Skape vrek by honderde

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Skape vrek by honderde

Post by Danie01 »

Die naweek bel my oom my pa en vra vir raad, want 40 van sy ooie lê dood. Wel soos ons dit ken is daar grootliks 3 goed wat skaap so op n ry laar vrek en dit is, suurpens, opblaas van lusern en ek dink rooiderm. Veearts het gejaag en skape ondersoek, maar kon net nie agterkom wat die dood veroorsaak nie, so het my paook gery om te gaan help en later die aand lê daar toe nog paar ooie vrek.

In totaal tot vandag, 3 dae later, is daar nou al meer as 200 ooie vrek en ook beeste. Nou met my pa gepraat en hul het uitgevind wat dit veroorsaak het.

My oom het lusern gemaal wat hy saam met ander voer vir skaap en bees gevoer het, maar in een van die bale het hulle n skilpad gebaal, wat daar gevrek het en al die dood veroorsaak het. Volgens die veearts raak so skilpad, slang, meerkat of rot uiters giftig onder die hoë druk in die lusern baal. Die gif is ook van so aard dat dit deur die dampe versprei na die ander bale.

My oom het groot skade en van die skaap en bees kan nogsteeds vrek. Die gif veroorsaak lamsiek en dan vrek die skaap en bees daarvan. Hulle het behandeling nou gekry, maar vir sommige bees en skaap kan dit te laat wees.

Ek sal graag wil hoor of iemand meer weet van hierdie gif en vergiftiging, die eerste wat ek daarvan hoor.

Groete
Dani
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Skape vrek by honderde

Post by savage(P Coetzer) »

Dis n lelike slag!
Lamsiekte word veroorsaak deur die botulisme bakterie.
Die toksien wat dit afskei is vrek giftig en baie gekonsentreerd.
As reel moet mens maar alle beeste en skape ten minste een maal per jaar teen lamsiekte en miltsiekte ent.
Veral as daar hoendermis gevoer word.
Ongelukkig is daar nie juis n suksesvolle behandeling nie. Voorkoming is maar die wagwoord.
.223 Sako
.303 lee enfield
cz 9mm
miroku mk 70 o/u
Ruger mini 14ATI tac
Anshutz .22
6.5x55 cz550
maverick 88 12br
marlin 30-30
Tikka varmint .243AI
Pietersburg
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Skape vrek by honderde

Post by Danie01 »

Ek is nie seker of my oom hul vroeër wel lamsiek ge-ent het nie en ook nie waarmee hul nou skape ge-ent of gedous het nie.

Hoop maar daar vrek nie nog nie, dit moet seker dieselfde gif wees wat deur die hoendermis veroorsaak word soos jy sê.
Danie Lombard .243

Re: Skape vrek by honderde

Post by Danie Lombard .243 »

Ek sluit aan by die wat Savage se en beaam dat dit waar is.
Dit is die rede hoekom en nika maar niks dooie diere in die veld los nie. As ek op 'n skildpad of enige ander dooie dier is die veld afkom dit onmiddelik optel en op 'n gealokeerde plek gooi. In een van die aanjaag gange het ek 'n klein kampie gespan waar ek alle dooie diere heen neem. Daar is tans oor die 10 jaar se bene in die kampie. Dit lyk soos 'n bene park. Al wat sleg is, is dat rooimeerkat, draai en rooijakkals ens soms van die bene weg dra. Bene en ander dooie materiaal is die veld of in voer is vars moeilikheid.

My hart gaan uit na die oom wat so baie diere verloor het. Dit is vreeslik.
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Skape vrek by honderde

Post by johans »

jammer om van julle skade te hoor danie,ekt nooit geweet so iets kan gebeur nie
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Skape vrek by honderde

Post by savage(P Coetzer) »

Ek moet net byvoeg dat dit nie hoendermis self is wat lamsiekte kan veroorsaak nie maar as daar dooie kuikens/hoenders in die mis is kan dit lamsiekte veroorsaak.
.223 Sako
.303 lee enfield
cz 9mm
miroku mk 70 o/u
Ruger mini 14ATI tac
Anshutz .22
6.5x55 cz550
maverick 88 12br
marlin 30-30
Tikka varmint .243AI
Pietersburg
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Skape vrek by honderde

Post by JK »

Lamsiek kan grootskade maak. Ek ent maar elke jaar, en gee fosfaat lek dat die diere nie aan ou bene ens kou nie.
Johan Kriel
Okahandja
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Skape vrek by honderde

Post by Jassie »

Sjoe !!!

Ek het nou eers baie vinnig na die eerste gedeelte van Danie se eerste post vinnig gekyk waar hy(Danie) bly en toe eers verder gelees.

Aan die een kant is ek verlig maar voel vir die betrokkenes. Skade van die aard is NOOIT lekker nie. Gelukkig leer ons darem daaruit. Dankie vir die inligting.

Groete en sterkte
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Skape vrek by honderde

Post by Danie01 »

Ek het met n vriend ook gepraat wat n paar jaar terug ook hul perde verloor het deur soortgelyke geval waar die muisie in pille of voersakke gedood het.

Ek verstaan nou eers waar lamsiek vandaan kom of hoe dit veroorsaak kan word. Sal ook tweekeer dink voordat ek weer n dooie ding in die veld los.

Jassie, my oom se skaap loop tussen Koffiefontein en Luckhoff, nader aan Koffiefontein. Glo nie dit sal skade inhou vir ander diere wat nie van die lusern geeet het nie, Behalwe as dit n aansteeklike siekte is??

Groete
Post Reply