgs my is dit die blouwildebees alias die snotneus of arm man se buffel maar waarom want ons almal weet die ou is 'n yster gebruik die jagter te klein kaliber is sy skootplasing verkeerd of gebruik hy swak punte? Wie weet,!?
Groete
Aim small, miss small
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Hallo Manne
Maruis raak aan n punt wat niemand opgebring het nie. Swak koeelkonstruksie. Goeie skootplasing help net mooi niks as die koeel nie sy werk kan doen nie. In dieselfde asem kan n mens n kalibers ingooi wat nie oor genoegsame doodmaakvermoe besit nie. Obstruksies wat nie raakgesien was met tye van die skoot nie of erger dat die jagter gedink het dat dit nie n rol sal speel nie. Mirage. Hellingskiet. Oor water skiet. Parralax. Bewegende bakkie tydens die skoot want die knape agter is besig om kap te gooi! Die redes is legio!
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Wanneer word daar gekwes met n geweer/teleskoop kombinasie?
Hallo WouterWouter Roets wrote: Hallo Manne
Maruis raak aan n punt wat niemand opgebring het nie. Swak koeelkonstruksie. Goeie skootplasing help net mooi niks as die koeel nie sy werk kan doen nie. In dieselfde asem kan n mens n kalibers ingooi wat nie oor genoegsame doodmaakvermoe besit nie. Obstruksies wat nie raakgesien was met tye van die skoot nie of erger dat die jagter gedink het dat dit nie n rol sal speel nie. Mirage. Hellingskiet. Oor water skiet. Parralax. Bewegende bakkie tydens die skoot want die knape agter is besig om kap te gooi! Die redes is legio!
Groetnis
Wouter
Voorspoedig vir jou mater.
Ek dink jy slaan die spyker nogal op sy kom met daai stelling. Ek het 'n BwB verloor met 'n goedgeplaaste skoot met 220gr Hornady Interlock onderstebo geskiet, toe vlieg die mater 'n paar sekondes later weer op en hol dat hy klap. Sal nooit weer die goed skiet na 'n bok toe nie. Die BwB hol nou nog. Ons het hom nooit gekry nie, en die boer het ook nie na ons weg is die karkas raakgeloop of aasvoels sien draai nie.
Scope/geweer kombinasie speel volgens my 'n mindere rol. Skootplasing en jagtersoordeel as dit by die skoot kom ... baie meer.
Groete
Jean
ns. Wanneer gooi ons weer die lang skote?
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)