gisteraand gaan roep . ek het so 11 uur uit gegaan en die eerste jongetjie omgedop binne 10 min. hy het glad ingekom op jong hasie. na so ndriekwart uur het ek nog n jonge ingekry met my eie weergawe van luscious lips.
ek het geroep tot 04h45 en op die ou end het 5 jakkies bakkie gery. een mooi groot reun en 4 jonges . die reun was so 2,5 jaar en die jonges het almal al kleur verander. ek skat hulle so tussen 5 en7 maande.
dit was interessant om te sien die jonges loop al ver van mekaar af weg. waar ek die reun geskiet het is die enigste groep gewees wat nog naby aan mekaar was.
dit was ook interessant om te sien die jakkalse reageer op klein dier klankies.wat met kort intervalle gespeel word. hulle is ook redelik sku gewees om te reageer op jakkals klanke, hulle het redelik weg beweeg en dan maar die jagter van die bakkie af probeer kyk.
ek hoop ek kan die jaar my 114 jakkalse verbeter van 2012
januarie 2013 jakkies
- C.J.
- Sr. Member

- Posts: 396
- Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am
Re: januarie 2013 jakkies
Stan,
Goed gedoen! Met so 'n begin behoort jy op die 114 te verbeter.
Groete,
C.J.
Goed gedoen! Met so 'n begin behoort jy op die 114 te verbeter.
Groete,
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
